SA Grain March 2014 - page 50

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
48
Nuwe navorsing asook chemiese behandeling geniet prioriteit en
goeie vordering word hier gemaak. ‘n Groot poging is alreeds aan
die gang en daar word gefokus op voortdurende verbetering op alle
plantsiektes.
Link Seed
– PIETER HERBST,
Link Seed
Nuut in die pyplyn by Link Seed is LS 8538R, ‘n medium groeisei-
soen-geelbaster met uitstekende opbrengs en algemene agrono-
miese eienskappe; en LS 8541BR, ‘n stapelgeen witbaster waarvan
ons baie goeie resultate verwag.
Verder sal daar binne die volgende drie jaar nuwe ultrakort mielie-
basters die lig sien sowel as verskeie verbeterde sojaboonkultivars.
Ons sien ook uit na ‘n toetrede tot die sonneblommark.
In Link Seed se teelprogram word veral gefokus op siekteweerstand,
opbrengs, staanvermoë, meerkoppigheid en stabiliteit. By sojabone
is die fokus op veral opbrengs en weerstand teen aalwurms.
Wat nuwe tegnologie betref, word daar in die groter groep gekyk na on-
kruid- en insekweerstand asook verdraagsaamheid teen droogtes.
DuPont Pioneer
– TONY ESMERALDO,
DuPont Pioneer
DuPont Pioneer se teelprogram lewer elke jaar nuwe mieliekultivars.
In 2014 is daar byvoorbeeld nege nuwe kultivars wat in groot getalle
beskikbaar is vir produsente.
Met die nuwe toevoeging van die Pioneer Afrika navorsingsentrum
by Delmas, is dit nou moontlik om buitengewone hoë opbrengs te
kombineer met ander agronomiese eienskappe, soos verbeterde
weerstand teen blaarsiektes, byvoorbeeld P1973B. Kultivars wat
opbrengste op watertafelgronde na nuwe vlakke behoort te neem
is op pad. Kultivars met tweede-generasie beheer van Lepidoptera
is ook in ontwikkeling.
Fokus
Pioneer fokus op opbrengs, opbrengs en nogmaals opbrengs. Dit
is waarvoor Pioneer basters wêreldwyd bekend is. Alle beskikbare
tegnologie word ingespan om opbrengs verder te verhoog. By-
komende eienskappe sal net waarde toevoeg indien die hoë op-
brengs reeds inherent is.
Nuwe kultivars
– produsente kan hierna uitsien
Pannar
– PIETER RADEMEYER,
Pannar Saad
Ons sal voedselproduksie moet verdubbel teen 2050. Dit beteken
dat die mens dieselfde vordering in produksie-effektiwiteit sal
moet maak in die volgende 30 jaar as wat die geval die afgelope
12 000 jaar was. Groot uitdagings word dus aan beide produsente
en plantetelers gestel.
Pannar se doelwit is om die voedingswaarde van kos (byvoorbeeld
proteïeninhoud en oliesamestelling) te verhoog en te fokus op
opbrengsverhoging, stresverdraagsaamheid, verbeterde plantstruk-
tuur asook beter peste en plae beheer.
Nuut in die pyplyn
Mielies
Daar word eerstens gestreef na hoër opbrengste. Baie proewe
word gedoen om dié eienskap goed te kan vasstel. Voortdurende
navorsing vind plaas om siekteskade te verminder. Ongelukkig
muteer van die patogene, of nuwe rasse ontstaan, en daarom sal dit
voortdurend aandag geniet.
Sonneblom
Die grootste deurbraak is die Clearfield® -geen in sonneblom wat
nou reeds in die mark beskikbaar is. Verbeterde basters met ‘n
opvolggeen, naamlik Clearfield®-Plus, gee ‘n baie beter toleransie
teen die geregistreerde onkruiddoder en gee beter onkruidbeheer.
Daar word gekyk na basters met hoë oleïenolie-inhoud met
verbeterde plantsiekteweerstand en opbrengspotensiaal asook na
‘n stapelgeenbaster waar Clearfield en hoë oleïensuur-inhoud ge-
stapel is.
Droëbone
Meer direk stroopbare kultivars word ontwikkel. Daar word ook
voortdurend gekyk na verbeterde siekteweerstand. Aanvaarbare
pitgroottes geniet ook aandag.
Sojabone
‘n Groot poging word aangewend om sojaboonkultivars vir die
droër, westelike produksiegebied te teel wat meer droogteverdraag-
saam is.
Koring – droëland en besproeiingskultivars
Verbeterde stoelvermoë op besproeiingskultivars geniet aandag
om sodoende ‘n laer plantestand per hektaar aan te plant sonder ‘n
verlies aan opbrengs.
Graansorghum
Daar word gekyk na etanol-ekstraksie asook verbeterde opbrengs-
potensiaal en algemene siektetoleransie-verbetering.
Fokus van teling
Pannar konsentreer op verbeterde opbrengspotensiaal, siekte-
weerstand en algemene agronomiese eienskappe, soos beter
staanvermoë, planttipe en stroopbaarheid.
Die maatskappy het nou toegang tot groter navorsingskapasiteit.
Met ‘n ultramoderne wêreldklas tegnologiesentrum tot ons be-
skikking, is ons op die voorpunt van innovasie in saadnavorsing en
teling. Ons teelprogramme kombineer gevorderde teeltegnologie
en bioïnformatika. Dit verseker hoë-opbrengsvariëteite met beter
siekte-, droogte- en insekverdraagsaamheid. Ou siektes wat weer
kop uitsteek, is kop- en pluimbrand en in sekere dele van die land
word dit baie erg ondervind.
1...,40,41,42,43,44,45,46,47,48,49 51,52,53,54,55,56,57,58,59,60,...124
Powered by FlippingBook