SA Graan September 2014 - page 31

spoel word voordat dit as veilig beskou
kan word. Dit moet tydens die spuitaksies
gedoen word sodat die spoelvloeistof ook
in die spuittenk gegiet kanword. Leë plaag-
doderhouers word gesien as plaagdoder-
houers wat geen produkmeer bevat nie en
wat goeduitgespoel is.
Houers wat nie drie keer uitgespoel is nie
of wat nog vloeistof bevat, word as gevaar-
like afval beskou. In sulke gevalle sal die
produsent ‘ngevaarlike afval bestuursmaat-
skappy moet nader om van die gevaarlike
afval ontslae te raak. Dit gaan gewoonlik
gepaardmet groot koste.
In die verlede is dit toegelaat om die leë
houers op die plaas te brand, maar streng
omgewingswetgewing laat dit niemeer toe
nie. Leë houers moet vernietig word vol-
gens die voorskrifte vanSANS 10206, of vir
hergebruik van die plastiek beskikbaar ge-
stel word en mag nie vir enige ander doel
gebruikword nie. Deesdaeword verskillen-
de produkte van die plastiek van leë houers
gemaak, soos byvoorbeeld plastiekplanke
en -waterpype.
Vervoer van landbouche-
miesemiddels
Landbouchemiese middels is potensieel
gevaarlike stowwe en moet ten alle tye
veilig en volgens voorskrif hanteer word,
selfs by die vervoer daarvan. Die reëls vir
die vervoer van landbouchemikalieë word
indieSuid-AfrikaanseNasionaleStandaard,
SANS 10231:2010
(
Ed. 3.1 Transport of dan-
gerousgoods:Operational requirements for
road vehicles
), uitgelê.
Landbouchemiesemiddelswat deur ‘n kon-
trakteur na ‘n produsent se plaas vervoer
word, moet aan die voorskrifte voldoen.
Produsente word slegs uitgesluit uit die
vereistes van dié standaard wanneer hulle
chemikalieë vir eie gebruik vervoer watmin-
der is as die gespesifiseerde hoeveelheid.
Hierdie spesifieke uitsluiting geld wanneer
landbouchemiese middels vervoer word
deur ‘n bona fide-boer of sy werknemer en
die produkte vir sy boerderybedryf gebruik
gaan word en nie weer verkoop gaan word
nie. Die rit isbeperk tot 250 km,waarvannie
meer as 50 kmop ‘n nasionale pad (pad ge-
merkmet ‘nN) is nie.
Die hoeveelheid produk mag nie meer as
1 000 kg of liter onderskeidelik vir droë-
produk of vloeistof wees nie of niemeer as
1000 in totaal asbeidedroëenvloeistowwe
vervoer word nie. As ‘n produsent meer as
1 000 kg of liter vervoer, sal die vereistes
vandie standaardwel geld.
Bestuurders van voertuie wat gevaarlike
produkte vervoer,moet op ‘n jaarlikse basis
bestuurderopleiding ontvang. Die bestuur-
ders van swaar voertuie (3 500 kg enmeer
BVM) moet ook in die besit wees van ‘n
professionele rybewys. Die bestuurder-
opleiding moet by ‘n goedgekeurde diens-
verskaffer ondergaanword.
Besin oor lugbespuiting
Die ekonomiese verbouing van gewasse
noodsaak produsente om landbouche-
miese middels te gebruik om hul oeste te
beskerm. Soos almal weet, skryf die etiket
van elke produk onder meer voor hoe dit
aangewendmoet word. Dit sluit in die hoe-
veelheid wat toegedien moet word, hoe
dit gemeng moet word en hoe dit gespuit
moet word.
Landbouchemiese middels word in die
meeste gevallemet trekker- of rugsakspuite
toegedien. Dit gebeur egter soms dat land-
bouchemiese middels per vliegtuig toege-
dienmoet word weens toestande buite die
produsent sebeheer.
Ongelukkig het lugbespuiting in die verlede
‘npaar keer al tot onmingelei. Dit isdiepro-
dusent se reg om sy oes te beskerm en dit
mag wel wanneer nodig deur middel van
lugtoediening gedoen word. Ekstra voor-
sorg is egter indiégevallenoodsaaklik.
Elke produk se etiket sal duidelik aandui
of die betrokke produk per lugtoediening
aangewendmagword. Dit is baie belangrik
om te besef dat as die etiket nie lugtoe-
diening aandui nie of dit spesifiek verbied,
is dit onwettig om só ‘n produkmet hierdie
metode toe tedien.
Bepaalde reëls is neergelê wanneer land-
bouchemiese middels per lugtoediening
aangewend kan word. Dit word op die
etiket en deur ‘n Suid-Afrikaanse Nasio-
nale Standaard voorgeskryf. Die standaard,
wat by die SABS beskikbaar is, is getitel
SANS 10118:2011
(
Edition 3.1
):
The aerial
application of pesticides
. CropLife moedig
produsenteen lugtoedieningoperateursaan
om by die voorskrifte van diéwetlike doku-
mente tehou.
Landbouchemiese middels is potensieel
gevaarlik en duidelike voorskrifte in die
standaard verseker dat die omgewing nie
besoedel word of dat nie-teikengebiede
nie in die proses gespuit word nie. Onmin
ontstaan wanneer sensitiewe nie-teikenge-
biedegetrefwordengoeiebuurskap kan so
indie slagbly.
Kundigheid
Produsente word aangeraai om met ge-
kwalifiseerde verspreiders en agente sake
tedoen. CropLifedoenbaiemoeiteom lede
te laat kwalifiseer en stel inligting beskik-
baarom ledeseprodukkennisop ‘nhoëvlak
te hou. Die gekwalifiseerde CropLife-agent
kan aan sy lidmaatskapkaart uitgekenword.
Vra gerus daarvoor, hulle is trots op hulle
lidmaatskap.
Figuur 3: Instruksies.
29
September 2014
1...,21,22,23,24,25,26,27,28,29,30 32,33,34,35,36,37,38,39,40,41,...148
Powered by FlippingBook