SA Grain March 2014 - page 47

FOKUS
Saad
Spesiale
Nuwe kultivars
– produsente kan hierna uitsien
SA Graan/Grain
ondersoek
S
aadmaatskappye is deurlopend besig om nuwe tegnologie
te ondersoek, te toets en te implementeer waar moontlik.
SA Graan/Grain
het by saadverskaffers gaan aanklop om
te bepaal wat op die saadfront beplan word. In dié artikel wil ons
vir produsente ‘n vooruitskouing gee oor watter nuwe tegnologie in
die pyplyn is; waarop saadverskaffers in hul teling van nuwe
kultivars tans fokus en waarvoor produsente kan uitkyk in die
volgende vyf jaar.
Ons wou ook weet watter nuwe siektes tans kop uitsteek en ook
waarvoor hulle kyk wanneer daar vir weerstand in kultivars ge-
teel word.
Agricol
– RIAAN ROSELT
en
DAVID MOGFORD
Agricol se fokus was nog altyd gewees om nuut-tot-die-mark-
produkte in Suid-Afrika bekend te stel. Ons uitgebreide navorsings
en evalueringsfokus, stel ons in staat om hierdie doelwit te bereik.
Agricol toets en evalueer jaarliks nuwe mielie-, sonneblom-,
graansorghum-, voersorghum-, sojaboon- en kanola-kultivars
asook subtropiese en gematigde weidings- en voergewasse en
grasperkgrasse. Die maatskappy se sonneblomteelprogram is
wêreldklas en presteer baie goed in verskeie ander lande. Ons
gaan hierop uitbrei deur veral Oos-Europese lande te teiken en ook
spesifiek daarvoor te teel.
Sonneblomkultivars wat in die volgende vyf jaar vrygestel
gaan word, sal hoë saadopbrengs kombineer met Clearfield
onkruiddoderweerstand. ‘n Hoë oliepersentasie sal standaard bly.
Die plaaslike marktoestande sal die belangrikheid van hoë oleïen- en
konveksiebasters bepaal.
Dit is waarskynlik dat basters met “nul” (minder as 3%) versadigde
olies binne omtrent drie jaar van nou af, ‘n klein, maar beduidende
markaandeel in Europa en die VSA sal bekom. Merkergeenseleksie
lewer ‘n belangrike bydrae tot ons werk met betrekking tot
onkruiddoderweerstand, siekteweerstand en eienskapsteling.
As reënval in Suid-Afrika toeneem, sal daar met toenemende erns
gekyk moet word na Albugo (witroes) en weerstand teen poeierag-
tige meeldou. Nuwe metalaxyl-weerstandstamme van poeieragtige
meeldou versprei in Europa en sal seleksie vir genetiese weerstand
toenemend noodsaaklik maak.
K2 Agri
– WILLEM ENGELBRECHT,
K2 Agri
By K2 Agri gaan ons ‘n tyd in waar daar groot geleenthede is en
waaroor ons baie opgewonde is. Soos in die pers berig, het Zeder die
uitstaande aandeel in K2 Agri gekoop en ons behoort dus nou 100%
aan Zeder. Ons is die enigste Suid-Afrikaanse akkerboumaatskappy
wat nog nie deur ‘n internasionale maatskappy oorgekoop is nie.
Ons behou dus ons onafhanklikheid. Die groot voordeel hiervan is
dat ons met ‘n verskeidenheid internasionale ondernemings kan
saamwerk waarvan ons nou nuwe lyne en kultivars toets – ons is nie
beperk tot een maatskappy nie.
By mielies toets ons tans verskeie kultivars vanaf die VSA, Brasilië
en Argentinië. Ons is veral opgewonde oor nuwe mieliekultivars wat
van Argentinië af kom. Dit het verlede jaar uitstekend presteer in ons
proewe en is vanjaar ingedien vir registrasie. Hierdie kultivars het
‘n kleiner plantstruktuur en verbruik minder water. Daar word sterk
geselekteer vir droogteverdraagsaamheid en watereffektiwiteit.
By sojabone het ons gevind dat variëteite van Argentinië beter
aangepas is in Suid-Afrikaanse toestande as variëteite van die VSA.
Ons stel vanjaar drie nuwe kultivars vry.
NS 5009 is ‘n vinnige kultivar wat aangepas is vir die Hoëveld-
streke en is die mees populêre kultivar in Argentinië; NS 5909 is ‘n
kultivar wat wyd aangepas is vir die Hoëveld sowel as vir die warmer
gebiede; en NS 7211 het ‘n uitstekende opbrengspotensiaal en is
meer aangepas in die warmer gebiede. Al drie die kultivars het goeie
hitte- en droogteverdraagsaamheid.
By graansorghum, in voorbereiding vir die moontlike etanolaanlegte
wat in werking gaan kom, evalueer ons ongeveer 60 nuwe kultivars
wat van die VSA, Argentinië en Brasilië ingevoer is. Ons kyk ook
spesifiek na die styselinhoud van elke kultivar om vas te stel of dit
geskik is vir etanolproduksie.
By sonneblom het ons gevind dat kultivars vanaf Argentinië en
Australië beter aangepas is as kultivars vanaf die VSA of Europa.
Met ons teling fokus ons eerstens op opbrengs, want dit is wat
die produsent winsgewend maak. Ons het ook ‘n sterk fokus op
droogteverdraagsaamheid sodat die produsent in swak jare steeds
‘n oes kan kry – hiervoor gebruik ons Argentynse teelmateriaal wat
oor beter waterverbruikeffektiwiteit beskik.
Alle teelprogramme fokus ook op siekteverdraagsaamheid. Die
belangrikste siektes waarteen geselekteer word, is blaarsiektes en
kopvrotte.
Ons is baie opgewonde oor nuwe GMO-tegnologie wat ons tans toets.
Dit is ‘n stapelgeen waar twee Bt-gene en een onkruiddodergeen in
die plant is. Ons weet van die wurmpopulasies wat nie deur die ou
Bt-gene beheer word nie; hierdie is dus nuwegenerasie-gene wat
ondergrondse sowel as bogrondse insekte beheer. Dit moet vir twee
jaar geëvalueer word en dan sal ons aansoek doen vir registrasie, dit
gaan groot voordele vir die produsent inhou.
45
March 2014
ESTIE DE VILLIERS,
redakteur,
SA Graan/Grain
1...,37,38,39,40,41,42,43,44,45,46 48,49,50,51,52,53,54,55,56,57,...124
Powered by FlippingBook