SA Grain October 2013 - page 31

Daar is egter nie net slegte nuus nie. Die druk van Sclerotinia gaan na
alle waarskynlikheid afneem. Die sclerotia of oorlewingstrukture van die
Sclerotinia patogeen bly in bewaringsboerdery op die grondoppervlak
waar die oorlewing daarvan laer is as wanneer dit in die grond ingewerk
word, soos by konvensionele ploegaksies. Argentynse ondervinding
bevestig die stelling.
Insekte
Die bedekking van die grond deur oesreste in bewaringsboerdery skep
‘n gunstige omgewing vir die oorlewing en aanwas van sommige insek-
soorte. Dit is nie net skadeveroorsakende insekte wat begunstig
word nie, maar ook predatore. Die spesiesamestelling van insekte in
bewaringsboerdery lyk gewoonlik anders as dié van konvensioneel-
bewerkte gewasstelsels, maar is ook van ander veranderlikes afhanklik.
Dit bly egter raadsaam om voorsorgmaatreëls teen bekende insekte,
soos snywurms, valsdraadwurms en doodhouertjies wat tydens opkoms
skade doen, te tref.
Aanpassings in praktyke
Dit is onbekend of aanpassings in aspekte soos die plantdigtheid en
rywydte met bewaringsboerdery nodig is. Indien sonneblom dieselfde as
mielies op bewaringsboerdery reageer, sal ‘n aanpassing van die huidige
praktyk van 0,9 m of wyer na nouer rye en ‘n hoër plantstand, waarskynlik
nodig wees.
Van die navorsing wat in die buiteland op hoofsaaklik kleigrond gedoen
is, toon dat die stikstofbemesting van sonneblom in bewaringsboerdery
hoër moet wees as dié onder konvensionele bewerking. Die grootte van
die aanpassing word egter nie genoem nie.
Op ons sanderige grond waarvan die natuurlike stikstofleweringsvermoë
relatief laag is, gaan die aanpassing waarskynlik belangrik wees vir
sukses met sonneblom in bewaringsboerdery. Dié aspek gaan eersdaags
aandag by die LNR-Instituut vir Graangewasse geniet.
Die omskakeling na bewaringsboerdery
Dit verg eerstens ‘n groot benaderingsaanpassing en ‘n aanpassing in
die denke van die produsent om na bewaringsboerdery om te skakel.
Gevestigde praktyke, soos bewerking en meganiese skoffelaksies, word
byvoorbeeld nie meer gevolg nie.
Onkruidbeheer wat ‘n bewaringsboerderybestuursproses eerder as
‘n resep van aksies is, stel nuwe vereistes aan die produsent. ‘n Groot
voordeel van bewaringsboerdery is die vermindering in die gebruik van
brandstof wat ongeveer 60% beloop en die gepaardgaande vermindering
aan onderhoud en belegging in byvoorbeeld trekkrag per hektaar. Die
enkele grootste voordeel van bewaringsboerdery is egter die potensiaal
wat dit het om die grond te bewaar, die kwaliteit daarvan te herstel en
volhoubare effektiewe produksie te verseker.
Rand devalueer 23%
sedert Januarie 2013
Dieselprys
½
12%
sedert Januarie 2013
Nou R2 650 000 + BTW
Was R3 160 000 + BTW
+
CLAAS Tucano 480
Koringtafel uitgesluit
KRY ADDISIONELE R100 000
IN JOU SAK OF TERUG OP DIE
BESTEL VAN JOU GERINGHOFF!
Agriculture
Pryse sluit BTW uit. Beperkte voorraad – aanbod geld terwyl voorraad hou of tot 31 Oktober 2013. Bepalings & voorwaardes geld
en is beskikbaar op aanvraag.
KONTAK ONS NOU VIR HIERDIE EN ANDER SPESIALE AANBIEDINGS
Gary Halvorsen: 079 692 1478
Kantoorure (Lizel Jansen): 011 898 0487
SPESIALE
AANBOD
SLEGS TOT
31 OKTOBER
2013
OF SOLANK
VOORRAAD
HOU
PRODUKTIEF.
WINSGEWEND.
EFFEKTIEF.
1...,21,22,23,24,25,26,27,28,29,30 32,33,34,35,36,37,38,39,40,41,...116
Powered by FlippingBook