26
Vervolg van bladsy 25
Die faktore wat bydra tot hierdie tipe kroniese bloednier is dieselfde as
dié vir bloednier, maar ook veral as diere na welige weidings verskuif
word of as hulle deur die bek gedoseer is vir wurms. Die siektetekens
word gewoonlik 14 dae ná dosering of ná die verskuiwing na goeie
weidings waargeneem.
Party siek skape kan nie staan nie en vrek binne ‘n dag (
stagger
-sindroom).
Ander kan staan, maar word swakker en gaan lê (
dummy
-sindroom).
Nadoodse tekens
Die nadoodse ondersoek toon gewoonlik geen kenmerkende letsels nie.
Gewoonlik is die diere wat gevrek het in ‘n goeie kondisie. Nadoodse
veranderinge tree baie gou in. Veral die niere ontbind gou en word
pap. Letsels in skape wat baie gou gevrek het, is so te sê afwesig. Die
vermeerdering van bloed asook bloeding in die niere, het tot die naam
bloednier aanleiding gegee.
Siektes wat skielike vrektes veroorsaak en wat van bloednier onderskei
moet word, is geilsiekte (blousuurvergiftiging) en ander Clostridium-
besmettings, soos bloedpens weens
Clostridium perfringens tipe B
,
bloedderm as gevolg van
C. perfringens tipe C
, pasteurellose, hartwater,
plantvergiftiging (gifblaar en gousiekte) en asidose as gevolg van die
oorvreet aan graan.
Diagnose
Die veearts sal ‘n diagnose van bloednier maak op grond van die
geskiedenis, siektetekens en nadoodse ondersoek en dit bevestig deur
die aanwesigheid van die epsilontoksien van
C. perfringens tipe D
in die
dermkanaalinhoud te laat toets. Vermeerderde vloeistof in die hartsak is ‘n
redelike konstante verandering wat by nadoodse ondersoeke waargeneem
word. Bloedings kan ook onder die vel in die nekarea voorkom.
Daar moet met ‘n suikersiekte toetspapier getoets word vir suiker in
die urine. Die papiertjie is geel, maar raak groen as daar suiker in die urine
is. Dit is ook ‘n baie konstante verandering. As daar suiker in die urine
is, kan feitlik met sekerheid aanvaar word dat dit bloednier is, hoewel ‘n
negatiewe resultaat nie bloednier uitsluit nie.
Smere van die dermwand wys talle kenmerkende
Clostridium
perfringens
-bakterieë. Serum van die skape uit die trop waarin die vrektes
voorkom, kan deur die veearts vir ontleding gestuur word. Daar word
vir die aanwesigheid van antitoksine getoets en só bepaal of die skape
voldoende weerstand teen bloednier het of nie. Kroniese bloednier word
gediagnoseer deur die mikroskopiese ondersoek van die skape se brein.
Voorkoming en beheer
Met ‘n uitbreking van bloednier, moet die skape onmiddellik geënt
word teen bloednier. Alle skape kan ook terselfdertyd behandel
word met ‘n langwerkende tetrasiklien antibiotika wat vrektes van
bloednier, voordat hulle ‘n goeie beskermende immuniteit van die
enting ontwikkel, sal help voorkom.
Verander die bestuurspraktyke op die plaas sodat die veroorsakende
(predisponerende) faktore van bloednier uitgeskakel word.
Kastrasies, stert-afsny en identifisering van lammers moet
vroegtydig gedoen word (voor ouderdom twee maande) sodat daar
nie ‘n vermindering in voer- en melkinnames by die lammers is nie.
Dit kan aanleiding gee tot die ontwikkeling van bloednier.
Vermy die skielike verandering van ‘n swak na ‘n koolhidraatryke
dieet.
Indien die skaapkudde se bloednierimmuniteit te betwyfel is, moet
hulle vier weke voor ontwurming eers teen bloednier ingeënt word.
Ent lammers die eerste maal tussen die ouderdom van vier tot
vyf maande, of selfs vroeër (twee tot drie maande) as hulle op ‘n
jong ouderdom gespeen word. Die lammers moet die eerste keer
ingeënt (ingespuit) word met die olie-emulsie-entstof en ‘n tweede
enting (inspuiting) met die aluin-gepresipiteerde entstof vier tot ses
weke later.
Indien die lammers voor die ouderdom van vier maande ingeënt word,
moet ‘n skraagdosis van die aluin-gepresipiteerde entstof ná ses tot agt
maande toegedien word. Hierna moet ‘n jaarlikse skraagdosis van die
aluin-gepresipiteerde entstof toegedien word.
Ooie wat voorheen teen bloednier ingeënt is, moet slegs een keer ingeënt
word (aluin-entstof) vier weke voordat hulle lam. Dit sal verseker dat die
lammers ‘n goeie kolostrum-immuniteit kry wat hulle beskerm tot op
die ouderdom van 12 tot 16 weke, waarna hulle die eerste keer ingeënt
kan word.
Beweiding van voergewasse of die skielike verandering van swak grasveldweiding na welige, aangeplante weiding, is van die faktore wat tot bloednier kan
aanleiding gee.
Klop bloednier met ‘n bloedneus-uitklophou
Lewende hawe
Insette/Produksie