SA Graan September 2014 - page 62

September 2014
60
Optimalisering vanglifosaateffektiwiteit
met hulpmiddels
O
nkruiddoders isgeregistreer virgebruiksaammet verskeie
hulpmiddels in Suid-Afrika. Hulpmiddels het verskeie
eienskappewat hullevoordeligmaakvir gebruik saammet
onkruiddoders.
Hulle:
kompenseer tot ‘n mate vir omgewingstoestande wat onkruid-
dodereffektiwiteit strem;
stabiliseer effektiwiteit onder verskeie toestande;
verhoog effektiwiteit onder stremmingstoestande; en
verlaag die kanse vir gewasskade onder optimale toestande (in
vergelykingmet diegebruik vanhoëdosisse).
Alhoewel hulpmiddels geen plantdodende eienskappe het nie,
speel dit ‘n belangrike rol om die werking van onkruiddoders te
verbeter. Die hulpmiddelkeuse kan die verskil tussen geen of uit-
stekendebeheerbeteken. Produsentemoet egterbesef dat allehulp-
middels nie dieselfde is nie en dus nie omruilbaar is nie. Wanneer
onkruiddoderdosisse hoog genoeg is om totale onkruidbeheer te
bewerkstellig, kan dit egter so voorkom, maar dit geld nie wanneer
lae ekonomiese dosisse onder stremmingstoestande gebruik word
nie. Die hoofdoel van hulpmiddels is om onkruiddodereffektiwiteit
teverhoog, veralwanneer lae, ekonomiesedosisseaangewendword
(B.L. deVilliers, 1998).
‘n Voorbeeld van ‘n wydgebruikte hulpmiddel is ammoniumsulfaat
(southulpmiddel). Hierdie hulpmiddel word gebruik om die invloed
van swak waterkwaliteit te oorkom en daarom kan dit die effektiwi-
teit van baie onkruiddoders verhoog. Die spesifieke werking van
hierdie tipe hulpmiddels is om soutantagonisme van die waterbron
(kalsium-, magnesium- en natriumsoute) op te hef. In Suid-Afrika
word dit gebruik om die penetrasie enmengbaarheid van glifosaat
te verbeter.
Die probleem ontstaan egter wanneer daar besluit moet word
watter tipe hulpmiddel om te gebruik. Die verkeerde keuse van ‘n
hulpmiddel kan, veral saammet glifosaat, lei tot kommerwekkende
lae vlakke van beheer. ‘n Studie is dus onderneem om te bepaal
watter hulpmiddels glifosaateffektiwiteit optimaal verhoog. Twee
verskillendehulpmiddels is indieproef gebruik.Hierdiehulpmiddels
was ‘n organiese suur buffer (OSB) en ammoniumsulfaat (AMS). ‘n
Mengsel van die OSB en AMS is egter ook in die proef ingesluit.
Gedistilleerdewater is vir die proef gebruik sodat waterkwaliteit nie
‘n rol in die persentasie onkruidbeheer sou speel nie en dieselfde
behandelings is herhaal in CaCl
2
(harde-) en NaHCO
3
(brak-) water,
omdie effek vanwaterkwaliteit ophierdiebehandelings te toets.
Resultate
Die resultate van die proewe word aangedui in
Tabel 1
. Dieselfde
resultate in grafiekvorm word in
Grafiek 1
getoon. Volgens die
resultate (Tabel 1 en Grafiek 1), is dit duidelik dat die glifosaat
gemengmet die organiese suur buffer (OSB) en ammoniumsulfaat
(AMS) deurentyddiehoogstepersentasiebeheer getoonhet.
In allewaterswas hierdie verhoging in die persentasie beheer egter
nie betekenisvol hoër as die behandelingwaar slegs ammoniumsul-
faat bygevoeg is nie. Dit soudus onekonomieswees omdieOSB en
die AMS by te voeg as net AMS dieselfde persentasie beheer
tot gevolg kan hê. Die OSB het in CaCl
2
‘n betekenisvolle laer
persentasie beheer getoon (38,64%) as die AMS, die OSB en die
AMS-mengsel. Die OSB alleen het selfs gelei tot antagonisme
(38,64% versus die 41,63% van die kontrole). In NaHCO
3
-water het
die byvoeging van enige hulpmiddel gelei tot
‘n betekenisvolle verhoging in die persentasie
beheer. Dit isdusduidelikdat diebyvoegingvan
AMS by glifosaat in alle watertipes ‘n veiliger
keuse is as die byvoeging van OSB of selfs die
OSB- en AMS-mengsel, omdat dit deurentyd
goeie beheer sal lewer en goedkoper sal
uitwerk as diemengsel. Deur die regte keuse te
maak, kan koste dus bespaar word sonder om
onkruiddodereffektiwiteit in teboet.
Vir verdere inligting en om ingeligte be-
sluite te neem oor hulpmiddels en onkruid-
dodereffektiwiteit, skakel gerus
vir Hestia Nienaber by die LNR-
Kleingraaninstituut by 058 307
3420of
.
HESTIANIENABER,
LNR-Kleingraaninstituut
FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
NR
ONKRUID-
DODER WATER
HULP-
MIDDEL %BEHEER*
1 Glifosaat
Gedistilleerd -
71,16
b
2 Glifosaat
Gedistilleerd OSB
81,78
bc
3 Glifosaat
Gedistilleerd AMS
91,97
cd
4 Glifosaat
Gedistilleerd OSB&AMS 100,00
d
5 Glifosaat
CaCl
2
-
41,63
a
6 Glifosaat
CaCl
2
OSB
38,64
a
7 Glifosaat
CaCl
2
AMS
84,75
bcd
8 Glifosaat
CaCl
2
OSB&AMS 91,58
cd
9 Glifosaat
NaHCO
3
-
49,99
a
10 Glifosaat
NaHCO
3
OSB
69,87
b
11 Glifosaat
NaHCO
3
AMS
77,27
bc
12 Glifosaat
NaHCO
3
OSB&AMS 84,18
bcd
TABEL 1: DIE INVLOEDVANHULPMIDDELSOPGLIFOSAATEFFEK-
TIWITEIT.
*KBV= 18,106. Persentasiesmet verskillende letters verskil betekenisvol by die
5%-toetsvlak.
Grafiek 1: Die effek van verskeie hulpmiddels (in drie soorte waterkwaliteite) op glifosaat-effekti-
witeit.
Hierdie navorsing ismoontlik gemaakmet die finansiële ondersteuning vandieWintergraantrust.
1...,52,53,54,55,56,57,58,59,60,61 63,64,65,66,67,68,69,70,71,72,...148
Powered by FlippingBook