SA Grain February 2014 - page 13

Bekendstelling
Aktueel
Unieke aanlyn
bodstelsel vir
basisverhandeling
tree in werking
RUTH SCHULTZ, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Die Senwes Grainlink aanlyn bodstelsel, Basislink, wat op
11 Desember verlede jaar lewendig gegaan het, poog om
deursigtigheid in die basisverhandeling van grane te bevorder.
Volgens mnr Pieter Esterhuysen (hoofbestuurder: Senwes Grain-
link) het Grainlink die geleentheid raakgesien om ‘n oplossing te
bied vir die basisverhandeling en basiswaardasie probleem.
“Aanvanklik sal witmielies, sonneblom, sojabone en sorghum op
die Basislink aanlyn bodstelsel verhandel word,” het Esterhuysen
aan graankopers gesê tydens die bekendstelling van Basislink op
3 Desember verlede jaar.
Hierdie internet gebaseerde stelsel wat tydens Safex-verhan-
delingstye gebruik kan word, bied die volgende aan graankopers:
Verkry toegang tot Senwes se aankoopinfrastruktuur en
toegang tot die nasionale graansilo-netwerk.
Die stelsel bied aan jou die geleentheid om aankope te doen
op ‘n vooruit-, voorseisoen- óf kontant-pryskontrak.
Jy neem geen produsenterisiko met die stelsel nie – Senwes
waarborg lewering.
Bestellings en verhandelinge op die stelsel is vertroulik en
privaat.
Jy kan dadelik sien wanneer jou bestelling uitgevoer is.
Die geskiedenis van premies en tonne verhandel, sal elektro-
nies beskikbaar wees.
Gebruikers se Safex-marges word via die sisteem gefinansier.
Dié bodstelsel is intern deur Grainlink en Senwes se IT-dienste
ontwikkel. “Die stelsel het nie ten doel om spekulasie te fasiliteer
nie, maar eerder om ‘n verhandelingsplatform te skep vir
fundamentele kopers by bepaalde silo’s,” het Esterhuysen gesê.
Esterhuysen sê dat slegs kopers van graan tans van die stelsel
gebruik kan maak deur ‘n bod te plaas. “Die hoogste bod sal
via Senwes se aankoopinfrastruktuur intyds vir produsente
aangebied word. Produsente deel dus direk in die voordele van
die stelsel deur groter deursigtigheid, groter likiditeit en meer
markverwante liggingspremies. Produsente kan egter ook as
kopers registreer.”
Registreer aanlyn
Graankopers wat aan die bodstelsel wil deelneem, kan aanlyn
registreer of vir mnr Wimpie Bouwer van Senwes Grainlink kontak
by
of by 018 464 7569.
11
Francois Strydom (besturende direkteur: Senwes), Pieter Esterhuysen
(hoofbestuurder: Grainlink), Chris Sturgess (direkteur: Kommoditeite,
JSE) en Danie Minnaar (voorsitter: Senwes), tydens die bekendstel-
ling van Senwes Grainlink se aanlyn bodstelsel.
Ultra-moderne
tegnologie
reg hier in
Afrika.
PANNAR SAAD is bekend vir uitsonderlike
produkte en uitstekende diens. Danksy ’n
wêreldklas tegnologiesentrum word ons die
middelpunt van innovasie in saadnavorsing
en teling vir ons boere.
2014/CORP/A/001A
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2013 PANNAR BPK
GLOBALE TEGNOLOGIE
PLAASLIKE PRESTASIE
Saam boer ons
vir die toekoms
1...,3,4,5,6,7,8,9,10,11,12 14,15,16,17,18,19,20,21,22,23,...68
Powered by FlippingBook