SA Grain October 2013 - page 27

Wortel- en kroonvrot by mielies
onder bewaringsboerderystelsels
MARYKE CRAVEN, LNR-INSTITUUT VIR GRAANGEWASSE, POTCHEFSTROOM
Die deklaag wat met bewaringsboerderysisteme geassosieer word,
word vanuit ‘n patologie-oogpunt as die gevaarlikste aspek van sulke
sisteme beskou. Dit is weens die feit dat stoppel en plantreste as ‘n
inokulumbron van plantpatogene dien wat kan aanleiding gee tot die
verhoogde voorkoms van plantsiektes, veral waar mielies in monokultuur
verbou word.
Sedert die 2008/2009-seisoen, is die LNR-Instituut vir Graangewasse
(LNR-IGG) in Potchefstroom betrokke by ‘n omvattende navorsingsprojek
wat fokus op die vestiging van bewaringsboerderystelsels op twee
verskillende grondtipes, naamlik ‘n sanderige grond (‘n Avalon in die
Viljoenskroon-omgewing) en ‘n leemsandgrond (‘n Hutton in die Venters-
dorp-omgewing).
Een van die fasette waarop gefokus word, is die effek van sulke
praktyke op wortel- en kroonvrot asook die effek daarvan op belangrike
grondgedraagde plantpatogene.
Die 2012/2013-seisoen is weer eens gekenmerk deur ‘n droogte tydens
die tweede helfte van die seisoen. Die effek van hierdie droogteperiodes
op die wortels en krone van mielieplante by die onderskeie lokaliteite
het merkwaardig verskil. Die Viljoenskroon-proef was nie werklik onder-
hewig aan wortel- en kroonvrot nie. Wat die Ventersdorp-proef met
sy leemsandgrond betref, is daar egter wel ‘n paar noemenswaardige
waarnemings gemaak.
Verskeie publikasies rakende die toestande wat bydra tot die verhoogde
voorkoms van wortel-, kroon- en stamvrotte, is reeds in die verlede
geplaas. In ‘n neutedop behels dit dat hierdie spesifieke siektes met
stremmingstoestande geassosieer kan word.
Die beginsel is dat wanneer die plant weens een of ander stremming (soos
erge blaarinfeksies, vogstremming en gebrekkige grondvrugbaarheid)
nie meer in staat is om suikers self te produseer om sy koppe te vul nie,
dit suikers vanuit sy wortels, krone of stamme vir hierdie doel onttrek.
Hierdie onttrekking van suikers predisponeer die plant tot ‘n groter mate
van infeksie deur watter wortel-, kroon- of stamvrotpatogene ook al in die
omgewing voorkom.
Waarnemings wat die afgelope seisoen by die Ventersdorp-proef gemaak
is, demonstreer hierdie beginsel baie mooi.
Figuur 1
dui ‘n baie basiese
proefuitleg van die Ventersdorp-proef aan. Met die uitvoer van proewe,
is dit belangrik dat alle behandelings wat toegepas word, drie of meer
keer herhaal word. Die Ventersdorp-proef bestaan uit ses behandelings
of stelsels (wat nie hier aangedui is nie), wat vier keer herhaal word
(Figuur 1).
Wat van belang is, is dat die eerste herhaling ongeveer 50 m van ‘n
ry bloekombome geleë is. Deur die loop van die seisoen word plante
willekeurig op 21, 70 en 100 dae ná plant gemonster en geëvalueer vir
wortel- en kroonvrot voordat die wortel- en kroonstukkies uitgeplaat
word vir swam-identifikasiedoeleindes.
Met die 21 en 70 dae ná plant moniteringstye, was daar nie merkbare
verskille rakende die groei en stand van die plante tussen die verskil-
lende behandelings asook herhalings nie. Tydens die 100 dae ná plant
monitering, het plante van die eerste herhaling visueel merkbaar
swakker vertoon. Die aanvanklike aanname was dat die boomwortels
dié spesifieke herhaling gestroop het van vog en dus die effek van die
droogte vererger het.
Met die oopsny van die krone het dit egter duidelik geword dat kroonvrot
verantwoordelik was vir die merkbare agteruitgang van die plante.
25
October 2013
– die 2012/2013-navorsingsresultate
Figuur 1: Proefuitleg by ‘n Ven-
tersdorp-proef wat die impak
van waterstremmingstoestande,
teweeggebring deur boomwor-
tels, op kroonvrot aandui.
Bewaringsboerdery
Insette/Produksie
Vervolg op bladsy 26
1...,17,18,19,20,21,22,23,24,25,26 28,29,30,31,32,33,34,35,36,37,...116
Powered by FlippingBook