SA Grain October 2013 - page 19

Terugvoer na afloop van streeksvergaderings
Spesiale streeksvergadering op Kameel
– 23 Julie 2013
HANS VAN DER BERG, LEDEBEMARKING- EN KOMMUNIKASIEBEAMPTE, GRAAN SA
Graan SA het tydens Augustus en September verskeie streeksvergade-
rings gehou waartydens produsente die geleentheid gehad het om hul
bekommernisse met Graan SA te deel.
Hierdie vergaderings wat jaarliks gehou word, is nie net ‘n geleentheid
waar produsente eerstehandse inligting ontvang aangaande Graan SA se
fokuspunte nie, maar ook ‘n geleentheid waar nuwe vriendskapsbande
gesmee word en bestaande bande verstewig word.
Dit is vir Graan SA van allergrootste belang om voortdurend kontak te
bewerkstellig met sy lede op grondvlak, want dit is inderdaad die belange
van hierdie lede wat deur Graan SA gedien word.
1: Geoff Allem, Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder: Graan SA),
Anthony Evans, Louw Steytler (voorsitter van Graan SA) en Jaap Steyn
tydens die vergadering wat op 26 Julie op Viljoenskroon plaasgevind het.
2: Produsente sit aandagtig en luister na Louw Steytler tydens die vergadering
op Bultfontein. Meer as 60 produsente het die vergadering bygewoon.
3: Graan SA het op 13 Augustus die vergadering van Agri Hertzogville
bygewoon. Hierdie boerevereniging is deur Vrystaat Landbou aangewys as
Boerevereniging van die Jaar, ‘n eer wat hul al vyf keer te beurt geval het.
Die vergadering is deur 53 produsente bygewoon en die aand is afgesluit
met ‘n heerlike braai. Marius Groenewald, voorsitter van Agri Hertzogville,
(tweede van links), saam met Hans van der Berg (ledebemarking- en
kommunikasiebeampte: Graan SA), Louw Steytler, Petru Fourie (ekonoom:
Bedryfsdienste, Graan SA) en Anton Botha (Graan SA-hoofbestuurslid van
Streek 20).
4: By die streeksvergadering op Piet Retief was die volgende produsente:
Connie Histermann, Kurt Thiele, Louw Steytler, Schalk Stapelberg
(voormalige Graan SA-hoofbestuurslid) en Hendrik Zeelie.
DIRK KOTZE, LEDEBEMARKING- EN KOMMUNIKASIEBEAMPTE, GRAAN SA
Op 23 Julie vanjaar het sowat 100 produsente opgedaag vir ‘n spesiale
streeksvergadering op Kameel.
Die droogte het hierdie gebied swaar getref en die produsente het
dit opreg waardeer dat Louw Steytler (voorsitter van Graan SA) en
Rona Beukes van die Nasionale Oesskattingskomitee hulle besoek het.
Beukes het ‘n volledige uiteensetting gegee van hoe daar by die oes-
skattings uitgekom word. Ná die vergadering het lede die geleentheid
gehad om op informele vlak met Beukes en Steytler te gesels en idees uit
te ruil.
Louw Steytler en lede luister na Rona Beukes van die Nasionale Oesskat-
tingskomitee tydens die streeksvergadering op Kameel.
1
2
3
4
17
October 2013
1...,9,10,11,12,13,14,15,16,17,18 20,21,22,23,24,25,26,27,28,29,...116
Powered by FlippingBook