SA Grain October 2013 - page 23

Bewaringsboerdery
Insette/Produksie
‘n Oorsig oor die tweede jaar van
direkte plant proewe
in Suid-Afrika
PIETMAN BOTHA, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Na aanleiding van die ooreenkoms tussen Graan SA en die National
Institute for Agricultural Technology in Argentinië (INTA) in samewerking
met die Argentynse Kamer Van Implementvervaardigers (CAFMA) en
Fundación Cideter (‘n stigting wat implementnavorsing en -ontwikkeling
en tegniese ondersteuning aan implementvervaardigers bied) is die
tweede reeks direkte plant (
no-till
in oesreste) proewe in Suid-Afrika
aangeplant.
Plaaslike insetverskaffers, naamlik: Pannar, Syngenta, MBFI en Omnia,
het die direkte insette vir hierdie amptelike proewe goedgunstiglik
verskaf. Die landboubesighede se landboudienste-afdelings asook
die Landbounavorsingsraad (LNR) het ook deel uitgemaak van hierdie
proewe en gaan ‘n belangrike rol speel in die uitvoer asook die uitdra van
die tegnologie.
Die hoofdoel van die stelselproewe bly om die direkte plant (
no-till
in
oesreste) praktyke wat in Argentinië toegepas word:
teen die huidige Suid-Afrikaanse praktyke te toets en te sien of dit
werk; en
pas te maak vir Suid-Afrikaanse omstandighede.
Daar is ooreengekom om vier amptelike proewe wat ten minste oor ‘n
periode van vyf jaar strek, op die volgende plekke aan te plant, naamlik:
Nigel – wat die koeler oostelike gedeelte van die land verteenwoordig;
Lichtenburg – wat die warmer westelike gedeelte verteenwoordig;
Odendaalsrus – wat die watertafelgronde verteenwoordig; en
Settlers – wat die Springbokvlakte en swaar turfgrond verteen-
woordig.
Daar is egter ‘n paar ander proewe ook aangeplant by:
Wonderfontein;
Bultfontein – op die sand en watertafelgronde;
Koster – om te sien of die planter in permanente weiding kan plant
Die LNR-Instituut vir Graangewasse in Potchefstroom; en
Bethlehem – om die Oos-Vrystaat te verteenwoordig.
Ten einde hierdie doelwitte te bereik, is besluit dat ‘n proef ongeveer
10 ha groot sal wees. Die proewe bestaan uit ‘n konvensionele
gedeelte wat die medewerker se bestaande praktyk insluit en dan die
direkte plant (
no-till
in oesreste) soos deur die Argentyne voorgestel.
Wisselbougewasse is ook ingesluit en bestaan uit sonneblom, sojabone,
koring asook permanente aangeplante weiding.
In die direkte plant (
no-till
in oesreste) gedeelte is ‘n enkelkoppige,
enkelstammige mieliekultivar teen verskillende plantestande aangeplant.
Die rywydtes het ook gevarieer en die volgende rywydtes is aangeplant,
naamlik: 0,52 m rye; 0,9 m rye; 1,5 m rye asook ‘n 2,4 m ryspasiëring.
Die sonneblom- en sojaboonaanplantings het verskillende kultivars met
verskillende groeilengtes asook verskillende plantestande ingesluit en is
ook in 0,52 m en 0,9 m rye aangeplant.
Die plantestand van die mielies in die direkte plant (
no-till
in oesreste)
gedeeltes, het vanaf 37 000 tot so hoog as 80 000 gewissel. Dieselfde
bemesting- en onkruiddoderprogram is by alle gewasbehandelings per
lokaliteit toegepas, behalwe in Nigel waar die hoër plantestande hoër
bemestingspyle ontvang het.
Van die staanspoor af was daar baie verskille tussen die konvensionele
stelsel en die Argentynse direkte plant stelsels. Die eerste waarneming
was rondom die grondversteuring. Die Argentynse planters het merkbaar
minder versteuring van die grond veroorsaak. Tog het die turbo-kouters
die grond genoeg versteur sodat die saad op die regte diepte in die grond
geplaas kon word.
Wat verder opvallend was, is hoe gelyk die land is nadat dit met die
Argentynse planters geplant is. Daar is ook foute hier gemaak. Die proef op
Wonderfontein is ‘n voorbeeld van waar die planter nie reg gestel was nie.
21
October 2013
Vervolg op bladsy 22
Die effek van twee jaar tevore se rip is nog duidelik sigbaar. Alhoewel die plante beter vertoon het, was daar nie opbrengsverskille nie.
1...,13,14,15,16,17,18,19,20,21,22 24,25,26,27,28,29,30,31,32,33,...116
Powered by FlippingBook