SA Grain March 2014 - page 42

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
40
TABEL 2: LYS VAN KOMMERSIËLE EN EKSPERIMENTELE KULTIVARS UIT DIE SABBI-ONTWIKKELINGS- EN EVALUASIEPROGRAM VIR DIE
NOORD-KAAP.
KULTIVAR
JAAR EKSPERIMENTEEL
VRYGESTEL
JAAR VAN FINALE
VRYSTELLING
GESKIEDENIS (SOOS IN 2014)
Blenheim
1997
Uitgefaseer in 1999
Chariot
1997
2001
Uitgefaseer in 2004
SSG 585
2002
2006
Uitgefaseer in 2012
Cocktail
2007
2009
In produksie
Marthé
2009
2014
In produksie
Cristalia
2011
Eksperimenteel
TABEL 3: GEMIDDELDE OPBRENGS VAN 2010 - 2013 VAN KULTIVARS IN VERSKILLENDE PRODUKSIEGEBIEDE MET PERSENTASIEAFWYKINGS
VAN SABBIERICA.
KULTIVAR
WES-RÛENS
SUID-RÛENS
OOS-RÛENS
RÛENS GEMIDDELDE
LT
Afw.
LT
Afw.
LT
Afw.
LT
Afw.
SabbiErica
6,25
5,28
5,25
5,59
SabbiNemesia
6,09
-2,6
4,80
-9,0
5,09
-3,2
5,33
-4,7
S5*
5,27
-12,5
4,53
-9,8
4,86
-7,3
4,89
-9,9
SabbiDisa
5,68
-9,2
4,83
-8,4
4,89
-6,9
5,13
-8,2
S9
6,35
1,6
5,17
-1,9
5,26
0,1
5,59
0,0
S12
6,55
4,7
5,50
4,2
5,44
3,6
5,83
4,3
Gemiddelde
6,03
5,02
5,13
5,39
* S5 se gemiddeld is slegs vanaf 2010 - 2012 en is teen Erica se gemiddelde vir dieselfde tydperk gemeet.
Die langtermyn agronomiese prestasies van al die nuwe kultivars in
vergelyking met SabbiErica vir die verskillende produksiegebiede
word in
Tabel 3
tot
Tabel 5
en
Grafiek 1
tot
Grafiek 3
gegee.
Met die vrystelling van SabbiErica is ‘n groot sprong gegee in die
standaard om opbrengspotensiaal te meet. Die gemiddelde op-
brengs van SabbiErica is sowat 12% hoër as dié van die vorige
standaard, SSG 564.
Uit die grafieke is dit duidelik dat die nuwe kultivars so ‘n kortkoppie
agter SabbiErica is, met die nuwe eksperimentele kultivar, S12, wat
potensiaal toon om ‘n hoër opbrengs oor die hele produksiegebied
te lewer.
Swammiddels word op die oomblik met baie groot sukses op
gars gebruik vir die beheer van die huidige swamsiektekompleks.
Garsprodusente het reeds aanvaar dat dit deel van hul insetkoste is
en standaard spuitprogramme word gebruik.
Dit is egter so dat swamme van tyd tot tyd weerstand teen swammid-
dels opbou en beheer minder effektief word. Navorsing om nuwe
middels te ontwikkel is egter baie aggressief en beter swammiddels
word gereeld in die mark bekend gestel. Ten spyte van hierdie situ-
asie, sal teling vir weerstand vir SABBI altyd ‘n prioriteit wees, al is
dit net om ekstra versekering vir die produsent in te bou.
Ontwikkeling van weerstandskultivars is nie eenvoudig nie, omdat
ons te doen het met dinamiese interaksies en ‘n kompleks van swam-
siektes, maar vordering word tog gemaak en met nuwe inisiatiewe
is ons optimisties dat toekomstige kultivars steeds beter as voriges
sal wees, soos reeds te sien in die profiele van SabbiDisa en S12. Die
siektestatus van die verskillende kultivars word in
Tabel 6
weerge-
gee. Groter stabiliteit oor gebiede en oor jare by die nuwe kultivars,
blyk ook baie duidelik uit
Grafiek 4
en
Grafiek 5
. Die opbrengs sowel
as die vetkorrelpersentasie van die nuwe kultivars is heelwat hoër en
meer stabiel by die laer potensiaal gebiede en in die droër jare, as
wat dit met die ou kultivars, soos Clipper en SSG 564, was.
Klem in die ontwikkeling van nuwe kultivars sal in die toekoms
steeds val op aanpasbaarheid en siekteweerstand, met die soeke na
hoër opbrengs en vetkorrelpersentasie altyd op die agenda. Medium
tot medium-lang sterk strooi en weerstand teen uitwaai is ook be-
langrik. Meer klem sal geplaas word op uitloopweerstand, om ook
kwaliteitstabiliteit te bevorder.
Die kultivars wat vir hierdie seisoen in die Suid-Kaap aanbeveel
word, is:
SabbiErica
Dit is ‘n kultivar met ‘n hoë-opbrengspotensiaal, medium vetkor-
relpersentasie en medium stikstof.
Aanbevole gebiede: Wes-, Suid- en Oos-Rûens.
Groeiwyse: Het ‘n aanvanklike plat groeiwyse en daarom ‘n
goeie stoelvermoë.
Strooi: Medium strooilengte met goeie strooisterkte.
Pedunkel: Medium-sterk pedunkel wat goeie weerstand bied
teen wind.
Siekteweerstand: Swak (sien Tabel 6).
SabbiNemesia
Dit is ‘n kultivar met ‘n hoë-opbrengspotensiaal, medium vetkor-
relpersentasie en medium stikstof.
Aanbevole gebiede: Wes- en Suid-Rûens.
Groeiwyse: Het ‘n aanvanklike plat groeiwyse en daarom ‘n
goeie stoelvermoë.
Strooi: Medium-kort strooilengte met goeie strooisterkte.
Pedunkel: Medium-sterk pedunkel wat goeie weerstand bied
teen wind.
Siekteweerstand: Swak (sien Tabel 6).
Moutgarskultivars
1...,32,33,34,35,36,37,38,39,40,41 43,44,45,46,47,48,49,50,51,52,...124
Powered by FlippingBook