SA Graan September 2014 - page 38

FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
Jy as produsent bepaal die effektiwiteit
van chemieseonkruid- enplaagdoders
V
uil lande is sekerlik vir elke graanprodusent ‘n nagmerrie.
Soms is dit omdat die onkruiddoders nie gewerk het nie en
soms het die onkruiddoders nie gewerk nie omdat die pro-
dusent toedieningsfoute gemaak het. Dit kan ook die ver-
skaffer, dieoperateur of dieprodusent se skuldwees,maar ditmaak
niewerklik saak nie – dieoes is benadeel.
Diens van die spuit
Hierdie tyd van die jaar is dit belangrik om jou spuittoerusting goed
deur te gaan en te diens. By soveel produsenteword dit nie gedoen
nieenasdie toerustingmoet beginwerk, isdaarprobleme.Ongeluk-
kigworddieeffekvandieprobleme te laat gesienendan isdie koeël
reeds deur die kerkmet vuil lande.
Dit is belangrik dat die spuittoerusting binne sowel as buite, mooi
skoonmoet wees. Die spuitpunte, pype asook alle filtersmoet sorg-
vuldig skoongemaak word. Baie van die chemiese middels laat ‘n
aanpaksel in die pype agter en sodra die spuit weer begin werk,
kom dit los en blok alle filters en spuitpunte. Daar is verskeie mid-
dels beskikbaar om die spuittenk asook die spuitpypemee skoon te
maak. Praat gerus met jou chemiese adviseur om die bestemiddel
te kry.
Veral met die groot selfloopspuite is dit belangrik om eenmaal per
jaar ‘n goeie vloeiratio-toets te doen om te verseker dat spesifieke
spuitpunte se lewering (liter/ha) endrukwaarteengespuitword, kor-
rek is. Sodradiespuit beginwerkendiespoedvarieer,moet diedruk
ook kan varieer om die lewering per hektaar konstant te hou. Maak
dus seker dat hierdie toerusting van jou so effektief en doeltreffend
asmoontlikwerk.
Die spuitpunte is nog ‘n aspekwat aandagmoet kry. Spuitpunte het
slytasie enmoet ook vervangword. Gaan veral hul lewerings asook
spuitpatrone na. As die spuit oor meer as een seksie beskik wat af-
sonderlik beheer en deur verskillende pype voorsien word, moet
daar in elke seksie spuitpuntenagegaanword.
Maakook seker dat die spuitpatroonvandie spuitpuntenogvolgens
spesifikasie is – indiennie, vervanghulle.
Sommige spuitpunte, soos
air injection nozzles
, het die vermoë om
groter luggevuldedruppels te vormwatminder spuitdrif veroorsaak
en teen ‘n hoër druk kan spuit. Maak seker dat die spuitpuntewat jy
gebruik, reg is vir die taakwat jywil verrig.
Die spuitpomp is die kern van die spuit. Kontroleer die lewering van
die spuitpomp. Kontroleer die olievlak asook die oliekleur. Sonder
die regte druk, sal die spuitmiddels nie die teikenarea kan bereik
nie of ‘n té hoë spuitdruk sal te veel spuitdrif veroorsaakwat in baie
gevalle sal wegwaai.
Maak ook seker dat die spuitpunt die nodige hoeveelheid spuitstof
teen ‘nsekeredrukkan lewer. Bevestigdusdat die regte tipeenkleur
spuitpunt gebruikword. Dit sal diedruppelgroottebepaal endiedrif
beïnvloed.
Operateursopleiding iseweneensbelangrik.Maak seker dat dieope-
rateur nog weet hoe om die spuit te stel en wat gekontroleer moet
word. Bevestigvoortsdat die spuitoperateur nogonthouhoeomdie
chemiese middels reg te meng en in watter volgorde die middels
ingegooimoet word.
Kontroleer ook sy hulpmiddels, soos GPS-werking,
autosteer
, wind-
spoedmeters, data-opnemers en landkaarte.
Die beheer van spuitstofdrif
Spuitstofdrif worddeur baie aspektebeïnvloed, naamlik:
Druppelgrootte
Spuithoogte
Spuitspoed
Windspoed
Lugtemperatuur enhumiditeit
Spuitvolumes
As daar gespuit word, is druppelgrootte die faktor wat spuitstofdrif
diemeeste beïnvloed. As daar lae spuitvolumes teen ‘n té hoë druk
gespuit word, lei dit tot klein druppels wat maklik wegwaai en drif
veroorsaak.
Maakdus seker dat die regte spuitpunteendie korrektedrukgebruik
word.Versekerdatdiespuitpuntediegewenstedruppelgroottevorm
wat die minste drif sal veroorsaak en die meeste plantbedekking
sal verseker.
Teen ‘nwindspoedvan5m/sekmagdaar niemeer gespuitwordnie.
As teen ‘n laer windspoed van ongeveer 3m/sek gespuit word, sal
dit nodigweesomdiedruppelgrootteaan tepas. Teen ‘nwindspoed
van3m/sek sal diedruppelgroottevergrootmoetworddeur dalkdie
spuitdruk te verlaag.
Oor die algemeen veroorsaak luginduksie-spuitpunteminder drif en
dit kan tot langer spuit-ure bydra. Pasop net om te dink dat wind nie
hierdie spuitpunteook beïnvloednie.
Spuithoogte bepaal ook die spuitdrifhoeveelheid. Hoe hoër die
spuithoogte vanaf die grond, hoe hoër die spuitdrif. Pas dus die
spuitpunte aan as hoog gespuit moet word. Windspoed en tem-
peratuur asook humiditeit, sal eweneens die hoeveelheid spuitdrif
beïnvloed.
Pasop vir spuit opdie hitte van die dag. Dit het ‘n effek opdie spuit-
drif en op die werking van die chemiese middels. Probeer eerder
teen laer temperature en tydens windstil tye te spuit en bly binne
die spesifikasies vandie spuitpuntvervaardiger.
Die spuitvolume kanook tot spuitdrif aanleidinggee. Té lae spuitvo-
lumes kan veroorsaak dat die druk te hoog raak en die druppels te
klein raak, wat tot meer spuitdrif sal aanleiding gee. Probeer om ‘n
balans tussen spuitvolume en spuitdrif te vind. Neem die chemiese
middels wat gespuit moet word se waterbehoeftes ook in ag wan-
neer diebesluit geneemword.
PIETMANBOTHA,
SAGraan/Grain
medewerker
September 2014
36
1...,28,29,30,31,32,33,34,35,36,37 39,40,41,42,43,44,45,46,47,48,...148
Powered by FlippingBook