SA Graan September 2014 - page 73

71
September 2014
FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
Produk-inligting
Fine
tuning
in graanboerderymet
minimumbewerking
D
iewoord “verfyning” is nie juis ‘n termwat normaalwegby
boerderypas nie, want ons ismos gehardemense, wat die
weer kan trotseer, plannemaak enhard kanwerk. Dit word
egter al hoe meer gebruik deur produsente wat vooruit-
gaan inmoeilikeboerderyomstandighede.
Nuwe boerderypraktyke het deesdae alles te doen met die
fine
tuning
van basiese beginsels, hoewel laasgenoemde uiters nood-
saaklik isvoordat onskanoorgaannadie fyner benaderingvanal die
fasette vangraanboerdery.
Daar word toenemend gebruik gemaak van presisiehulpmiddels by
grondvoorbereiding: Genetika, plantpraktyke, plantvoeding, plant-
gesondheid en kostebesparingstegnieke.
Die gonswoord “volhoubaarheid” word van elke platform af as’t
ware geslinger, sonder die ernstige besef dat alles geld kos en die
einstepraktyke eintlik daarvoormoet betaal. Goeie advies souwees
om allemoontlike rolspelers tebetrekby joubesluitnemingoorwat-
ter hulpmiddels aangekoop en gebruik gaan word, want so vinnig
soos wat die tegnologie vorder, só vinnig verouder dit ook en kort
voor lank sit onsmet ‘n klompduur toerustingwat niemeer gebruik
kanwordnie.
Die nuwe omgewing waarmee ons nou te doen kry, is nie meer
net klimaat en grond nie, maar tegnologie raak integraal ook deel
daarvan. Die kuns gaanwees om vorentoe hierdiedrie faktore saam
te voeg enbestuurspraktyke só aan tepas dat onsmeer akkuraat en
goedkoper kanboer.
Minimum- of geenbewerking
Mits die grond, omgewing, finansies (omskakeling) en bestuur dit
toelaat, word minimum- of geenbewerking al hoe meer gesien as
die pad vorentoe. Genoeg aandag behoort egter gegee teword aan
faktore wat nie noodwendig bereken word tydens die besluitne-
mingsproses nie.
Onkruidbestuur
Een van die faktore is onkruidbestuur. Baie produsente verbrand
steeds hul vingers uit onkundehieroor.
Minimumbewerking het noodwendig tot gevolg dat die meganiese
beheer van onkruide, as ‘n alternatief tot chemiese onkruidbeheer,
tot ‘nminimumbeperkword.Waardieonkruidsaadbedmet ‘nmega-
niese bewerking voor-plant ‘n vensterperiode vir die produsent sou
gee rakende vlak ontkiemende onkruide, vergeet ons dat onkruide
onreëlmatigontkiem.
Dit bring mee dat hulle in verskillende blaarstadiums is, wat beter
bestuur verg. Blaarstadiumsvanonkruidevergmeerofminder aktief
enwatervolumeswat gewoonlik onderskat word.
Groot somme geldword dan uitgegee om nasorg te tref, wat inset-
kosteopjaag enuiteindelik ook dieopbrengs kortwiek as gevolg van
kompetisie vir water en voeding. Dit is ook nodig om hier te noem
dat dieetikettevandiemeesteonkruiddodersbepaal dat ‘n skoonen
onkruidvrye saadbed tydens plant ‘n voorvereiste is.
Minimumbewerking bring ook mee dat die onkruidspektrum ver-
ander en navorsingwys dat veral meerjarige onkruide, soos grasse,
deel hiervan uitmaak. Dus behoort grasdoders in die mengsel
aangepas te word (veral dosisse) dienooreenkomstig die blaarsta-
dium. Hieruit kan ‘nmens aflei dat ons kennis oor onkruide drasties
salmoet verbeter ten eindedie regtebesluite teneem.
‘n Ander faktor wat in ag geneemmoet wordmet minimumbewer-
king, is dat die organiesemateriaal in die grond geleidelik verhoog.
Die teenwoordigheid van organiese materiaal in die grond het ‘n
soortgelyke effek op grondtoegediende onkruiddoders as wat
klei het.
Verhoogde vlakke van mikrobiese organismes kom in grond met
‘n hoër organiese materiaalinhoud voor. Hierdie mikrobiese orga-
nismes kan verantwoordelik wees vir die versnelde afbreking van
grondtoegediende onkruiddoders, wat ‘n korter residuele effek van
dieonkruiddoder tot gevolghet.
Om die voorkoms vanmoontlik versnelde mikrobiese afbreking uit
te skakel, moet langdurige, herhaaldelike toedienings van dieselfde
produk of groep chemiese verbindings vermyword. Indien die pro-
dusent nie kompenseer vir die verhoogde organiese materiaal nie,
sal dit noodwendig tot swakonkruidbeheer lei.Weesdaarombewus
van die persentasie organiese materiaal in die grond sodat die no-
digedosisse aangepas kanword.
Onkruidweerstandsbestuur
In alles wat hierbo genoem word, word onkruidweerstandsbe-
stuur ook geïmpliseer. Dit is daarom nodig dat onkruiddoders met
verskillendemetodes vanwerking gedurig afgewissel word. Ons in
Suid-Afrika is gelukkigom ‘ngroot verskeidenheidonkruiddoders te
hê om van te kies, omdat ons grond dit toelaat. Dit bring ‘n kollek-
tiewe verantwoordelikheid mee vir ons as produsente, om self
daaraan aandag te gee en nie te wag dat daar vir ons besluit word
deur dieowerhede, of deur dieonkruid self nie.
Fine tuning
behels dus nie net die optimalisering van landbouprak-
tyke nie, maar ook die voortgesette toepassing van die korrekte,
basiese landbou- enonkruidbeheerbeginsels.
GERRIE LUDICK,
landboukundige, Technichem
Hierdie foto toon die oneweredige blaarstadiums van verskillende
onkruide in ‘nmielieland.
1...,63,64,65,66,67,68,69,70,71,72 74,75,76,77,78,79,80,81,82,83,...148
Powered by FlippingBook