Met so baie
veranderlikes
in boerdery,
kan jy van
een ding
seker wees...
Jy kan op PANNAR staatmaak om ons
groeiende bevolking te voed. Met ons kultivars
en tegniese kundigheid – oes jy sukses.
2014/CORP/A/005A-1
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2013 PANNAR BPK
GLOBALE TEGNOLOGIE
PLAASLIKE PRESTASIE
Saam boer ons
vir die toekoms
™
Landbouskole in vennootskap met die privaat sektor moet verder sorg dat:
Met behulp van wetenskaplike kennis en praktiese vaardighede,
‘n liefde vir die grond, plante, diere en werktuie by leerders ge-
kweek word.
‘n Groot getal voornemende landbouers die geleentheid gegun
word om die bedryf toegerus te kan betree of in te skryf vir tersiêre
landbou-opleiding.
Die voorste tegnologie en kundigheid in die landbou-omgewing tot
die beskikking van leerders gestel word.
Die waarde van sekondêre landbou-onderrig is al 100 jaar gelede in
1914 met die ontstaan van Weston Agricultural College by Mooirivier
in KwaZulu-Natal in Suid-Afrika erken. Die behoefte vir soortgelyke
skole in ander provinsies het veroorsaak dat daar op die oomblik in
elke provinsie ‘n landbouskool is wat die unieke klimaat en hulpbron-
samestelling van die spesifieke omgewing verteenwoordig. Landbou-
skole het ook met ander skole geïntegreer om sodoende groter
leergeleenthede en vakkeuses aan leerders te bied.
Die vereistes vir landbou-opleiding het al hoe hoër geword en daarom kan
die bydrae van landbou-onderwys op sekondêre vlak nie misken word
nie. Landbou-onderwys het nie altyd ‘n maklike paadjie gestap nie en is
soms deur burokratiese rompslomp en die gebrek aan erkenning gerem.
Tog het landbouskole deur die jare heen menigte landbouers opgelei wat
op landbougebied- en/of professionele gebied hul merk maak en gemaak
het. Akademie is egter nie die enigste aspek van belang nie, maar ook die
totale ontwikkeling van die kind. Leerders word ook aan sport en kultuur
blootgestel en menige sportmanne is al op nasionale vlak opgelewer.
Daar bestaan ‘n persepsie dat landbouskole in Suid-Afrika nie werklik
‘n bydrae lewer nie en dat ‘n leerder beter af is in ‘n gewone hoërskool
as in ‘n landbouskool. Hierdie persepsie is ver van die waarheid en
landbouhoërskole bied dieselfde en in sommige gevalle meer, as gewone
hoërskole vir leerders aan.
Landbouhoërskole bied onder andere:
Toelating tot tersiêre opleidingsinstansies (universiteite en technikons).
Algemeen vormende-vakke, maar daarby ook tegniese en land-
bouvakke.
Algemeengerigte vakke, maar ook beroepsgerigte vakke.
Praktiese opleiding vir beroepsgerigte vakke, wat werkswinkel/
laboratorium- en boerdery-onderrig insluit.
Die toepassing en bestudering van die wetenskap en wiskunde binne
die landboutegnologie.
‘n Deurlopende praktiese evaluering wat deel van die finale eksa-
men vir beroepsgerigte vakke uitmaak. Verantwoordelikheid en
bestuursvaardighede vorm deel van die deurlopende praktiese punt.
Sport en kultuur wat deel van die volledige ontwikkeling van die
kind uitmaak.
Landbou en die produksie van voedsel en vesel word in drie verskillende
vakke aan leerders in die Verdere Onderrig en Opleiding (VOO) in Gr 10
tot Gr 12 bekend gestel: Leerders wat ‘n landboustudierigting volg, neem
gewoonlik ook twee van die drie volgende vakke, naamlik:
Landbouwetenskap, wat ook erken word as ‘n toelatingsvak by
universiteite (gelykstaande aan Lewenswetenskappe)
Landboubestuurspraktyke
Landboutegnologie
Landbouwetenskap behels ‘n studie van die verwantskap tussen grond,
plante en diere in die produksie en prosessering van voedsel, vesel,
brandstof en ander landboukommoditeite wat ‘n ekonomiese, estetiese
en kulturele waarde het.
Vervolg op bladsy 16
15