SA Grain October 2013 - page 37

Siektes
Insette/Produksie
HOUTSKOOLVROT
– ‘n prominente stamvrot in die mielieproduksie van 2012/2013
MARYKE CRAVEN, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGE-
WASSE, POTCHEFSTROOM
Gedurende die afgelope seisoen het die
meerderheid navrae rakende stamvrotte met
houtskoolvrot te make gehad. Hierdie stamvrot
wat die stamweefsel kenmerkend grys/swart
verkleur, het ‘n wye gasheerreeks wat dit
moeilik maak om die siekte met wisselbou
te bestuur aangesien dit op algemene
wisselbougewasse, soos sonneblom, sorghum
en sojabone, ook ‘n prominente siekte is.
Weens die wydverspreide voorkoms van
die siekte die afgelope seisoen, wil baie
produsente weet wat hulle te doen staan om te
verhoed dat hulle nie weer in dieselfde situasie
beland gedurende die komende seisoen nie.
Om te verstaan waarom houtskoolvrot so
prominent was die afgelope seisoen, is dit
eerstens belangrik om te besef dat stamvrotte
oor die algemeen ontstaan sodra die plant
onder stremming geplaas word. Die primêre
doel van ‘n mielieplant is om sy koppe effektief
en voldoende te vul.
As die plant egter omeen of ander rede gestrem
word en nie meer in staat is om die nodige
koolhidrate vir die vul van die koppe te genereer
nie, begin dit om van die koolhidraatreserwes
in die stam te hermobiliseer sodat daar aan die
fisiologiese vereistes van die ontwikkelende
koppe voldoen kan word.
Verlaagde koolhidraatreserwe-konsentrasies
in die stam word nou ‘n beperkende faktor vir
die instandhouding van die wortelweefsel en
die wortels se algehele gesondheid verswak.
Die verswakte toestand van die wortels en
stam verhoog die moontlikheid dat wortel- en
stamvrot kan intree.
Baie stamvrotpatogene is dus eintlik oppor-
tunistiese indringers wat op plantmateriaal
parasiteer wat besig is om af te sterf. Van
al die stampatogene kom
Macrophomina
phaseolina
, wat houtskoolvrot veroorsaak,
die algemeenste onder warm en droë toestan-
de voor. Die droogtetoestande en hoë tem-
perature wat die afgelope seisoen voorgekom
het, was dus uiters gunstig vir hierdie spesifieke
siekte om te onwikkel.
Die patogeen beweeg via die wortels na die
stam. Die grys/swart verkleuring (
Foto 1a
) van
die stamweefsel kan waargeneem word sodra
aangetaste plante oopgesny word. By nadere
ondersoek kan die klein, swart sklerotia op
die vaatweefsels van die aangetaste plante
waargeneem word (
Foto 1b
).
Dit is soms moeilik om te bevestig of
M. phaseolina
(houtskoolvrot) die primêre pato-
geen was en of dit eerder sekondêr ingekom
het, soos wat in
Foto 2
voorgestel word.
Die pienk verkleuring wat op die wortels
(Foto 2) en krone van die mielieplant voorkom,
skep die indruk dat
Fusarium graminearum
wat Gibberella wortel-, kroon- en stamvrot
veroorsaak, eerste die plant geïnfekteer het.
Hierdie infeksie kon moontlik die plant verder
gepredisponeer het vir houtskoolvrot-infeksie.
Dit impliseer dat die houtskoolvrot dalk nie
sou voorgekom het as die Fusarium nie eerste
ingekom en die plant onder stremming geplaas
het nie. Deur die Fusariumprobleem dus eerste
by middele van wisselbou aan te spreek, kan
die houtskoolvrot tot ‘n mate beheer word.
Houtskoolvrotbeheer
Omdat alle stamvrotte stremmingsverwant
is, is hulle bestuur en beheer byna dieselfde.
Weens die wye gasheerreeks van
M. phaseolina
(houtskoolvrot,
Foto 3
) sal wisselbou nie
dieselfde impak hê as byvoorbeeld Diplodia
stamvrot nie (
Foto 4
).
Omdat die veroorsakende organisme van
Diplodia stamvrot (
Stenocarpella maydis
) net
35
October 2013
Foto 1: Houtskoolvrot (a) en sklerotia (b) wat op die vaatweefsel gevorm word.
Foto: S. Tweer
Foto 2: Infeksies deur beide
Fusarium graminearum
(Gibberella wortel-, kroon- en
stamvrot) en
Macrophomina phaseolina
(houtskoolvrot).
Vervolg op bladsy 36
1
2
1...,27,28,29,30,31,32,33,34,35,36 38,39,40,41,42,43,44,45,46,47,...116
Powered by FlippingBook