SA Grain October 2013 - page 18

Lede-landskap
‘n 180°-blik op ons lede en tak-aktiwiteite
Manne van Schweizer-Reneke pak die komende
seisoen met nuwe ywer aan
Oktober 2013
16
HANS VAN DER BERG, LEDEBEMARKING- EN KOMMUNIKASIEBEAMPTE, GRAAN SA
Ongeag die uiters teleurstellende oeste in hierdie distrik, laat die manne
van Schweizer-Reneke hulle nie maklik onderkry nie en deur veral
die inisiatief van die jonger manne in hierdie gebied, is ‘n ripperdag in
Julie vanjaar gereël.
Vir baie van die jonger manne was dit heelwaarskynlik die eerste
teleurstellende oes, maar die ouer garde het in hulle wysheid, almal
daaraan herinner dat sulke gebeure wel op jou pad kom, maar dit beteken
nie noodwendig die einde van die pad nie.
Die doel van die dag was nie om die werking van die verskillende rippers
te demonstreer nie, maar om eerder te kyk wat die uitkoms en resultaat
van hul werking en aksie is. Voordat die manne egter na die lande beweeg
het, het mnr Johan Jordaan, van Omnia, aan produsente wenke gegee
oor bemesting, aangesien baie produsente reken hulle het oorbemes ten
opsigte van die huidige swak oes. Afgesien van dié aanbevelings, het
hy produsente ook daarop gewys dat goed gebalanseerde bemesting ‘n
goeie belegging is op kapitaal wat jy investeer.
Prof Alan Bennie (afgetrede professor van die Universiteit van die
Vrystaat) het tydens die geleentheid ook wenke gegee met betrekking
tot primêre grondbewerking en veral klem gelê op die onderskeie
voorgestelde werkdieptes vir verskillende grondsoorte en die redes
daarvoor. Hy het produsente ook daarop gewys dat hulle stopoorgange
van die los- na die vastegrond moet probeer vermy en dan is beheerde
spoorverkeer ook belangrik om vastrap van die grond te beheer.
Jozeph du Plessis, Graan SA-hoofbestuurslid vir
hierdie streek, het prof Alan Bennie bedank vir
werk wat hy die afgelope 30 jaar in dié streek ge-
doen het. Hy het ook ‘n beroep op produsente ge-
doen om georganiseerde landbou te bly ondersteun
en steeds deel te wees van die oplossing, aangesien
omstandighede buite die plaashek beïnvloed moet
word. Verder het hy ook daarop gewys dat hierdie
ripperdag ‘n tipiese voorbeeld is van die eise wat
aan produsente gestel word ten opsigte daarvan om
voortdurend meer doeltreffend te funksioneer.
Verskeie fabrikate rippers met verskillende aksies
is teenoor die rye in die land getrek waar hulle
voorheen gewerk het.
Prof Alan Bennie (bruin baadjie met gereedskap in
die hand), links, verduidelik aan omstanders dat
die penetrasieweerstand van grond afhanklik is
van digtheid en voginhoud asook die struktuur van
die grond.
Die manne in die “loopgrawe” is besig om aan om-
standers die resultaat van elke ripper se werkver-
rigting te toon.
Daar is nie slegs na die grondprofiel gekyk nie,
maar ook na die onderskeie rippers.
Pieter-Renier Nieuwoudt en Boeta van Wyk, onder-
skeidelik sekretaris en voorsitter van die Schweizer-
Reneke Studiegroep.
1...,8,9,10,11,12,13,14,15,16,17 19,20,21,22,23,24,25,26,27,28,...116
Powered by FlippingBook