SA Grain March 2014 - page 52

FOKUS
Saad
Spesiale
– die sleutel tot volhoubaarheid
D
it is nou reeds vir baie jare ‘n bekende feit dat Agricol, in
lyn met sy beleid om ‘n leier in nuut-tot-die-mark produkte
te wees, hierdie afgelope seisoen weer die Suid-Afrikaanse
saadmark verras het met uitstekende nuwe toevoegings in
die reeks van produkte.
Een van die jongste produktoevoegings was die nuwe Argentynse
sojaboonreeks. Hierdie uiters kompeterende nuwe reeks wat die
afgelope seisoen landswyd aangeplant is, is reeds besig om homself
te bewys as gevolg van die kultivars se uitstekende aanpasbaarheid
en opbrengspotensiaal.
Agricol is trots om hierdie plaaslike vennootskap in samewerking met
die Argentynse sojaboonsaadreus, Don Mario, te kon verwesenlik.
Kultivars in verskillende groeiseisoenklasse is weer beskikbaar wat
pasgemaak is vir die onderskeie sojaboonproduksiestreke en die
uitbreiding van die reeks word vir die komende seisoen ondersoek.
In die graansorghumafdeling is die bittersorghumbaster, Avenger,
ook ‘n nuwe toevoeging.
Hierdie laat groeiseisoen-baster bied uitstekende opbrengspoten-
siaal en goeie siekteverdraagsaamheid. Avenger beskik oor ‘n
brons graankleur en goeie aarsteellengte sodat are gemaklik bo die
blaredak gestroop kan word. Om aan die behoefte te voldoen, is
die bekende en stabiele soet kultivar, Enforcer, ook aangevul met
Dominator. Al hierdie kultivars is beskikbaar vir die 2014-seisoen.
Die Impak-mieliereeks spogookmet nuwegeelmielietoevoegingsmet
klem op veral die ultravinnige mark onder besproeiing. IMP 50-10B
en IMP 50-10R bied blitsvinnige graanafdroging waar opvolg-
koringaanplantings die norm is. Hierdie basters bied onderskeidelik
weerstand teen stronkboorder en Roundup. Die volledige Impak-
reeks is beskikbaar vir die volgende plantseisoen en die kultivars is
‘n moet in elke produsent se pakket.
Aan die sonneblomkant is Agricol steeds met trots een van die
land se voorste verspreiders van ‘n wye reeks sonneblomkultivars.
Twee nuwelinge in hierdie marksegment, AGSUN 5271 en
AGSUN 5272, is vrygestel. Hierdie basters spog met uitstekende
opbrengspotensiaal en siekteverdraagsaamheid, wat reeds
sinoniem met die Agsun sonneblompakket is.
Benewens al hierdie genoemde uitbreidings en toevoegings, beskik
Agricol oor die wydste reeks weidingsprodukte. Elke produsent
se weidingsaadbehoefte kan vervul word en Agricol bied met
trots sy weidingsreeks aan. Vir verdere inligting rakende die nuwe
produkvrystellings, kontak gerus jou naaste Agricol agent.
Produk-inligting
CLIFFE DEACON,
bemarkingsbestuurder: Akkerbougewasse, Agricol
1...,42,43,44,45,46,47,48,49,50,51 53,54,55,56,57,58,59,60,61,62,...124
Powered by FlippingBook