SA Grain February 2014 - page 10

Oesskatting
Aktueel
Februarie 2014
8
Hoe akkuraat was die
Oesskattingskomitee?
PETRU FOURIE, EKONOOM: BEDRYFSDIENSTE, GRAAN SA
Die 2012/2013-produksieseisoen sal in die geheue van elke graan-
produsent vasgepen bly as een van die ergste droogtes wat in die
westelike mieliestreke voorgekom het. Hierdie ondergemiddelde reënval
wat in die Noordwes Provinsie en groot dele van die Vrystaat voorgekom
het, het meegebring dat die meeste van die somergewasse in dié streke
nie goeie oeste gelewer het nie.
Die stroopproses is ook vroeër as normaal afgehandel, aangesien
die heersende droogtetoestande plante vroeg laat afdroog het. Die
droogtetoestande het die goeie verwagtinge vir Suid-Afrika om ‘n groot
mielie-oes te lewer, aansienlik gedemp.
Dit is die taak van die Nasionale Oesskattingskomitee (NOK) om soveel
as moontlik inligting/data in te samel om sodoende akkurate en tydige
oesskattings daar te stel, aangesien dit ‘n direkte impak op prysvorming
in die vrye mark het. Groot debat het die afgelope seisoen onder
produsente, insetverskaffers, handelaars, graanmarkanaliste, ekonome
en so meer ontstaan oor presies wat die impak van die droogtetoestande
op opbrengste was.
Hierdie debatte het veroorsaak dat verskeie opinies en menings geopper
is ten spyte daarvan dat ‘n amptelike oesskattingsyfer maandeliks deur
die NOK vrygestel is.
In hierdie artikel word daar gepoog om te kyk hoe die Oesskattings-
komitee sedert die bekendmaking van die eerste produksieskatting tot
en met finale mielie-oes, verander en afgewyk het.
Verloop van die
2012/2013-produksieseisoen
Oorskatting van die witmielie-oes
In
Grafiek 1
kan die maandelikse syfers ten opsigte van die
produksieskatting vir witmielies, vanaf die eerste skatting (Februarie)
tot die finale skatting (September), soos bekend gemaak deur die
NOK, gesien word. Die rooi lyn dui die gerealiseerde witmielie-oessyfer
aan en die verskil tussen dié syfer en die maandelikse skattings is
duidelik sigbaar.
Soos reeds genoem, het die uiterse droë toestande grotendeels in die
westelike dele van die land, waar hoofsaaklik witmielies aangeplant
word, voorgekom. Witmielie-opbrengste is dus baie nadelig beïnvloed en
graanprodusente in hierdie dele van die land het of ‘n ondergemiddelde
of swak oes gelewer.
Hoewel die Oesskattingskomitee met sy eerste skatting in Februarie
weggespring het met ‘n beraamde witmielie-oes van 6,749 miljoen
ton, het die impak van die droogte sy tol geëis en het die witmielie-
oes maandeliks gedaal. Die NOK het die verwagte witmielie-oes met
1,204 miljoen ton verminder vanaf sy eerste skatting tot die werklike
grootte van die finale oes, naamlik 5,545 miljoen.
Onderskatting van die geelmielie-oes
Anders as in die westelike dele, het die oostelike dele van die land, waar
geelmielies hoofsaaklik geplant word, gunstige weersomstandighede
ervaar gedurende die 2012/2013-somerreënvalseisoen.
In
Grafiek 2
kan die maandelikse produksieskattingsyfers vir geelmielies,
vanaf die eerste skatting (Februarie) tot die finale skatting (September),
soos bekend gemaak deur die NOK, gesien word. Oor die algemeen is
goeie geelmielie-opbrengste behaal en die toename in die geelmielie-
produksieskattingsyfers is duidelik sigbaar in die grafiek.
Die Oesskattingskomitee se eerste skatting in Februarie vir geelmielies
was 5,604 miljoen ton. Soos die gunstige landboutoestande in die
oostelike dele van die land voortgeduur het, het die verwagte geelmielie-
opbrengste ook toegeneem. Die NOK het die verwagte geelmielie-
oes vanaf sy eerste skatting tot die werklike grootte van die finale oes
(6,145 miljoen) met 541 000 ton verhoog.
Norm waarbinne die NOK
moet skat
In Suid-Afrika het die graanindustrie ‘n norm/
grens vir die Oesskattingskomitee gestel
waarbinne die oesskattings moet wees, naam-
lik om vanaf die eerste tot die vierde skatting
(Februarie tot Mei) nie meer as 8% vanaf die
finale oes af te wyk en om vanaf die vyfde tot
die agtste skatting (Junie tot September) nie
meer as 5% vanaf die finale oes af te wyk nie.
Grafiek 3
dui die boonste en onderste aan-
vaarbare grens waarbinne die Oesskat-
tingskomitee moet wees, aan. Indien die
skatting (syfer) op ‘n groter afwyking as
die toelaatbare norm/grens dui, kan daar
retrospektief na ‘n oor- of onderskatting ver-
wys word.
In die grafiek kan gesien word dat die afgelope
seisoen se skatting afsonderlik vir witmielies,
vanaf Februarie tot en met Junie, buite die
gestelde norm/grens geval het, terwyl die
Grafiek 1: Witmielies: Maandelikse produksieskatting versus finale oes (2012/2013-produksieseisoen).
1,2,3,4,5,6,7,8,9 11,12,13,14,15,16,17,18,19,20,...68
Powered by FlippingBook