SA Graan September 2014 - page 65

Motvlugtewaarsku teen
valskommandowurm inOktober
V
alskommandowurm het gedurende
2010 vinnig toegeslaan en baie
skade aan gars in die Noord-
Kaap aangerig. Sedertdien kom
hulle gereeld voor, maar weens vooraf-
waarskuwingsenbespuitings issoortgelyke
uitbrekings nognieweer aangetekennie.
Beide wurms en motte is in die nag aktief
enwordniemaklik indiedagopgemerknie,
omdat hulle opdie grondoppervlakte onder
droë plantmateriaal skuil (
Foto 1
). Let veral
op vir vreetpatrone op die blare wat hulle
teenwoordigheid kan verklap.
Valskommandowurm vreet duidelike happe
uit die blare en sal ook blare heeltemal
opvreet en plante ontblaar (
Foto 2
). Omdat
garsplante sagter as koring is, word hul are
maklik afgeknip en skade só veroorsaak
(
Foto 3
).
Motvlugte gedurende die
winter
Motvlugtewordsedert 2012met behulpvan
feromoonvalle by vyf lokaliteite, naamlik
Douglas, Bull Hill, Vaalharts, Hartswater
en Viljoenskroon gemonitor. By elk van
hierdie lokaliteite is daar vier valle wat op
ongeveer gelyke afstand van mekaar, om
die rand van ‘n enkele spilpunt geplaas is.
Daar is eers met Deltavalle begin, maar
hullehet vinnigverweer enwasnieeffektief
nie. In 2013 is na emmertjievalle oorgeslaan
en duidelike motvlugpieke kon gedurende
die afgelope jaar geïdentifiseer word. Uit
die eerste twee jaar se data is dit duidelik
dat diemotte dwarsdeur die winter gevlieg
het. Dit beteken dus dat eierlegging ook in
diewinter kan voorkom.
Klimaat (temperatuur en vogtigheid) speel
noodwendig ‘n rol in die ontwikkelingstyd
van die wurm. ‘n Temperatuur-ontwikke-
lingsdrempelwaarde van 2°C vir hierdie
wurm is uit Chinese literatuur opgespoor.
Dit beteken dat die wurms bokant hierdie
temperatuur aktief kan ontwikkel en groei.
Groei by lae temperature behoort stadig
te wees, maar die lae drempelwaarde is
waarskynlik die antwoord op waarom die
motte regdeur die winter gevang word.
Die groot vraag is egter: Waarop oorleef
die wurms in die winter as daar net droë
gras beskikbaar is? Uit literatuur is daar
aanduidings dat hulle op verrottende plant-
materiaal, onder matte droë materiaal, kan
oorleef. Gedurende die 2010-uitbreking
was die gars en koring wat hulle gevreet
het alreeds feitlik droog gewees en
kan die afleiding dan gemaak word dat
daar oorlewing in die winter op dooie
plantmateriaal kan wees. Dooie gras en
stoppels waaronder hulle al langs lande
gevind is, kan hulle beskerm teen uiters
koue temperature.
Motvlugpieke
Duidelike pieke kan by al vyf lokaliteite
onderskei word. Viljoenskroon het begin
met ‘n piek van ongeveer 90motte per dag
en ‘nverderedriepiekekononderskeiword,
naamlik een in April, een in Julie en een in
beginOktober (
Grafiek 1
, bruinpyle).
Die piek in Oktober kan oorsprong gee aan
diewurmswat virgarsskadelik is.Wat egter
baie interessant is, is dat daar vanjaar met
basies dieselfde patroon begin is, maar
dat die motgetalle vir die April- en Mei-
periodeongeveer dubbel sohoogwas soos
verlede jaar (Grafiek 1, soliede rooi lyn en
rooi pyl). Dit betekendusdat daar baiemeer
larwes reg voor diewinter in die omgewing
teenwoordig kanwees.
63
September 2014
GODDYPRINSLOO,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem,
BENVANRENSBURG,
LNR-Kleingraaninstituut, Vaalharts,
PIETER FRANKEN,
GWKDouglas,
ANDRÉ PRINS,
GWKDouglas en
HANNALENEDUPLESSIS,
Noordwes-Universiteit
1: Vals kommandowurmmotte en -wurms.
2: Vreetpatrone van valskommandowurm op
koring.
3:Garsare afgeknipdeur valskommandowurm
is duidelik sigbaar nadat graan afgestroop is.
1
2
3
FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
1...,55,56,57,58,59,60,61,62,63,64 66,67,68,69,70,71,72,73,74,75,...148
Powered by FlippingBook