SA Graan September 2014 - page 72

September 2014
70
FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
Hierdie gene word algemeen in teeltpopulasies geïnkorporeer om
weerstand teendie siekte te skep.
Foto3
dui op ‘n tipiesenoordelike
mielieblaarskroei-weerstandsletsel. Soms gebeur dit, soos ons die
afgelope seisoenwaargeneemhet, dat ‘n spesifiekebasterwat gelys
word asweerstandbiedend, gladnieweerstand toonnie.
Verder kandit ook gebeur dat dieweerstandwel waargeneemword
vir ‘n paar jaar, maar dat die baster dan skielik weer vatbaar word
vir die siekte. Hierdie gebrek of afbreking van weerstand is in alle
waarskynlikheiddiegevolg vandie toetrede van ‘nnuwe ras vandie
patogeenwat nie voorheen in die spesifieke omgewing voorgekom
het nie.
Die term “ras” verwys na ‘n spesifieke groep swamme binne ‘n
patogeniese spesie (soos
E. turcicum
) waarvan die gasheerreeks
beperk is tot sekere variëteite. Anders gestel, betekendit eenvoudig
dat daar verskillende vorme van dieselfde patogeen bestaan wat
verskil inhul vermoëommieliebasters te kan infekteer.
Die rasse van
E. turcicum
word vernoem na die noordelike
mielieblaarskroei-weerstandsgeen wat dit kan oorkom (dit is dié
gene wat nie meer die patogeen effektief kan keer nie). Ras 13N
dui byvoorbeeld daarop dat hierdie spesifieke vorm van noordelike
mielieblaarskroei in staat sal wees om die weerstand wat die
Ht1
-,
Ht3
- asook
HtN
-genebied, teoorkom endieplant te infekteer.
Sou die dominante noordelikemielieblaarskroei-ras in byvoorbeeld
die Winterton-area tot die Ras 23-groep behoort, beteken dit dat
die mieliebasters wat
Ht2
en/of
Ht3
as weerstandsgene bevat,
nie effektiewe weerstand teen die siekte sal kan bied in hierdie
omgewingnie.
Die plant sal dus weerloos teen die siekte wees, ten spyte van die
weerstandsgene wat dit bevat.
Foto 4
is ‘n voorbeeld van wat kan
gebeur indien ‘n nuwe ras in ‘n gebied inkom. Die weerstands-
dilemma is egter tweeledig.
Eerstens kan dit gebeur dat ‘n baster goeieweerstand teen noorde-
likemielieblaarskroei kan toon in een omgewing, maar vatbaar kan
wees in ‘n ander. Verder is daar ‘n beperkte hoeveelheidweerstand
beskikbaar in die vorm van hoofweerstandsgene. Dit is dus baie
maklik om ‘n ras te kry wat in staat sal wees om die weerstand te
kanoorkom.
Waar laat dit die produsent? Weerstandbiedende basters vir
noordelikemielieblaarskroei word steeds beskou as die eerste stap
vir ‘ngeïntegreerdebestuurspraktyk. Letselsopweerstandbiedende
basters is geneigom kleiner tewees enminder te sporuleer.
Die siekteversprei dusnie sovinnignieen skadeaandieblare isook
minder. Die belangrikste begrip waarvan die produsent egter moet
kennis neem, is dat dieweerstandwat deur ‘n spesifiekebaster teen
noordelike mielieblaarskroei gedemonstreer word, van omgewing
tot omgewing kan verskil, afhangend van watter noordelike
mielieblaarskroei-ras dominant indieomgewing is.
Probeer dus om deeglik uit vind in watter omgewing die betrokke
baster aanvanklik vir noordelike mielieblaarskroei-weerstand
geëvalueer is.Dieplant vanverskillendeweerstandbiedendebasters
omdie risiko te versprei, word verder sterk aanbeveel.
Laastens is voortdurende monitering vanaf blom, veral onder
besproeiing, steeds kritiek; al word daar van weerstandbiedende
basters gebruik gemaak om seker te maak dat die produsent nie
onverhoeds betrapwordnie.
Die Landbounavorsingsraad, in samewerking met die Universiteit
van Pretoria, is tans besig met in-diepte studies rakende die
E. Turcicum
-patogeen asook die moontlike identifisering van nuwe
weerstandsgeneomdie siektehok te slaan.
Produsente is welkom om die LNR-IGG te kontak by
018 299 6100 vir enige verderenavrae.
3:Weerstandbiedendenoordelikemielieblaarskroei-letsel.
4:Mielieblaarmet beideweerstand- en vatbare letsels.
Diedilemma van
noordelikemielieblaarskroei-weerstand
3
4
1...,62,63,64,65,66,67,68,69,70,71 73,74,75,76,77,78,79,80,81,82,...148
Powered by FlippingBook