SA Grain October 2013 - page 24

Bewaringsboerdery
Insette/Produksie
Oktober 2013
22
Die plantestand en plante was merkwaardig swakker as die konvensionele
persele. Met die oes van die proewe was dit verbasend dat die opbrengste
tussen die persele nie dramaties verskil het nie.
Dit was opvallend om te sien hoe gelyk die gewasse wat met die
Argentynse planters geplant is, opgekom het en hoe presies die plante
gespasieer was. By die meerderheid van die proewe was die direkte plant
mielies op dag agt reeds 97% op en vergelyk dit met die konvensionele
stelsel, waar dit tot elf dae geneem het om ‘n 95% stand te kry.
Die hoë plantestand met die nouer rye was onkruid se moses. Die oor-
skadu-effek was net te groot en die laat ontkiemende onkruide het die
wind van voor gekry. Tog was dit ook opvallend hoeveel meer onkruide
daar in die bewerkte gedeeltes opgekom het, ongeag of die onkruiddoder
toegedien is. By die proef in Odendaalsrus is ‘n interessante waarneming
gemaak rakende die winteronkruide. Die proef kon eers laat gestroop
word omdat die stropertafel nie beskikbaar was nie en die winteronkruide
het hierdie staande mielies as beskutting gebruik om lekker te kon groei.
Wisselbou se effek het ook hier uitgestaan en die mielieopbrengste op
die gedeeltes wat met sojabone gewissel is, was soos verwag, beter.
By die Lichtenburg-proef het die mielies wat op sojaboon gevolg het, se
opbrengs baie beter as die konvensionele mielies gevaar. Die effek van
bedekking kon ook waargeneem word. ‘n Foto wat uit die lug geneem
is, toon duidelik hoe die gewasse verskil van waar daar bedekking was
teenoor waar daar nie was nie.
Wat die groei van die gewasse betref, is daar ook duidelike verskille waar-
geneem. Die gewasse wat in die direkte plant (
no-till
in oesreste) gedeeltes
geplant is, het heelwat stadiger as die konvensionele gewasse gegroei.
Tydens stroop was daar egter geen verskille tussen die stelsels nie.
Tydens die wortelondersoeke was daar ook opvallende verskille tussen
die stelsels. Die konvensionele stelsels se wortelverspreiding was oor
die algemeen dieper as die direkte plant stelsels. Daar was opmerklik ‘n
groter konsentrasie van wortels in die boonste vrugbare gedeeltes van
die grond by die direkte plant as by die konvensionele stelsels.
Tog is daar nêrens ‘n paradys sonder ‘n slang nie en hier het ons ook
interessantewaarnemings gemaak. Waar die grond te nat was tydens plant
en veral waar die oesreste baie dik was, het die planters se planterkouters
die grond gesmeer en geen wortel het deur hierdie laag beweeg nie. Die
gevolg was baie klein plante net langs groot plante. In hierdie stelsel is
die gebruik van ‘n duisendpoot om die bogrond los te maak, baie moeilik.
Vanjaar het ons by twee proewe ernstige standprobleme ondervind bloot
omdat daar kort na-plant ‘n baie harde reënbui oor die land uitgesak het
en daar ‘n kors gevorm het.
‘n Oorsig oor die tweede jaar van
direkte plant proewe...
Vervolg van bladsy 21
Produsente moet oppas om nie in té nat grond te plant nie. Die plantereenheidkouters kan moontlik die grond smeer en geen plantwortel sal deur die gesmeerde
grond groei nie. Die gevolg is dat die kompetisie te groot is vir die plant en dat dit uiteindelik wegkwyn.
‘n Foto van ‘n direkte plant perseel op ‘n jaar-op-jaar-blok met ‘n plantestand van ongeveer 45 000 plante per hektaar gedurende mid-Februarie se droogte.
Die droogte inaggenome, het hierdie mielies steeds ‘n goeie oes gelewer.
1...,14,15,16,17,18,19,20,21,22,23 25,26,27,28,29,30,31,32,33,34,...116
Powered by FlippingBook