‘n 180°-blik op ons lede en tak-aktiwiteite
28 Februarie – ‘n belangrike datum
vir heffingbetalers
HANS VAN DER BERG, LEDEBEMARKING- EN KOMMUNIKASIEBEAMPTE,
GRAAN SA
Met die jaarlikse Graan SA Kongres wat op 5 en 6 Maart vanjaar gaan
plaasvind word lede se aandag daarop gevestig dat die opbetaaldheid
van heffingbetalers op 28 Februarie bepaal gaan word.
Produsente het reeds gedurende Desember verlede jaar ‘n skrywe en
staat ontvang wat aandui hoeveel heffing reeds namens hom of haar van
invorderingsagente ontvang is. Die staat wat produsente ontvang het,
reflekteer die heffing wat sedert 1 Maart 2013 tot einde November 2013
ontvang is.
Waarom is opbetaaldheid teen
28 Februarie belangrik?
Kongres
Afgevaardigdes na Graan SA se Kongres mag slegs volopbetaalde lede
wees wat uit die aard van die saak ook stemgeregtig is. Die Kongres, wat
die hoogste gesag van Graan SA is, is dan ook die geleentheid waar nie
net verslag gedoen word van die afgelope kongresjaar se gebeure nie,
maar ook die geleentheid waar die rigting en toekoms van die organisasie
en die graanprodusente van Suid-Afrika bepaal word. Lede wat nie vol-
opbetaald is nie kan dus nie afgevaardig word nie en kan Kongres slegs
as ‘n gas bywoon wat stemreg uitsluit. Produsente wat nie opbetaald is
nie, kan voor 28 Februarie vir Rika van Niekerk skakel by 08600 47246 ten
einde die nodige inbetalings te doen.
Gratis toegang en eksklusiewe parkering by
Graan SA se NAMPO Oesdag
Volopbetaalde lede kwalifiseer ook jaarliks vir gratis toegang tot die
NAMPO Oesdag wat eksklusiewe parkering insluit. Lede wat teen
28 Februarie opbetaald is, sal ook vir hierdie ledevoordeel kwalifiseer.
Briewe sal gedurende April aan lede gestuur word ten einde inligting te
verskaf aangaande die Oesdagtoegang. Soos in die verlede sal lede in
die Suid- en Wes-Kaap ook hiervan gebruik kan maak, maar vir diegene
wat nie Graan SA se NAMPO Oesdag kan bywoon nie, bied Graan SA ook
gratis toegang tot die Agri Mega Week wat op Bredasdorp gehou word.
Belangrik egter is dat daar op 28 Februarie bepaal gaan word watter lede
hiervoor kwalifiseer.
Lede-landskap
Graan SA se Kongres vind op 5 en 6 Maart plaas. Afgevaardigdes na Kongres
mag slegs volopbetaalde lede wees.
Volopbetaalde lede kwalifiseer vir gratis toegang tot Graan SA se NAMPO Oesdag
wat eksklusiewe parkering insluit.
22