SA Grain October 2013 - page 28

Figuur 1 demonstreer hoe die eerste herhaling se plante ‘n gemiddelde
kroonvrotinfeksie van 48% gehad het, teenoor die 9%, 6% en 8% van die
oorblywende drie herhalings wat verder vanaf die bome geleë is.
Die addisionele stremming wat die boomwortels op die grondvog
geplaas het, het die plante so gepredisponeer dat kroonvrotte (asook
wortelvrotte) dramaties verhoog het in hierdie spesifieke herhaling.
Soos verwag, het die waargenome kroonvrotte ‘n negatiewe impak op
beide die plantgewig asook finale opbrengs gehad. ‘n Geskatte 360 kg/ha
opbrengsverlies vir elke 10% toename in kroonvrot is uiteindelik verkry.
Die twee mees prominente patogene wat met die kroonvrot gekorreleer
het, was
Stenocarpella maydis
(die veroorsakende organisme van
Diplodia stamvrot) asook
Macrophomina phaseolina
(die veroorsakende
organisme van houtskoolvrot).
Grafiek 1
gee ‘n aanduiding van die per-
sentasie verspreiding van
S. maydis
soos waargeneem oor die onderskeie
behandelings.
Hoër vlakke van
S. maydis
is verkry by die behandelings waar mielies in
monokultuur verbou is. Waar mielies in rotasie verbou is met sonneblom,
akkerbone en babala, is betekenisvolle laer vlakke waargeneem.
Hierdie verskynsel kan verklaar word deur die gasheerspesifisiteit van
die patogeen
S. maydis
wat net op mielies en mieliereste voorkom. Waar
mielies jaar na jaar in monokultuur verbou word, neem die inokulum
in die grond toe en word hoër vlakke van infeksie verkry. Wanneer
daar met nie-gasheergewasse geroteer word, word die voedselbron
van die patogeen uit die stelsel gehaal (of verminder) en neem die
inokulumdruk af.
Kyk ‘n mens na die voorkoms van die houtskoolvrotpatogeen
(
M. phaseolina
) (
Grafiek 2
), is dit duidelik dat dié patogeen in beduidende
hoër vlakke voorgekom het waar mielies konvensioneel (monokultuur)
verbou is.
M. phaseolina
is veral prominent by hoë grondtemperature
gepaardgaande met vogstremming.
‘n Moontlike rede vir die laer vlakke van die patogeen onder die bewa-
ringsbewerkingstelsels gedurende die 2012/2013-seisoen, is die graad
van vogbewaring wat gepaardgaan met die deklaag en dus moontlike
vogstremming laat in die seisoen op plante geminimaliseer het. Dit
het daartoe aanleiding gegee dat die toestande vir infeksie deur die
houtskoolvrotpatogeen nie gunstig was onder die bewaringstelsels
nie en suksesvolle infeksie nie kon plaasvind nie. Daar waar die grond
versteur is en verlies aan grondvog hoër was, was toestande gunstiger
en het hoër vlakke van infeksie plaasgevind.
Hoewel meegaande data baie belowend lyk, moet egter in gedagte
gehou word dat dit slegs een lokaliteit se reaksie op die onderskeie
behandelings (of dan stelsels) oor een seisoen verteenwoordig. Soos
wat die jare verloop en beide die proewe meer gevestig raak, word
gehoop dat die tendense wat nou waargeneem is, oor seisoene bevestig
sal kan word.
Wat navorsing op plantsiektes egter bemoeilik, is dat hul voorkoms
afhanklik is van die seisoen. Dit is byvoorbeeld moontlik dat die volgende
twee seisoene as natter jare manifesteer en ons dus weer met ‘n
ander groep patogene, wat floreer onder vogtiger toestande, te doen
gaan kry. Die tendense wat ons hierdie jaar waargeneem het met die
droër toestande, sal ons dan byvoorbeeld eers oor drie jaar weer kan
ondersoek, sou dit weer ‘n droë seisoen wees.
Tog het die Ventersdorp-proef die afgelope seisoen basiese beginsels
wat geassosieer word met plantpatologie en bewaringsboerderysisteme,
ondersteun. Wortel-, kroon- asook stamvrot kan tot ‘n mate bestuur word
indien plante, waar moontlik, van stremming weerhou kan word. Verder
kan sekere siektes soos Diplodia stam- en wortelvrot (asook stamvrot)
effektief beheer word deur gewasrotasie in te bring.
Laastens was dit opvallend dat die deklaag in kombinasie met
geenbewerking, genoegsaam vog kon behou ten spyte van die droogte
van die afgelope seisoen, om siektes soos houtskoolvrot se voorkoms te
verminder. Die effek van laasgenoemde bevinding sal egter slegs deur
tyd bevestig kan word, veral omdat dit juis die deklaag is wat dien as
inokulumbron vir siektes waar produksie onder bewaringsbewerking is.
Die deklaag is dus as’t ware ‘n tweesnydende swaard wat siektes aanbetref.
Produsente is welkom om Maryke Craven te kontak by die LNR-IGG in
Potchefstroom vir enige verdere navrae, by 018 299 6100.
Grafiek 1: Voorkoms van
Stenocarpella maydis
(Diplodia stamvrotpatogeen)
binne die onderskeie bewaringsboerderystelsels.
Grafiek 2: Voorkoms van
Macrophomina phaseolina
(houtskoolvrotpatogeen)
binne die onderskeie bewaringsboerderystelsels.
26
Bewaringsboerdery
Insette/Produksie
Vervolg van bladsy 25
Wortel- en kroonvrot by mielies onder bewaringsboerderystelsels
1...,18,19,20,21,22,23,24,25,26,27 29,30,31,32,33,34,35,36,37,38,...116
Powered by FlippingBook