SA Graan September 2014 - page 82

September 2014
80
Die ekonomies belangrike
stamboorderkompleks vanSuid-Afrika
D
ie ekonomies belangrike stamboorderkompleks wat mie-
lies in Suid-Afrika aanval, bestaan uit drie stamboorders,
naamlik dieAfrika-mieliestamboorder (
Busseola fusca
), die
Chilo-boorder (
Chilo partellus
) en die pienk stamboorder
(
Sesamia calamistis
).
Al drie hierdie stamboorders kan ernstige oesverliese in mielies
veroorsaak. Stamboorderskade wat lei tot oesverlies kan varieer
afhangende vandie tyd en vlak vanbesmetting.
Afrika-mieliestamboorder
Vir die Afrika-mieliestamboorder (
Foto 1
) kom daar drie duidelik
afgebakende motvlugte per seisoen voor. Mielieplante word
gewoonlik besmet deur óf die eerste óf die tweede generasie,
afhangend vandieplantdatum.
Wyfiemotte lê eierpakkies agter die blaarskede. Pasuitgebroeide
larwes is donkerbruin van kleur en word ligter namate hulle ouer
word. Hierdie pasuitgebroeide larwesmigreer opwaarts na die kelk
waar hulle begin voed. Die skadewat hierdie larwes veroorsaak, lyk
soos “venstertjies”opdie kelkblare. Groter larwes vreet regdeur die
kelkrol sodat kelkblare ‘n rygate vertoon as hulleuitgroei.
Hierdie tipe skade staan bekend as “hael”-skade. Indien die groei-
punt van die plant beskadigword, lei dit tot “dooiehart”-simptome.
Larwes bly lank in die plantkelk voordat hulle in die stam inboor.
Die larwale stadium duur ongeveer ses weke, waarna die larwes
papiesword.
Larwes oorwinter (
Foto 2
) in stoppelreste wat die hoofbron van
besmetting indie volgende seisoen is.
Chilo-boorder
Die Chilo-boorder (
Foto 3
) het ‘n kort lewensiklus, wat lei tot
grootskaalse oorvleueling van generasies en ‘n aanhoudende
toename in larwale getalle. Chilo-boorders kan tot vyf generasies
per seisoenproduseer.
Motte (
Foto4
) lêeiersbo-openonder dieblare. Eiers is skubvormig,
word dakpansgewys gerangskik, en lyk soos geel vlekkies op die
blare. Larwes is roomwit van kleur met twee rye kolletjies op die
rug en een ry kolletjies op elke sy.
Larwes migreer na die kelk waar hulle tien tot 14 dae voed voordat
hulle uitklim en die stam binnedring. Die skadesimptome van die
Chilo-boorder op die stam stem ooreen met dié van die Afrika-
stamboorder. Larwesword dan passief en oorwinter in die stamme
van die mielies of agter blaarskedes. Chilo-larwes is nie ware
diapouse larwes (larwes wat oorwinter), soos in die geval van die
Afrika-mieliestamboorder, nie.
ANNEMIE ERASMUS,
LNR-Instituut vir Graangewasse
1: DieAfrika-mieliestamboorder.
2: ‘nAfrika-mieliestamboorderwat in ‘nmieliestoppel oorwinter.
3: DieChilo-boorderlarf.
4: DieChilo-boordermot.
FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
1
3
4
2
1...,72,73,74,75,76,77,78,79,80,81 83,84,85,86,87,88,89,90,91,92,...148
Powered by FlippingBook