SA Grain October 2013 - page 25

By die proef op Bultfontein, op die watertafelgronde, is daar ‘n baie
interessante waarneming gemaak. Die proef is geplant op ‘n blok waar
daar twee jaar gelede regstellings gemaak is en die verdigtingslae
opgehef is.
In die jaar voor die regstellings is die mielies in ‘n treinspoorsisteem
aangeplant, wat beteken dat twee rye 0,9 m uit mekaar geplant word,
opgevolg deur ‘n 2,1 m ry. Met die eerste oes ná die regstellings, is die
mielies in 1,5 m rye aangeplant, wat toe net plat gerol is en net so gelaat
is sodat die eerste direkte plant (
no till
in oesreste) geplant kon word.
Die eerste direkte plant (
no-till
in oesreste) gedeeltes is skuins oor
die rye geplant en kon die interessante waarnemings toe gemaak word.
Twee oeste terug se effek is nog sigbaar in hierdie oes. Alhoewel die
gewasse se hoogtes verskil het, was daar nie merkbare verskille in die
opbrengste nie.
Besondere waarnemings is ook deur die oorskadu-effek veroorsaak. Die
eerste was ten opsigte van die hoeveelheid vog beskikbaar vir die gewasse.
Hoe hoër die oorskadu, hoe meer vog was vir die plante beskikbaar.
Alhoewel die vogstudies nog nie afgehandel is nie, kon die waarneming
gemaak word dat daar meer vog in die bogrond by die hoër plantestande
waargeneem kon word. Daar word algemeen verwag dat dit baie warmer
moet wees waar die plantestand hoër is.
Interessant dat hoe hoër die plantestand, hoe laer is die temperatuur op
die grond. Hierdie waarneming is gemaak deur temperatuurmeters wat
op die grondoppervlakte aangebring is. Die verskille het gevarieer, maar
die hoër plantestandbehandelinge was regdeur die tyd laer.
Die belangrikste waarneming was dat daar iets in hierdie direkte plant
sisteem steek. Gegewe hierdie moeilike jaar was daar baie goeie stroper-
resultate ten gunste van direkte plant (
no till
in oesreste) gewees. Dit bly
‘n oop vraag of die resultate volgehou kan word, maar dat daar iets in
steek, is gewis. Die resultate het almal betrokke geskok en is gegewe die
jaar, ongelooflik goed. Om ‘n rekord vir die plaas op te stel en dit sonder
om te bewerk, wil gedoen wees.
Daar is ook kultivarsverskille in die stelsel waargeneem. Nie al die
kultivars presteer dieselfde nie. Sommige kultivars sal verseker nie in
hierdie sisteem inpas nie. Nog baie werk sal hieroor gedoen moet word.
Dit is ook belangrik om te sorg dat die turbo-kouter reg gestel is. Die
turbo-kouter moet deur die eerste paar verdigtingslae kan sny sodat daar
‘n dieper voor is waarin die wortels kan ontwikkel. Die jong wortels van
veral sonneblom en sojabone is geneig om maklik te draai as daar nie vir
hulle ruimte is om in te ontwikkel nie.
Daar word beoog om boeredae by al die proewe te hou om sodoende
die inligting meer sinvol weer te gee. As daar enige vrae is, kan
Pietman Botha by 082 759 2991 gekontak word.
‘n Voorbeeld van die groei van direk geplante mielies en konvensionele mielies. Die persele se plantdatums het ongeveer agt dae verskil met die direk geplante
mielies nog gras groen en die konvensionele mielies besig om dood te gaan.
Produsente moet seker maak dat die saad op die regte diepte geplant word. ‘n Voorbeeld van ‘n plant wat te vlak geplant is en een wat die regte diepte geplant is.
23
October 2013
1...,15,16,17,18,19,20,21,22,23,24 26,27,28,29,30,31,32,33,34,35,...116
Powered by FlippingBook