SA Grain March 2014 - page 51

49
March 2014
Aanpassingsvermoë, meerkoppigheid, droogteverdraagsaamheid
en siekteweerstand word ook ingeteel, afhangende van die
produksiegebied se prioriteite. Daarna volg deeglike toetsing en
posisionering – en hiervoor plant Pioneer in Suid-Afrika elke jaar
meer as 600 proewe op plase regoor die mielieproduserende
gebiede. Daardeur kry produsente die regte produk vir elke hektaar,
en maksimum wins op elke hektaar.
Nuwe tegnologie
Die proefplaas naby Delmas is ingerig as tegnologiesentrum om
die hele kontinent te kan bedien. Molekulêre teling word ingespan
om byvoorbeeld die roesweerstandsgene in lyne vas te lê. Die
dubbelhaploïed-metode is nog ‘n tegnologie wat gebruik word om
die nodige intelingsgenerasies binne 20 maande te doen – ‘n proses
wat voorheen etlike jare geneem het.
Die gevolg is dat produsente baie vinniger nuwe, verbeterde kultivars
kan verwag, wat ook meer akkuraat getoets is as ooit tevore. Hierdie
tegnologie vind ook byvoorbeeld uitdrukking in kultivars met beter
droogteverdraagsaamheid.
Pioneer bedryf tans die grootste insektarium in Afrika, waar
nuwe alternatiewe teen die Afrika stronkboorder getoets word.
Die maatskappy volg voorts ‘n holistiese benadering om die
volhoubaarheid van tegnologieë te verseker, met programme soos
geïntegreerde plaagbeheer (IPM) vir die effektiewe en volhoubare
beheer van stronkboorders.
Siektes wat weer hul verskyning maak
Hier is dit veral bekende siektes wat nuut in sekere gebiede voorkom
wat van belang is.
Bruinroes, witroes en grysblaarvlek is steeds blaarsiektes wat
groot oesverliese kan veroorsaak en Pioneer se teelprogram put
uit wêreldwye bronne van weerstandsgene om te selekteer vir
weerstand hierteen.
Benewens die selektering van genetiese materiaal wat goeie stam-
en wortelvrotweerstand bied, word kopvrotte, soos Diplodia, baie
aktief as seleksiekriteria in Pioneer se teelprogram gebruik, deur
byvoorbeeld kunsmatige besmettings te doen van die siekte.
Sensako
– FRANCOIS KOEKEMOER,
Sensako
Die afskaling van droëlandkoringproduksie veral in die Vrystaat,
plaas druk op die uitgebreide ontwikkeling van kultivars vir dié
mark. Verskeie kultivars met goeie aanpasbaarheid, opbrengs en
gewenste kwaliteits- en siekte-eienskappe is alreeds oor verskeie
seisoene getoets in dié produksiegebied en nuwe kultivars word
binnekort beskikbaar gestel vir kommersiële produksie.
Kultivars
Winterkoring: SST 387, SST 317 en SST 316
Besproeiing: SST 884, SST 895 en SST 875,
SST 867 en SST 866
Winterreënvalstreek: SST 087 en SST 056
Nuwe kultivars: SST 0127 (2015), SST 096 (2017),
SST 017 (2016/2017) en SST 0137 (2016/2017)
Nuwe genetiese materiaal is in die hawerprogram getoets vir
graan- sowel as weidingsgebruike, en nuwe kultivars sal binnekort
beskikbaar wees.
Diversifikasie
Die teelprogramme is uitgebrei om mielie-, sonneblom- en
sojaboonkultivars te ontwikkel. Die fokus is op konvensionele
kultivars vir spesifieke nismarkte. Aansoek om planttelersregte
vir twee witmieliekultivars asook vyf sojaboonkultivars is alreeds
gedoen. Sojaboonkultivars vanaf ‘n internasionale planteteel-
maatskappy is in plaaslike omstandighede getoets, met goeie
opbrengsprestasies.
Fokus
Die fokus bly steeds op die ontwikkeling en vrystelling van verbeterde
kultivars met hoë-opbrengsvlakke en met goeie kwaliteitseien-
skappe vir die eindgebruiker. Nismarkte in die gesondheids- en
bakkerybedrywe word ook ondersoek. Droogteverdraagsaamheid
is ‘n verdere fokus omdat die somerreënvalstreek bekend is vir
wisselende reënval en tye van waterstremming.
Genetiese materiaal wat die stikstofverbruikvermoë van kultivars
sal verbeter, sal optimale produksie teen laer bemestingsvlakke
moontlik maak, teen laer insetkoste. Water en elektrisiteit is ‘n groot
insetkoste onder besproeiing en teellyne wat water meer doel-
treffend verbruik, word ontwikkel.
Nuwe tegnologie
Sensako bedryf tans die enigste privaat dubbelhaploïed-
teeltegnieklaboratorium in die land. Dié hoëvlaktegnologie versnel
die teelproses om vinniger die genetiese samestelling aan te pas
soos nodig. ‘n Toegeruste graankwaliteitslaboratorium ondersteun
die teelprogramme deur teellyne te toets vir graan-, maal- en
bakeienskappe.
Wêreldwye samewerking skep geleenthede om te deel in navorsing
oor genetiese samestellings van teellyne en in die gebruik van
merkergebaseerde tegnologie asook die evaluering en gebruik van
genetiese bronne in die teelproses.
Siektes
Sensako skakel met instansies wêreldwyd om die nuutste weer-
standsgene teen die heersende en verwagte aar-, wortel- en blaar-
siektes van kleingrane te bekom wat in kruisingsblokke gebruik word.
Die fokus is nie op enkelgeenweerstand teen ‘n siekte nie, maar om
verskeie gene in te span om die plant se weerstand te beskerm, met
voordele soos laer siektebeheerkoste, verlengde rakleeftyd van
kultivars en verlaagde risiko van verbouing.
SA Graan/Sasol Nitro
fotokompetisie
Johan Norval Januarie 2011
1...,41,42,43,44,45,46,47,48,49,50 52,53,54,55,56,57,58,59,60,61,...124
Powered by FlippingBook