SA Graan September 2014 - page 26

67minute virMandeladag
O
p 18 Julie, oudpresident Nelson Mandela se verjaarsdag,
het mense van regoor Suid-Afrika weer eens saamge-
staan om Nelson Mandela se inisiatief vir verandering te
ondersteun. Die 67 minute-veldtog het ten doel om die
belangrikheid van goeie dade in ons daaglikse lewens te wys, van
die kleinste tot diegrootste.
Die mikpunt daarvan is om individue aan te moedig om op te tree
om die wêreld te verander en terselfdertyd ‘n universele beweging
te skep vir ‘n goeie doel. Hierdie jaar het die Mandeladag-veldtog-
tema: “Hoeom tedien”, gefokus opdie volgendebelangrike aflewe-
ringspilare:
Voedselsekerheid
Beskutting
Onderwys engeletterdheid
Menslike interaksiedeur diens
Deelname en vrywilligheid
GraanSA spring ook in
Aangeraak deur die lot van die Bramley-kinderhuis, het Graan SA,
met behulp van Charity Support Services, dit goedgedink om vir
67minuteopMandeladaghulpbydié kinderhuis te verleen.
Die Bramley-kinderhuis is ‘n residensiële sorgfasiliteit vir getrau-
matiseerde en mishandelde kinders. Die projek bied ‘n veilige
hawe aan 54 kinders met ‘n behoefte aan sorg; om aan hulle die
geleentheid te bied om te groei en ontwikkel tot goed gebalanseer-
de, verantwoordelike landsburgers. Die projek fokus op terapeu-
tiese programme vir die kinders om hul behoeftes aan te spreek
en gee ook aandag aan familie-herintegrasie en permanente
alternatiewe plasings vir ‘n paar kinders. Die naweekouer- en
vrywillige programme bied aan die kinders die geleentheid om ‘n
normale familielewe te ervaar.
Soos met baie liefdadigheidsorganisasies, is die koste verbonde
nimmereindigend en die Bramley-kinderhuis benodig tot R3 086
per maand om een kind te ondersteun. Met slegs 50% van die uit-
gawes gedek deur die staat en skenkerbefondsing, is die fasiliteit
baie afhanklik van ondersteuning en skenkings uit die plaaslike
gemeenskap. In die gees van die Mandeladag-inisiatief het
Graan SA aangebied om van die geriewe op te knap deur ‘n bietjie
kleur by hul omgewing te voeg. Dit maak ‘nmens nederigwanneer
jy die dankbaarheid van die personeel, huismoeders en veral die
kinders ervaar ná hul die nuutgeverfde speelgrondmure vir die
eerste keer gesien het. Wat begin het as ‘n dowwe grys omheining,
het gounuwe lewegekrymet helder spatsels kleur – rooi, blou, geel
engroen.
Verder het Graan SA ook mieliemeel aan die Bramley-kinderhuis
geskenk en elke kindhet ‘n sakkie vol verrassings gekry. “Die verskil
wat die verf gemaak het, is ongelooflik – dit lig sommer ‘nmens se
gemoedonmiddellik as jy dit sien,” het CathyMcLean,maatskaplike
werker by Bramley-kinderhuis, gesê. Graan SAwas net een van die
veleorganisasieswat bydieBramley-kinderhuisbetrokkewasvirdie
2014Mandeladag 67minute-inisiatief.
GRAAN SA
ALZENAGOMES,
skakelbeampte, Graan SA
1:GraanSA-personeel verf diespeelgrondmuur;
almal het ingespring om hulle kreatiewe kant
ten toon te stel.
2: Willem Voogt, bestuurder: Bemarking en
Finansies en Dirk Kotzé, ledebemarker en kom-
munikasiebeampte, verf die kinderhuis se in-
gangsmuur.
3: Willem Voogt en Linda Niemöller (hoof van
dieCharitySupport Services program).
4: Bykomend tot die verf van die ingang- en
speelgrondmure, het Graan SA ook mieliemeel
aandieBramley-kinderhuisgeskenkenelkekind
het ‘n sakkiemet bederfgoedontvang.
1
2
4
3
1...,16,17,18,19,20,21,22,23,24,25 27,28,29,30,31,32,33,34,35,36,...148
Powered by FlippingBook