Arbeidsaangeleenthede
Aktueel
Februarie 2014
18
Goeie arbeidspraktyke en
-verhoudinge in die kollig
ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR:
SA GRAAN/GRAIN
“Ons produsente is in ‘n
people’s business
.
Personeel het, soos alle mense, sekere be-
hoeftes en ons moet erkenning daaraan gee.
Die wyse waarop ek my personeel hanteer, is
gebaseer op Bybelse beginsels – onder meer
om ander te hanteer soos wat jy self hanteer
wil word.”
Só gesels mnr Kallie Schoeman van Schoeman
Boerdery (Delmas).
SA Graan/Grain
het by
hom gaan aanklop om uit te vind wat hulle
benadering tot arbeidspraktyke is en ook wat
die belangrikste arbeidspraktyke is waarop
hulle klem lê.
Schoeman Boerdery bestaan al 96 jaar. “‘n
Besigheid kan nie bestaan as dit nie ‘n visie het
nie. Ons visie is: ‘Deur die generasies is en bly
ons ‘n seën vir ons mense, ons gemeenskap
en ons land.’ En ons streef dit na. Vanaand
as ek gaan slaap, moet ek myself afvra: Was
ek vandag ‘n seën vir my mense?” vertel
Schoeman.
“Ek het my personeel in 1994 bymekaar geroep
en vir hulle gesê: ‘Ek gaan emigreer.’ Almal
was baie verbaas en wou weet waarheen? Ek
het geëmigreer na die nuwe Suid-Afrika toe.
Baie mense het nog nie daardie kopskuif
gemaak nie.
“Kom ons maak ‘n verskil in die land. Raak
betrokke by jou gemeenskap; by jou personeel.
Behandel jou personeel soos wat jy graag self
behandel sal wil word.”
Effektiwiteit van personeel
Op ‘n vraag wat sy siening van die minimum
loon is, antwoord hy beslis: “Die vasstelling
van die minimum loon is die beste ding wat
met landbou kon gebeur het. Hoekom sê ek so?
“Ons is nou geforseer om nuut te kyk na hoe
effektief ons personeel is. En as jy die beste
werkers wil hê, moet jy die beste in jou sektor
betaal.
“‘n Bietjie statistiek vir interessantheid: In 2000
het ons 26,7 ha per arbeider bewerk teen ‘n
loon van R219/ha. In 2013 het ons 95,2 ha per
arbeider bewerk teen ‘n loon van R835/ha. Dit
is ‘n 72% verbetering in produktiwiteit teen
‘n loonverhoging van 281% of 23,4% per jaar.
Ten spyte van die groot verhogings gaan ons
besigheid van krag tot krag.
“Die negatiewe kant is natuurlik dat ‘n besigheid
nou kyk met hoe min mense hy die werk
gedoen kan kry. Dit het produsente gedwing
om te meganiseer,” verduidelik Schoeman.
Werkskepping
“Werkskepping is tans hoog op die regering
se agenda. ‘n Produsent, soos enige ander
besigheidsman, is nie daar om werk te skep
nie. Hy wil besigheid doen en ‘n wins maak.
Dit is die staat se verantwoordelikheid om ‘n
omgewing en regulatoriese klimaat te skep
waarbinne werkskepping bevorder kan word.
“Die huidige arbeidswette is egter nie
bevorderlik vir werkskepping nie. Die wet op
permanente verblyfreg veroorsaak byvoor-
beeld dat baie produsente, soos ons, hulle
personeel eerder ‘n toelaag betaal om in ‘n
woonbuurt te bly en uit te ry plaas toe as om
vir hulle verblyf op die plaas te verskaf. Dit
veroorsaak weer sosio-ekonomiese probleme
in die platteland.
“Die produsent het ‘n verantwoordelikheid om
volhoubaar te produseer en vir sy personeel
om te gee en te sorg so goed as wat hy kan,”
het Schoeman gesê.
Hoe motiveer hy sy personeel en gee hy
erkenning aan hulle? Volgens Schoeman is
geld nie ‘n langtermynmotiveringsmiddel nie.
“Geld maak jou nie gelukkig nie. Dit keer net
dat jy ongelukkig word. Maar alles begin ook
by geld. As die geld reg is, kan jy begin met die
werk wat gedoen moet word. Daarvoor moet jy
opgeleide mense hê wat kan deel in die voor-
en teëspoed van die besigheid. Almal het ‘n
verantwoordelikheid om leiers in die platteland
te identifiseer en te help ontwikkel.
“Ons het ‘n metingstelsel en vier keer per
jaar word personeel se effektiwiteit en pro-
duktiwiteit teenoor doelwitte gemeet. Ons
personeel weet hulle word beloon vir prestasie.
“Produktiwiteit is belangrik en dit kan net bereik
word as jy teikens stel wat binne ‘n sekere tyd
bereik moet word,” verduidelik Schoeman.
Schoeman Boerdery glo aan vier beginsels:
Gee vir my die nodige toerusting om my
werk mee te doen en die opleideiding wat
daarmee gepaard gaan.
Sê wat bereik moet word.
Sê vir my hoe ek vaar – gee terugvoering.
Betaal my na verdienste.
Hoe word geskille op die
plaas besleg?
“Ons het ‘n personeel- en plaasbeleid in
plek en elke werker weet wat daarin staan.
Die dissiplinêre kode, konflikresolusies en
griewebeleid is ook vasgestel en almal het
toegang daartoe. Nuwe personeel gaan deur ‘n
induksieprogram en daar word seker gemaak
personeel verstaan hoe die beleide werk,” het
Schoeman gesê.
Hou gerus die Maart-uitgawe dop waarin ons
meer sal vertel oor Schoeman Boerdery se
bydrae tot die sosio-ekonomiese ontwikkeling
van die arbeiders op die plaas.
Deel jou praktyke met
medeprodusente
Graan SA-lede is welkom om wenke vir
goeie arbeidspraktyke en -verhoudinge op
die plaas of praktyke wat hulle op die plaas
toepas en wat vir hulle werk, met hulle
medeprodusente te deel. Stuur ‘n e-pos na
en ons sal jou kontak.
– Schoeman Boerdery (Deel 1)
Kallie Schoeman van Schoeman Boerdery.