SA Grain October 2013 - page 38

Siektes
Insette/Produksie
Oktober 2013
36
op mielies voorkom, kan die siekte redelik
maklik deur wisselbou met sonneblom of
sojabone beheer word.
Verder is dit belangrik om te besef dat
stamvrotte nooit ten volle beheer sal kan
word nie. Potensiële stamvrotskade kan egter
verminder word deur van ‘n geïntegreerde
beheerprogram gebruik te maak.
Die volgende fasette kan as riglyn gebruik
word:
Basterkeuse
Tans is daarmin inligtingbeskikbaar in terme van
mieliebasters met weerstand teen stamvrotte.
Basters kan egter ‘n genetiese voorsprong hê
deur ander eienskappe te besit wat veroorsaak
dat hulle nie aan spesifieke stremmings
onderhewig is nie. Weerstand teen blaarsiektes,
goeie stabiliteit, droogteweerstand asook ‘n
hoë-opbrengspotensiaal is eienskappe wat
‘n genetiese voorsprong aan basters gee en
stamvrotte dus indirek kan help beheer.
Grondvrugbaarheid
Navorsing het getoon dat ‘n gebalanseerde
beskikbaarheid van stikstof dwarsdeur die
seisoen die graad van stamvrot laat afneem. Hoë
vlakke van stikstof gevolg deur ‘n gebrek daaraan
wat deur loging of denitrifisering veroorsaak
word, kan egter moontlik die voorkoms van
stamvrotte dramaties laat toeneem.
Aangesien kalium (K) ‘n belangrike rol
speel by die hele fotosinteseproses van die
plant, sal ‘n gebrek aan K daartoe lei dat die
fotosintesetempo van die plant laer sal wees. As
die fotosintesetempo van die plant afneem, sal
die plant genoodsaak word om die noodsaaklike
koolhidrate wat vir die vul van die koppe
benodig word, van die stamme te verhaal. Die
stamme en die wortels verswak dan en skep ‘n
geleentheid vir plantpatogene om te infekteer.
Plaagbeheer
Beheer stamboorders en enige ander insek wat
die stam kan beskadig. Dit is noodsaaklik dat
plante insekvry moet wees voordat die plant
pluim stoot omdat stamrusperinfestasies ná
die pluimperiode baie moeilik beheerbaar is.
Onkruide en blaarsiektes moet ook vroegtydig
beheer word om te voorkom dat die plant
onder stremming kom.
Plantdigtheid
Produsente moet hou by die aanbevole
plantdigtheid vir ‘n spesifieke land wat
bepaal word deur die gekose baster, grond-
vrugbaarheid, beskikbare grondvog en
produksiepotensiaal. As die plante geplant
word teen ‘n digtheid wat hoër is as die
aanbevole digthede en in nouer rywydtes,
word toestande geskep wat die plant onder
stremming plaas.
Wisselbouengrondbewerking
Alhoewel wisselbou nie vir houtskoolvrot
sal help nie, sal dit tog help om ander
stamvrotpatogene te bestuur. Plantreste word
oor die algemeen beskou as ‘n belangrike bron
van inokulum. Deur dit dus te verwyder, kan
dit teoreties help om die siektevoorkoms te
beperk.
Een van die voordele wat egter deur die
deklaag onder bewaringsboerdery gelys word,
is die feit dat dit vog beter in die grond behou
en bydra tot beter vogbeskikbaarheid vir die
plant later in die seisoen.
Besproeiingskedules
Dit is belangrik dat daar by besproeiingskedules
gehou word sodat grondvog nie ‘n probleem
word en die plante onder stremming geplaas
word nie – veral gedurende die periode van
stuifmeelstorting, totdat die koppe fisiologies
ryp is. Wanneer besproeiing gestaak word
voordat graanvulling voltooi is, is stamvrotte
geneig om meer voor te kom.
Monitering
Die beste manier om die voorkoms van siektes
te bepaal, is steeds die weeklikse inspeksie
van lande. Produsente moet hul lande vir
stamvrotte begin inspekteer sodra die graan
30% - 40% vog bereik. ‘n Land kan effektief
gemonitor word deur in ‘n sigsag-patroon
deur die land te beweeg, terwyl die digtheid
of fermheid van die stamme net onder die
onderste node getoets word. Indien daar
duidelike tekens is van ‘n probleem, moet die
land so gou moontlik gestroop word.
Produsente is welkom om Maryke Craven te
kontak by die LNR-IGG in Potchefstroom vir
enige verdere navrae, by 018 299 6100.
Foto 3: Deursnit van stam wat met
Macrophomina phaseolina
geïnfekteer is.
Foto 4: Diplodia stamvrot.
Foto: FJ Kloppers
Vervolg van bladsy 35
HOUTSKOOLVROT
– ‘n prominente stamvrot in die mielieproduksie van 2012/2013
3
4
1...,28,29,30,31,32,33,34,35,36,37 39,40,41,42,43,44,45,46,47,48,...116
Powered by FlippingBook