SA Graan September 2014 - page 36

Menginstruksies
Indie “Menginstruksies”-afdeling sal daar ook ‘n spesifiekevolgorde
aangedui word van watter produk eerste by die tenkwater gevoeg
moetword, tot die laasteeen.Wanneerhierdie instruksiesnoukeurig
nagevolgword, sal die tenkmengsel effektiewebeheer verskaf.
Produsente en landbouchemiese verteenwoordigers moet egter
daarop bedag wees dat nie alle generiese produkte met produkte
van internasionale maatskappye gemeng kan word nie, alvorens
dit nie so op die etikette van produkte aangedui word nie. Wan-
neer produsente en landbouchemiese verteenwoordigers afwyk
van voorgeskrewe aanbevelings, rus die onus uitsluitlik op hulle en
kan geen maatskappy verantwoordelik gehou word nie. Hierdie
aspekte van die vermenging van produkte kan nie genoeg beklem-
toonwordnie.
‘n Ernstige beroep word op beide landbouchemiese verteenwoor-
digers en produsente gedoen om nie te verval in die (onwettige)
gebruik van ongeregistreerde mengsels nie. Die effek wat sulke
mengselsopgrondorganismes, opvolggewasseendieomgewing in
geheel het, salmiskiennie indie kort termyn sigbaarweesnie,maar
eerswanneer dit te laat is.
Toedieningsinligting
Die afdeling “Toedieningsinligting” bevat inligting rakendedie spuit-
toerusting, watervolume, tyd van toediening, dosisaanbevelings
en ander belangrike inligting rakende spesifieke gewasse. Hierdie
afdeling is die hart van ‘n etiket enprodusente en landbouchemiese
verteenwoordigers moet hierdie voorgeskrewe inligting noukeurig
deurwerk en verstaan.
Spesifieke inligting, soos byvoorbeeld die kleipersentasie van
grond en die groeistadiums van onkruidspesies, is uiters belang-
rik en kan die effektiewe beheer van ‘n produk beïnvloed. Oor-
en/of onderdoseringvan ‘nprodukkannienettotoneffektiewebeheer
van onkruide en/of gewasskade lei nie, maar kan ook ‘n betekenis-
volle bydrae lewer tot die opbou van weerstandige onkruidpo-
pulasies.
Weerstandswaarskuwing
Opmeeste etikette verskyn daar dan ook ‘n afdeling “Weerstands-
waarskuwing” wat ‘n aanduiding gee van die groepkode van die
produk enmoontlike bevestiging van weerstandige onkruidspesies
asook diebestuur daarvan.
Onkruiddoders is in groepe (groepkode) ingedeel na gelang van die
meganisme van werking van elke aktiewe bestanddeel. So byvoor-
beeld is s-metolachlor in groep K3 en glifosaat in groep G. Om die
opbou van weerstandige onkruide te beperk, moet die produkte in
verskillende groepemetmekaar afgewissel word, om sodoende die
herhaaldegebruik van eengroeponkruiddoders tebeperk.
Die ontwikkeling van onkruiddoderverdraagsame gewasse en spe-
sifieke tegnologie en toerusting (van selfaangedrewe spuite tot
Venturi-spuitkoppe)watdie toedieningvangif net al hoemeerverge-
maklik, is beskikbaar vir produsente.
Al hierdie tegnologie en toerusting help egter niks wanneer aanbe-
velings van landbouchemiese produkte en die toediening daarvan,
deur landbouchemiese verteenwoordigers en produsente misbruik
word. Dit is altyd raadsaam om ‘n skriftelike aanbeveling van ‘n
landbouchemiese verteenwoordiger te eis om sodoende enige
misverstande uit die weg te ruim. Sodra die prop van land-
bouchemiese produk(te) op ‘n plaas oopgedraai word om die hele
bespuitingsproses te begin, is dit die verantwoordelikheid van die
produsent om toe te sien dat hierdie produk(te) korrek geskud, ge-
meng en toegedienword.
Daarom is dit uiters noodsaaklik vir die produsent om vertroud te
weesmet die inligting verskaf in die produketiket, want hoe anders
gaan die produsent weet wat is die korrekte toediening en vermen-
ging vandieproduk(te)?
Inmeeste klagteswat aanhangig gemaakword, is dit nie die produk
wat foutief of oneffektief was nie, maar die toediening en/of ver-
menging daarvan (meestal buite-registrasie bespuitings). Dit is dus
die verantwoordelikheid van die produsent om toe te sien dat land-
bouchemieseprodukte korrek toegedienword.
Meeste landbouchemiese maatskappye probeer om wel chemiese
houers deeglik en uitsonderlik te merk om verwarring te voorkom,
maar wees as produsent ook bedag daarop om hierdie houers oog-
lopend of spesifiek te merk tydens die mengproses. Vir beide die
produsent en die landbouchemiese verteenwoordiger is die lees en
verstaan van ‘n produketiket dus ewe belangrik – en kan die verant-
woordelikheidnie verplaaswordnie.
Die reëls is daarom eenvoudig – alle inligting is beskikbaar vir beide
die produsent en die landbouchemiese verteenwoordiger om inge-
ligte besluite te neem volgens voorgeskrewe riglyne en wetgewing.
Moenie die wet oortree nie en hou jou besigheid en
boerderypraktyke eerlik – dit sal tot voordeel strek vir
beide partye sowel as die landbouchemiese bedryf
ingeheel.
FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
Hoekom die etiket van landbouchemiese produkte lees?
5:Meeste klagtes rakende chemiese produkte kon voorkom gewees het
asdieetiket(te) vandieproduk(te) gebruik, deeglikgeleesenverstaan is.
6: Sodra die prop van landbouchemiese produk(te) op ‘n plaas oopge-
draai word om die hele bespuitingsproses te begin, is dit die verant-
woordelikheid van die produsent om toe te sien dat hierdie produk(te)
korrekgeskud, gemeng en toegedienword.
5
6
September 2014
34
1...,26,27,28,29,30,31,32,33,34,35 37,38,39,40,41,42,43,44,45,46,...148
Powered by FlippingBook