SA Grain February 2014 - page 25

Personnel/Kongres
Graan SA
Vere word reg geskud vir Kongres 2014
NICO VERMAAK, BESTUURDER: KORPORATIEWE DIENSTE, GRAAN SA
Die grootste uitdaging aan graanprodusente is om tred te hou met die
nuwe generasie tegnologie en hulpbronne. Slimmer produksiemetodes,
die impak van aardverwarming, Safex en ‘n nuwe geslag verbruikers, is van
die onderwerpe wat op die Graan SA 2014 Kongres se spyskaart verskyn.
Kongres sal plaasvind op 5 en 6 Maart op NAMPO Park. Graan SA het
weer die voorreg om ‘n top internasionale kundige vanuit die Monsanto-
stal aan Kongres voor te stel tydens ‘n sessie waar besin sal word oor
nuwe generasie tegnologie en ontwikkeling.
‘n Tweede gespreksessie word beplan waartydens gefokus sal word op
die nuwe geslag verbruikers, arbeidsaangeleenthede en ook advies oor die
wyse waaropmet die staat geskakel kan word. Beide hierdie gespreksessies
word ondersteun deur mnr Max du Preez as anker vir paneelbesprekings.
Paneelbesprekings sal ondersteun word deur kundiges uit die toepaslike
bedryfsektor wie hul siening met graan- en oliesade produsente sal deel.
Program: 5 en 6 Maart 2014
Dag 1 (5 Maart 2014), sal fokus op nuwe generasie uitdagings aan
graanprodusente. Daar sal ruim geleentheid gebied word vir interaksie
deur direkte gesprekvoering asook die sosiale media, met die onderskeie
sprekers en lede van die paneel. Dag 2 (6 Maart 2014) fokus weer op
die werksaamhede van die onderskeie bedryfswegbreekgroepe, waar-
tydens bedryfspesifieke aangeleenthede aangespreek sal word.
Afgevaardigdes uit streke
Graan SA verwag 372 afgevaardigdes van oor Suid-Afrika.
Navrae
Indien daar enige navrae is, kontak Rika van Niekerk (afgevaardigdes
uit streke), Nita van der Merwe (gaste-uitnodigings) of Nico Vermaak
(oorhoofse Kongresreëlings) by 08600 47246.
Van die afgevaardigdes wat Kongres verlede jaar bygewoon het: Frans Venter
(Delmas), Kallie Schoeman (Graan SA hoofbestuurslid vir Streek 9), Hannes Human
en Gerhard van der Linde (albei van Morgenzon).
Welcome to Grain SA
CORETHA USHER, HR OFFICER, GRAIN SA
Lutando Diko has been appointed as office assistant at the Kokstad of-
fice. Lutando worked at PostNet in Kokstad before joining Grain SA and
holds a N6 National Certificate in Business Management.
Melercia Kotze was appointed as committee officer for the Western
Cape at our Paarl Office. Melercia worked as personal assistant to the
speaker at the Drakenstein Municipality before joining Grain SA on
13 January 2014.
Lutando Diko
Melercia Kotze
1...,15,16,17,18,19,20,21,22,23,24 26,27,28,29,30,31,32,33,34,35,...68
Powered by FlippingBook