SA Grain March 2014 - page 36

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
34
Syngenta sonneblomproduksie:
Nuwe tegnologie en olieverhoging in die vooruitsig
S
yngenta is internasionaal sino-
niem met ‘n dominerende son-
neblommarkaandeel. In Suid-Afrika
is Syngenta reeds besig om sterk
vastrapplek te vind en momentum te bou
sodat plaaslike produsente ook baat kan
vind by die maatskappy se portefeulje.
Met die voordeel van kiemplasmabronne
regoor die wêreld en navorsingshulpbronne
wat daarop gemik is om net die beste
kultivars mark toe te bring, is sonne-
blomprodusente daarvan verseker dat alle
nuwe vrystellings onder die Syngenta-
vaandel, ‘nkompeterendevoordeel sal inhou.
Aangesien die maatskappy se sonneblom-
teelprogram oor verskeie klimaatsones
strek, baat produsente uit genetika wat
goeie siekteverdraagsaamheid, opbrengs-
stabiliteit en verhoogde olie-inhoud bied. Al
speel omgewingstoestande ‘n groot rol in die
vaslegging van olie-inhoud, stel Syngenta
se nuwegenerasie-kultivars standaarde wat
die grense van tradisionele olievlakke
verskuif. Vir produsente wat spesifiek vir
die oliemarksegment produseer, is die
nuwe kultivar met sy hoë olie-inhoud,
SY 4065, ‘n leier op die gebied van beide
hoër oliekonsentrasie en bogemiddelde
opbrengsvlakke.
SY 4065 is vanjaar ingedien vir va-
riëteitslysing en is op strategiese lokaliteite
aangeplant om die waarde van hoër olie-
inhoud by persers tuis te bring. Alhoewel
oliekopers tradisioneel nie premies aan
oliekonsentrasie koppel nie, word verwag
dat die waarde van kultivars met hoër olies
binnekort tot ‘n wending in die oliebedryf
sal lei.
Vir die konvensionele sonneblommark, bied
Syngenta twee opsies, naamlik SY 4200 en
SY 4045. In die nasionale kultivarproewe, in
samewerking met die LNR, het SY 4045 na
vore getree as een van die sterkmededingers
in die medium-lang kultivarsegment. Oor
drie seisoene, in meer as 35 lokaliteite, is
SY 4045 se opbrengsstabiliteit herhaalde-
lik bewys.
Die regressie-analises in die sonneblom-
kultivarverslag illustreer verder dat SY 4045
oor ‘n wye gebiedsaanpasbaarheid beskik.
Die kultivar se goeie agronomiese pakket,
Produk-inligting
ANDRIES WESSELS,
portefeuljebestuurder: Afrika Midde-Ooste: Mielies, Sonneblom en Sojabone, Syngenta
wat goeie siekteverdraagsaamheid en
kophoek insluit, dra by tot ‘n kompeterende
sonneblomaanvulling in enige konven-
sionele aanplanting. Die medium-lang groei-
seisoen maak SY 4045 ook geskik vir later
aanplantings in gevalle waar somerreën
later as wat verwag is, opdaag.
SY 4200 is sinoniemmet ‘n lang groeiseisoen
en bied verhoogde opbrengsvlakke wat
tradisioneel gepaardgaan met vroeër aan-
plantings. Goeie agronomiese eienskappe
is ook standaard vir hierdie kultivar.
Verder is die maatskappy veral bekend
vir uitnemende Clearfield (CL) basters en
behoort die staatmaker NK ADAGIO CL, die
kernkultivar in enige CL-aanplanting te wees.
Hierdie medium-lang groeiseisoen-baster
is een van die toppresteerders in Suid-
Afrika se CL-marksegment. NK ADAGIO CL
se plaaslike aanpasbaarheid is reeds be-
wys, terwyl die langer groeiseisoen, tesame
met goeie agronomiese eienskappe,
ander ingevoerde CL-materiaal uitstof en
verhoogde opbrengs lewer.
Syngenta is reeds besig met die kom-
mersiële vrystelling van die volgende
generasie CL-materiaal wat opbrengsvlakke
na nuwe hoogtes neem. Produsente wat
die pas aangee met die implementering en
benutting van hierdie tegnologie, sal veral
baat vind by die volgende generasie CL-
vrystelling, SY 3970 CL.
Hierdie kultivar is reeds deeglik onderwerp
aan plaaslike evaluering en maak groot
vordering om die opbrengsgaping tussen
konvensionele en CL-sonneblom te verklein.
SY 3970CL is in verskeie kommersiële
demonstrasiestroke regoor die sonneblom-
produserende areas aangeplant.
Die maatskappy bied ‘n unieke geïnte-
greerde gewasoplossingspakket wat die
genetiese potensiaal van die SY- en NK-son-
neblomreeks vaslê deur nuwetegnologie-
saadbehandelings en -gewasbeskermings.
Suksesvolle sonneblomprodusente besef
die waarde van produksiepraktyke wat
goeie, eenvormige stand verseker. Met
Syngenta se omvattende sonneblompor-
tefeulje – van saad tot silo – kan produsente
die komende plantseisoen met gemoedsrus
aanpak.
© Syngenta Ag, 2000. Kopiereg van die dokument
is voorbehou. Alle ongemagtigde kopiëring word
verbied.
Syngenta se sonneblomteelprogram strek oor verskeie klimaatsones en daarom baat produsente
uit genetika wat goeie siekteverdraagsaamheid, opbrengsstabiliteit en verhoogde olie-inhoud bied.
1...,26,27,28,29,30,31,32,33,34,35 37,38,39,40,41,42,43,44,45,46,...124
Powered by FlippingBook