SA Grain October 2013 - page 33

Werktuie
Insette/Produksie
Produk-inligting
Tubestone Loyalty Club:
Spesiaal vir getroue kliënte ontwerp
JEAN-MARÉ THERON, DIGITALE SKAKEL EN KLIËNTE LOJALITEIT, TUBESTONE
Tubestone is ‘n bande- en binnebandverspreidingsmaatskappy, met hul
hoofkantoor gebaseer in Kaapstad. Tubestone is al meer as twaalf jaar in
die bedryf en hulle wye reeks produkte sluit OTR-, industriële, landbou-,
implement-, trok- en passasiersbande in.
Dié bandeverspreiders is baie trots om hul nuwe Tubestone Loyalty Club
(TLC) program aan te kondig. Hierdie program is ‘n vergoedingsprogram,
spesiaal ontwerp vir hul lojale kliënte.
Punte word verwerf wanneer ‘n kliënt ‘n BKT-produk by ‘n deelnemende
TLC-handelaar aankoop. Die TLC-punte dien dan as afslag op toekomstige
aankope transaksies op enige BKT- en/of Nankang-produk. Punte is soos
geld terug in die kliënt se sak.
Die TLC-program is hierdie jaar by Graan SA se NAMPO Oesdag aan die
publiek bekend gestel. Daar is alreeds oor die 300 deelnemende TLC-
handelaars en meer as 400 geregistreerde TLC-lidmate. Hierdie syfers
groei by die dag.
Hoe om te registreer vir die TLC-program?
Besoek die Tubestone webtuiste:
en registreer
vir die lojaliteitsprogram deur na die TLC-skakel te gaan en die nodige
besonderhede in te vul. ‘n E-pos sal gestuur word met die bevestiging
as die registrasie suksesvol was en daarna word die nuwe lidmaat se
verwelkomingspakket, wat die lidmaat se kaart insluit, gestuur.
Hoe verdien ‘n mens punte?
Elke keer wat jy van ‘n deelnemende handelaar BKT-produkte aankoop,
verdien jy punte op jou kaart. Elke verskillende produk het ‘n puntewaarde
wat gelykstaande is aan ‘n sekere bedrag. Alle BKT-produkte tesame met
hul puntwaarde is gelys en sigbaar op die webtuiste. Al wat die kliënt
moet doen, is om die faktuur vir Tubestone binne een maand van aankope
te stuur.
Hoe om punte te gebruik met ‘n
geskenkbewys?
Die kliënte kan enige tyd hul punte gebruik om BKT- en/of Nankang-
produkte aan te koop. Al wat die kliënt moet doen is inteken op sy/haar
TLC-rekening by
en die maklike stappe volg om ‘n
geskenkbewys te bekom. Wanneer die geskenkbewys gedruk is, is daar
30 dae beskikbaar om dit te gebruik. Slegs jou TLC-lidmaatkaart en ‘n
identiteitsdokument of bestuurderslisensie moet saamgeneem word na
die deelnemende handelaar van die kliënt se keuse.
Hoe om jou punte te gebruik sonder ‘n
geskenkbewys?
Indien dit nie moontlik is om ‘n geskenkbewys uit te druk nie, is dit steeds
net so maklik om jou punte te benut. Ons handelaars is meer as gewillig
om TLC-lidmate uit te help en die geskenkbewyse kan deur die handelaar
vir die kliënt uitgedruk word.
Alle verdere inligting, terme en voorwaardes is beskikbaar op ons webtuiste.
Grootste invoerder van OTR bande
Tubestone, tesame met BKT-bande, is een van die grootste invoerders
van
off the road
(OTR) bande in Suid-Afrika. BKT is een van die wêreld
se voorste vervaardigers van
off highway tyres
en spog met die grootste
produkreeks.
BKT is ook die verskaffers van
original equipment
(OE) kliënte en het
onlangs met John Deere in Europa ‘n kontrak gesluit. BKT is gebaseer in
Indië en is baie trots om bekend te staan as ‘n een-stopwinkel vir alle band-
benodighede. Dié maatskappy dien meer as 120 lande op vyf kontinente.
Die bemarking van BKT-bande in die landbou en industriële sektore, word
nou al vir meer as nege jaar deur Tubestone behartig met ongelooflike
resultate. Verbruikers lewer gewoonlik die strengste kritiek en sal beslis
nie twee keer ‘n minderwaardige produk koop nie. Daarom dat BKT se
bande teen die hoogste standaarde getoets word om te verseker dat die
verbruiker die beste moontlike produk kry.
Buiten BKT, is Tubestone ook die verspreider van Nankang bande.
Nankang is ‘n wêreldbekende handelsmerk en een van die leiers in die
bandesektor. Nankang se reputasie vertel van ‘n hoëkwaliteit, premium
band wat teen billike pryse te koop is. Nankang bande se navorsingspan
streef daarna om aanhoudend te groei en te verbeter soos tegnologie
dit toelaat.
Al Tubestone se kliënte word aangespoor om aan te sluit by die TLC-
program, sodat hulle die geleentheid kan kry om die vergoeding te geniet
vir hul jare se ondersteuning.
31
October 2013
Die TLC-program is hierdie jaar by
Graan SA se NAMPO Oesdag met
groot sukses bekend gestel.
1...,23,24,25,26,27,28,29,30,31,32 34,35,36,37,38,39,40,41,42,43,...116
Powered by FlippingBook