SA Grain March 2014 - page 48

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
46
Nuwe kultivars
– produsente kan hierna uitsien
Die LNR-KGI-teelprogramme het verder ook toegang tot sy eie roes-,
siekte- en insek- (Russiese koringluis) dienslaboratoriums asook
graankwaliteits- en grondanalitiese laboratoriums om die nodige
ondersteuning te verleen.
Wat die toekoms betref, is die bepalende vraag: Watter nuwe
tegnologie sal nodig wees om die opbrengsvlakke van koring te
verdubbel, gaan dit GM- en/of basterkoringtegnologie wees?
Monsanto
– MAGDA DU TOIT,
Monsanto
Monsanto is in die proses om die posisionering van ons produkte
te herdefinieer binne die Suid-Afrikaanse mielieproduksiearea,
met die oog op toekomstige tegnologie en waardetoevoegende
agronomiese sisteme. Boonop is daar ‘n paar nuwe basters in die
pyplyn wat bydra tot ons nuwe produkportefeulje.
Wanneer teling gedoen word, fokus die maatskappy op opbrengs,
stabiliteit, aanpasbaarheid, staanvermoë, siekteweerstand, graan-
kleur, graantipe en plantmorfologie.
Daar is verskeie nuwe fokusareas binne Monsanto, maar daar word
hoofsaaklik gekonsentreer op tegnologie wat die produsent in staat
sal stel om hoër opbrengste te genereer met die gebruik van nuwe
genetika, verbeterde agronomiese praktyke en die toepassing van
presisieboerdery.
Monsanto kyk ook na verskillende kombinasies van saadbehan-
delingsprodukte wat reeds vanaf ‘n baie vroeë stadium aan die
saailing beskerming sal bied teen insekte en swamme.
Mielieproewe – nuwe planter
Monsanto het ‘n nuwe tegnologies gevorderde planter, wat
mielieproewe plant wat meer akkuraat en van ‘n beter gehalte is,
vanaf die VSA ingevoer. Dié vierry-planter, model Seed PRO 360,
word deur Almaco VSA vervaardig en kos meer as R1,5 miljoen.
Die vier rye is outomaties en binne ‘n kwessie van sekondes ver-
stelbaar tussen 75 cm, 91 cm en 150 cm. Rywydteverstelling is voor-
heen met die hand gedoen en het maklik ‘n dag in beslag geneem.
Proewe is ook eers met die hand geplant. Plantpopulasie kan nou
met dié nuwe planter, van 10 000 plante/ha tot 120 000 plante/ha,
elektronies ingestel word terwyl die planter beweeg. Daar is twee
kunsmisbakke. Die tempo van toediening kan varieer volgens die
planttempo. Twee persone met oorfone sit in gemakstoele bo-op die
planter en reël die plantpopulasie asook die fisiese plantproses met
‘n rekenaar in samewerking met ‘n Trimble RTX GPS-sisteem.
Saadvloei kan in die land verander word volgens die verskil in gehalte
en tipe van die grond om sodoende proewe van ‘n beter kwaliteit
te lewer.
Siektes
Alle siektes word voortdurend dopgehou en nuwe produkte in die
pyplyn word teen ekonomies belangrike siektes getoets.
LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI)
– DR COBUS LE ROUX,
algemene bestuurder: LNR-Veldgewasdivisie
Die LNR-KGI bly verbind tot die vrystelling van wyd aangepasde,
hoëkwaliteit, stabielproduserende koringkultivars met voldoende
genetiese weerstand teen die huidige peste en plae.
Winterkorings vir die Vrystaat
Addisioneel tot Gariep, Elands, Matlabas, Koonap en Senqu, beskik
ons oor drie splinternuwe kultivars, naamlik Selati en Kouga, wat
egte wintertipes is, asook Hartbees met ‘n laer kouebehoefte.
Die voorlopigvrygestelde T10/02, met puik opbrengspotensiaal
en hektolitermassa het uitstekende vooroes-uitloopweerstand en
behoort in Maart 2014 finaal geklassifiseer te wees.
Telers fokus op die verhoging van opbrengs en kwaliteit, met
langdurige genetiese weerstand teen geelroes, Russiese koringluis
en fisiologiese toleransie vir vooroes-uitloopweerstand.
Lentekorings vir die Swartland en Rûens
Ratel beskik oor uitstekende opbrengspotensiaal en kwaliteit asook
weerstand teen stam- en blaarroes. Tankwa benodig nie chemiese
beheer nie as gevolg van sy uitstekende siekteweerstand, terwyl
Kwartel die pakket voltooi met matige weerstand teen siektes en ‘n
kompeterende opbrengs.
Wyd aangepasde hoë-opbrengskultivars met ‘n graankwaliteit wat
dié van ingevoerde koring klop, is die fokus. Stamroes en vooroes-
uitloopweerstand bly ons belangrikste ander doelwit.
Lentekorings vir besproeiing
Ons huidige pakket bestaan uit Buffels, Sabie, Duzi, Krokodil, Kariega
en Steenbras wat hulself as goed aangepasde, hoëkwaliteit- en hoë-
opbrengskultivars bewys het. Fusarium/aarskroeiweerstand asook
weerstand vir vooroes-uitloop is bepalend tot die sukses van die
kultivars. T10/14, ‘n semi-dwerg en T10/15, met ‘n kort groeiperiode,
is twee nuwe lyne wat gedurende Maart 2014 finaal vrygestel
sal word.
Die groot uitdaging bly om die 10 ton opbrengsgrensvlak onder
kommersiële verbouingstoestande konstant te klop.
Hawerkultivars
Die LNR-KGI se pakket bestaan uit Overberg en Kompasberg
wat so pas aangevul is deur die nuutvrygestelde Simonsberg en
Towerberg. Beide Simonsberg en Towerberg presteer uitstekend
onder droëlandtoestande en besproeiing en beskik oor ‘n HLM van
50 kg/hl en hoër, wat dit gesog vir die ontbytmark maak.
Nuwe tegnologie
Dit is die sleutel tot ons vermoeë om hoë-opbrengskultivars nog
vinniger vry te stel. Kultivars wat opbrengsgewys in die Vrystaat
meer kompeterend tot mielies en sojabone is en in die ander gebiede
met dié van gars. Vir hierdie rede het die LRN-KGI ‘n Kiemplasma
Ontwikkelingsafdeling die lig laat sien met die uitsluitlike doel om die
nodige genetiese merker- en dubbelhaploïed-tegnologie te ontwikkel
en in te span om die huidige opbrengsgrense te verhoog asook
siekteweerstandsmeganismes te verbreed. Hier ondervind ons puik
ondersteuning van Cengen asook internasionale instansies, soos
die Internasionale Mielie- en Koringverbeteringsentrum (CIMMYT)
en verskeie universiteite.
1...,38,39,40,41,42,43,44,45,46,47 49,50,51,52,53,54,55,56,57,58,...124
Powered by FlippingBook