SA Grain February 2014 - page 16

Opleiding
Aktueel
Februarie 2014
14
Landbouskole steeds belangrik
– kan landbou-omgewing verander
EP NEL, VRYSTAATSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS EN PIETMAN BOTHA,
SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Landbou was in 1652 een van die redes hoekom Jan van Riebeeck in
die Kaap voet aan wal gesit het. Vandag, 362 jaar later, is landbou in
Suid-Afrika een van die belangrike hoekstene van die Suid-Afrikaanse
ekonomie en voorsien die landboubedryf in baie mense se behoeftes.
Met ‘n bevolking wat toeneem, neem die vraag na kos ook toe en moet
meer met minder geproduseer word. Hierdie toename in die vraag
na voedsel en landbouprodukte en die tegnologiese ontwikkeling op
landbou- en nywerheidsgebied stel al groterwordende eise aan die
landbougemeenskap.
Landbouverbouing en verwerkingsmetodes pas by die dag aan, nuwe
masjiene word ingespan, verbouingspraktyke word geïntegreer en
geïntensiveer en die verbruikers stel hoër eise aan die landbouprodukte.
Daar word verder vereis dat landbou “groener” moet word – meer
produkte moet dus met minder hulpbronne geproduseer word en
terselfdertyd word daar verwag dat produksie volhoubaar moet wees.
Nuwe tegnologie, soos byvoorbeeld geneties gemanipuleerde kultivars
en presisieboerdery sal hul rol moet speel om te sorg dat genoeg
geproduseer word om aan die groeiende wêreldbevolking en vraag
te voldoen.
Om hierdie uitdagings die hoof te bied, is goed opgeleide mense en
navorsers ‘n voorvereiste. Dit is hier waar landbouskole in Suid-Afrika
asook wêreldwyd ‘n rol speel.
Dit is belangrik dat landbouleerders van jongs af moet verstaan dat hulle
belangrik is en ‘n waardevolle rol het om te vervul. Daarom leer hulle van
vroeg af dat:
Landbou die enigste essensiële industrie is.
Landbouproduksie menslike voortbestaan verseker deur die voor-
siening van essensiële voedingstowwe.
Landbouers die grond leen by hulle nageslag en dit dienooreen-
komstig moet bewaar sonder om produksie in te boet.
Sommige produksie-aspekte buite die beheer van die landbouer is
en dat prys deur internasionale ekonomieë bepaal word.
Leerders by Winterberg besig met ’n skeerkursus.
Wolskool by Marlow.
Tande knip van ‘n varkie – Kroonstad Hoër.
Grondondersoek – Kroonstad Hoër.
Grootmaak van kuikens by Weiveld.
Groenteproduksie in tonnels by Settlers.
Eierproduksie by Weston.
‘n Wagpos-leerder besig met onthoring by kalwers.
Instandhouding van skoolterrein by Weston.
Trekkeronderhoud en -herstel vorm deel van die
landboutegnologie-leerplan.
Voertyd op ‘n koue wintersoggend by Weston.
Hantering van vee is ingesluit in die landboube-
stuurspraktyke-leerplan.
1...,6,7,8,9,10,11,12,13,14,15 17,18,19,20,21,22,23,24,25,26,...68
Powered by FlippingBook