SA Graan September 2014 - page 66

Hierdie navorsing ismoontlik gemaak deur finansiële bystand vandie LNR endieWintergraantrust
in samewerkingmet Griekwaland-Wes Koöperasie endieNoordwes-Universiteit.
Grafiek1:Motvlugpatroongemeetmet emmertjievallebyViljoenskroongedurende2013 (rooi stippel-
lyn) enbegin 2014 (soliede rooi lyn).Motvlugpiekewordmet bruin en rooi pyle aangedui.
Grafiek2:Motvlugpatroongemeetmet emmertjievallebyBull Hill gedurende2013 (rooi stippellyn) en
begin 2014 (soliede rooi lyn).Motvlugpiekewordmet bruin en rooi pyle aangedui.
Grafiek3:Motvlugpatroongemeetmet emmertjievallebyDouglasgedurende2013 (rooi stippellyn) en
begin 2014 (soliede rooi lyn).Motvlugpiekewordmet bruin en rooi pyle aangedui.
ByBull Hill is daar deur die loop van verlede
jaar vyf pieke aangeteken. Die eerste piek
is gedurende Februarie tot Maart, dan ‘n
kleiner een in April, dan ‘n redelike groot
piek teen Julie tot Augustus enweer een in
Oktober tot November en ‘n klein piek aan
die begin van Desember (
Grafiek 2
, bruin
pyle). Daar is ook, soos indieViljoenskroon
geval in April en Mei vanjaar, ongeveer
dubbel die hoeveelheid motte in hierdie
valle gevang. Met die motte wat verlede
jaar by hierdie lokaliteite gevang is, het
wurms redelik vroeg (begin Oktober) reeds
in die lande voorgekom. Produsente is
gewaarsku en het bespuitings toegepas en
geen skade is gerapporteer nie.
By Douglas self is daar ook vyf motvlug-
pieke gedurende verlede jaar gevind
(
Grafiek 3
, bruin pyle). Motgetalle het vanaf
middel-Augustus begin opbou na ‘n piek in
middel-September. Die larwes van hierdie
motte het oorsprong gegee aan die larwes
wat ingars en koring voorgekomhet.
Diemotgetalle aan die begin vanApril 2014
(Grafiek 3, rooi pyl) was ook baie hoër as
verlede jaar,watookkanveroorsaakdatdaar
met groter wurmgetalle in die winter begin
is. Die motgetalle vertoon dus ongeveer
dieselfde patroon oor die verskillende
lokaliteite. Die hoë motgetalle wat tans
teenwoordig is, kanbetekendat daar later in
die jaar geweldige groot hoeveelhede
wurms kan voorkomwat vir garsproduksie
‘n risiko inhou.
Wat die invloed van koue toestande
gedurende Junie (ná die groot motvlugte)
op die wurmgetalle gaan wees, is nie
duidelik nie. Daar moet dus van September
af redelik deeglik gekyk word na die voor-
koms van vreetmerke op die gewasse
asook na mis wat op die grondoppervlakte
kan lê. Die toestand sal egter voortdurend
dopgehou word en inligting deurgegee
word aanprodusente.
Aangesien die meeste van die lande in
die bogenoemde besproeiingsgebiede ge-
durende die afgelope twee jaar teen die
wurms bespuit is, kon uitbreektoestande
nie bepaal word nie. Die probleem is egter
nie net tot hierdie area beperk nie, aange-
sien hierdie wurm wydverspreid in Suid-
Afrika voorkom. Indien garsproduksie na
ander besproeiingsgebiede uitgebrei word,
sal die voorkoms van hierdie plaag ook
gemonitor en in aggeneemmoet word.
Kontak Goddy Prinsloo by
058 307 3435 of
prinsloogj@
arc.agric.za
.
FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
Motvlugtewaarsku teenvalskommandowurm inOktober
September 2014
64
1...,56,57,58,59,60,61,62,63,64,65 67,68,69,70,71,72,73,74,75,76,...148
Powered by FlippingBook