SA Grain October 2013 - page 34

Onkruidbeheer
Insette/Produksie
Oktober 2013
32
Ken jou onkruiddoder
PROF CHARLIE REINHARDT, BUITENGEWONE PROFESSOR: ONKRUIDWETENSKAP,
DEPARTEMENT PLANTPRODUKSIE EN GRONDKUNDE, UNIVERSITEIT VAN
PRETORIA; DEKAAN: VILLA ACADEMY
Lede van die imidasolinoongroep het merkwaardige onkruiddodende
eienskappe. Hulle beheer ‘n wye reeks gras- en breëblaaronkruide
teen baie lae dosisse en kan deur beide die loof en wortels van plante
opgeneem word.
Imazethapyr
gee selektiewe beheer van onkruide in verskeie peulgewasse
(droëbone, grondboneensojabone);
imazamox
isinSuid-Afrikageregistreer
in Clearfield kanola, sojabone, grondbone en peulplantweidings;
imazapyr
+
imazamox
in Clearfield sonneblom;
imazapyr
alleen is geregistreer vir
beheer van een- en meerjarige onkruide in nie-gewassituasies.
Die imidasolinoon en sulfonielureum (sien Deel 8) onkruiddodergroepe
se ontwikkeling was uniek omdat, vir die eerste keer, ‘n spesifieke ensiem
in plante vir inhibering geteiken is. Die hoogs spesifieke meganisme van
werking van hierdie onkruiddoders het toediening van ongekende lae
dosisse moontlik gemaak.
Daarna het dit toenemend moeiliker geraak om nuwe onkruiddoders
te ontwikkel en dit is nog moeiliker om een met ‘n unieke wyse van
werking te ontdek. Gedurende die periode 1984 tot 1988 het gemiddeld
sewe nuwe onkruiddoders per jaar die lig gesien. Hierdie bloeitydperk
in die ontwikkeling van nuwe onkruiddoders, het kompetisie in die land-
bouchemiese industrie veroorsaak wat goed was vir gewasprodusente
en die man op straat, aangesien dit aanleiding gegee het tot die dalende
pryse van onkruiddoderprodukte en sekere primêre voedselsoorte.
Deesdae is dit nodig om gemiddeld 500 000 middels te toets om een
potensiële nuwe onkruiddoder op te lewer (500 000:1). In die 1940s was
die verhouding 500:1 en in die 1980s was dit 20 000:1. Die afgelope
ongeveer 20 jaar is daar geen splinternuwe sintetiese onkruiddoder of
onkruiddodergroep ontdek en tot ‘n kommersiële produk ontwikkel nie.
Dit is nie alleenlik moeiliker om met nuwe chemie vorendag te kom nie;
enorme koste moet hedendaags deur landbouchemiese maatskappye
aangegaan word in die ontdekking, ontwikkeling en kommersialisering
van nuwe plaag- en onkruiddoders. Die toenemend sterker fokus van
regulatoriese owerhede op menslike toksisiteit en die omgewingsimpak
van nuwe middels en hul residu’s jaag koste geweldig op.
Geskiedenis
Die imidasolinoongroep onkruiddoders is in die jare sewentigs en tagtigs
ontwikkel. Net soos onkruiddoders in die sulfonielureumgroep, inhibeer
die imidasolinone die ensiem asetolaktaatsintase (ALS) in gevoelige plante.
Die teiken van ‘n spesifieke ensiem of ensieme in plante vir inhibering deur
onkruiddoders, het destyds ‘n nuwe tydvak in chemiese onkruidbeheer
ingelui; waar dosisse van onkruiddoders voorheen in kilogramme per
hektaar gemeet is, was gram hoeveelhede nodig vir goeie onkruidbeheer
in die geval van imidasolinoon- en sulfonielureum-onkruiddoders.
Om mielies te ontwikkel wat verdraagsaam teenoor imidasolinone is,
is daar in 1982 met navorsing in ‘n weefselkultuur-laboratorium begin
en in 1992 is die eerste mieliekultivars met verdraagsaamheid teenoor
imazethapyr
en ander imidasolinone vrygestel onder die naam IMI-mielies,
wat later bekend geword het as Clearfield® mielies en deesdae Clearfield
Plus mielies.
Benewens mielies, is daar in die wêreldsaadmark ook Clearfield en
Clearfield Plus gars, koring, oliesaadraap (kanola), rys en sonneblom
beskikbaar. In die geval van Clearfield koring, kanola en rys, het
ontwikkeling in die laboratorium begin deur gewassaad met chemikalieë
te behandel wat genetiese mutasies veroorsaak. Daarna is die mutasies
in gewasvariëteite ingebou deur middel van konvensionele plantteling.
Ten spyte daarvan dat genetiese manipulasie by die ontwikkeling van
Clearfield gewasse betrokke is, is regulatoriese beperkinge op gewasse
wat op hierdie wyse ontwikkel is, aansienlik minder as in die geval van
transgeniese gewasse (byvoorbeeld Roundup Ready® gewasse). ‘n
Voorbeeld van hierdie diskriminasie op grond van tegnologietipes, is
die beskikbaarheid sedert 2001 van Clearfield Plus koring en rys, terwyl
Roundup Ready koring en rys steeds nie kommersieel beskikbaar is nie,
ten spyte daarvan dat dit lankal reeds ontwikkel is.
Wyse van werking
Verdraagsaamheid van gewasse teenoor onkruiddoders, word op basies
drie maniere verkry:
Weerstand by die onkruiddoder se setel van werking in die gewas
(Clearfield en Roundup Ready gewasse).
Metaboliese detoksifisering nadat die gewas die onkruiddoder
opgeneem het (natuurlike meganisme wat maak dat sekere
onkruiddoders selektiewe werking het).
Translokasie van die onkruiddoder binne-in die gewasplant word tot
so ‘n mate belemmer dat die onkruiddoder óf nie by die setel van
werking uitkom nie, óf nie in genoegsame hoeveelhede daar uitkom
om ‘n toksiese uitwerking op die plant te hê nie (dit dra by tot die
selektiwiteit van onkruiddoders).
Imidasolinoongroep wat insluit
imazethapyr
,
imazapyr
en
imazamox
Deel 13
1...,24,25,26,27,28,29,30,31,32,33 35,36,37,38,39,40,41,42,43,44,...116
Powered by FlippingBook