SA Graan November 2013 - page 67

Energiekoste en
doeltreffendheid
van besproeiing
65
November 2013
Fokus op water en energie
JAPIE KRYNAUW, NAMENS AGRIPLAS
In die meeste gevalle word die grootste ener-
giekoste op besproeiingsplase met die pomp
van water geassosieer. Deur ‘n besproeiing-
stelsel te bedryf wat effektief werk, vind opti-
male verbruik van energie plaas, wat onnodige
spandering op elektrisiteitskoste verlaag.
Behoorlike beplanning en ontwerp van ‘n be-
sproeiingstelsel moet poog om ‘n geoptimali-
seerde oplossing aan die produsent te bied. In
die verlede het die kapitale koste van besproei-
ingstelsels swaarder geweeg as die energie-
verbruiksdoeltreffendheid weens die lae koste
van elektrisiteit.
Met die hoë elektriese tariewe wat egter van-
dag van krag is, het hierdie siening verander en
kan daar gemotiveer word om meer te span-
deer op die kapitale koste vir ‘n stelsel met ver-
hoogde energieverbruiksdoeltreffendheid.
‘n Laer kapitale koste wat tipies met kleiner
pypdiameters geassosieer word, vereis ‘n gro-
ter stelseldruk om drukverliese te akkommo-
deer wat volg uit hoër wrywing in die kleiner
pypdiameters. Die hoër druk vereis meer dry-
wing op die pompstel en die resultaat daarvan
is verhoogde elektrisiteitsverbruik. Die omge-
keerde is egter ook van toepassing.
Die balans tussen kapitale spandering en ener-
giekoste word geïllustreer in
Grafiek 1
en toon
die optimale punt wat bestaan tussen delging
van kapitaal en lopende energiekoste.
Vanuit ‘n energieverbruiksperspektief, is die
parameters wat bepalend is vir die drywing (of
kilowatt behoefte) van ‘n pomp, die volgende:
Vloeitempo (liter/s)
Stelseldruk (m)
Pompdoeltreffendheid (%)
Vir bestaande stelsels kan effektiewe
stelselonderhoud reeds ‘n bydrae maak om
energiekoste te verlaag. Verweerde pomp-
stuwers, pyplekkasies en verstopte filtrering-
stelsels beïnvloed watervloei en stelseldruk
wat ‘n pomp se dienspunt negatief affekteer,
doeltreffendheid verlaag en elektrisiteitskoste
verhoog. Verandering van pyplyndiameters
kan ook ondersoek word, wat drukvereistes
kan verlaag.
Vir nuwe stelsels is daar die geleentheid om ‘n
stelsel vanuit die staanspoor energiedoeltref-
fend te beplan en ontwerp. Keuses rondom die
tipiese aspekte wat ‘n impak het op effektiewe
energieverbruik, sluit in:
Tipe besproeiingstelsel in terme van be-
sproeiingsdoeltreffendheid en werksdruk
Grootte van pyplyne wat stelseldruk beïn-
vloed
Verdampingsverliese in stoordamme wat
ekstra pomp-ure vereis
Keuse van pomp-eenhede met hoë
doeltreffendheid vir die bepaalde diens-
punt
Skakeltuig wat aanvanklike elektrisiteits-
behoefte met die aanskakel van elektriese
motors kan verminder asook vir verande-
rende druk en vloeibehoeftes voorsiening
maak
In die beplanning van nuwe besproeiingsin-
frastruktuur of tydens die aanpassing daarvan,
moet oorweging gegee word aan agrono-
miese, hidrouliese en bestuurskriteria as ba-
sis waarop bogenoemde keuses moet berus.
Agronomiese kriteria neem gewaskeuse,
plantpopulasie, produksiearea en klimaatsone
vir die bepaling van gewaswaterbehoeftes in
ag. Dié kriteria akkommodeer ook verskille in
grondtipe, wat waterhouvermoë, infiltrasie-
tempo en dreinering betref.
Hidrouliese kriteria oorweeg die tegniese
aspekte van die gedrag van water in pype en
ander komponente wat voorkom in besproei-
ingsinfrastruktuur, soos kleppe, filters en pom-
pe om watertoediening optimaal te voorsien
binne die agronomiese beperkings.
Plaasbestuurkriteria oorweeg die tye van be-
sproeiing en die vlak van arbeidsinsette waar-
mee die stelsel bedryf word.
Buiten die beplanning van energiedoeltreffende
stelsels, is daar ook onmiddellike besparings
moontlik vir produksie-eenhede wat onder die
Ruraflex-tarief van Eskom bedryf word.
Ruraflex-tariewe word deur Eskom aangebied
in drie tariewe wat ‘n week se totale ure van
168 benut, soos uiteengesit in
Figuur 1
. Anders
voorgestel neem die tariewe die volgende ure
in beslag per week, soos aangedui in
Tabel 1
.
Die tariewe varieer met spits as duurste, en
buite spits as goedkoopste tarief, en word
aangebied met verhoogde tariewe in ‘n hoë
aanvraag-periode (Junie tot Augustus) en laer
tariewe in ‘n lae aanvraag-periode (September
tot Mei). Die nuutste Eskomtariewe is beskik-
baar op hulle webtuiste by
.
‘n Besproeiingstelsel wat dus onder die Rura-
flex-tariewe bedryf word en oor die vermoë
beskik om in so min as 81 ure van ‘n week, die
totale water wat benodig word, kan toedien,
kan deurgaans binne die buite spitstarief werk.
Dit sal die goedkoopste elektrisiteitsrekening
oplewer.
Indien aanpassings aan besproeiing oorweeg
word om oor ‘n korter periode te besproei, bly
dit belangrik om die agronomiese, hidrouliese
en bestuursaspekte in ag te neem. ‘n Gebalan-
seerde benadering deur genoemde aspekte te
oorweeg, sal voorkom dat produksie deur an-
der aspekte negatief beïnvloed word wanneer
daar gefokus word op die besparing van elek-
trisiteitskoste.
Veranderende tendense, veral rondom toe-
name in energiekoste, vereis dat die ontwik-
keling van bedryfstelsels moet fokus op
energiedoeltreffendheid. Deur goed ingelig te
wees en behoorlik te beplan, kan produksie
onder besproeiing meer koste-effektief ge-
doen word.
Doen navraag by jou naaste besproeiingshan-
delaar oor Agriplas-produkte.
Tarief
Ure per week % week
Spits
25
14,9
Standaard 62
36,9
Buite spits
81
48,2
Figuur 1: Eskom se Ruraflex-tariewe.
Grafiek 1: Die optimale punt tussen die delging van
kapitale en lopende energiekoste.
Produk-inligting
TABEL 1: RURAFLEX-TARIEWE PER WEEK.
SA Graan/Sasol Nitro
fotokompetisie
1...,57,58,59,60,61,62,63,64,65,66 68,69,70,71,72,73,74,75,76,77,...100
Powered by FlippingBook