SA Grain March 2014 - page 33

FOKUS
Saad
Spesiale
Link Seed soja’s word plaaslik
geteel
vir die beste resultate
31
March 2014
Produk-inligting
WESSEL PRETORIUS,
Bemarkingsdienste, Link Seed
S
ojabone is nou reeds goed gevestig as ‘n staatmaker alterna-
tiewe gewas in Suid-Afrika en veral as deel van ‘n wisselbou-
program met mielies.
ó ‘n wisselboustelsel sluit die volgende voordele in:
Die beskikbaarstelling van waardevolle stikstofvoeding aan die
opvolggewas.
Makliker beheer van swamsiektes en onkruide op mielies.
Die algemene bevordering van grondkwaliteit.
Verminderde risiko met soja’s as alternatiewe of addisionele ge-
was in ons wisselvallige klimaatstoestande.
Dit is die ideale gewas om ná winterkoring te sorg vir twee
produksies binne een seisoen.
Met verbeterde genetika, neem sojabone se opbrengspotensiaal
toe en saam met huidige markpryse kan dit aansienlike finansiële
voordele inhou.
Dit alles in ag geneem, bied Link Seed vanjaar ‘n uitgebreide reeks
kultivars aan, aangepas om in al die produksiegebiede uitstekend
te presteer. Só ‘n reeks is egter net volhoubaar deur toegewyde
planteteelt, navorsing en evaluering.
Nuut uit ons teelprogram
LS 6240 R
Is in die vinnige groeiklas, aanvullend tot die bekende LS 6444 R,
met goeie peulhoogte vir ‘n vinnige variëteit, uitstekende staanver-
moë en hoë-opbrengspotensiaal. LS 6240 R is baie goed aangepas
vir wye en nou rye.
LS 6453 R
‘n Medium groeiklas variëteit met wye aanpasbaarheid en uit-
stekende opbrengs. Hiermee gepaard het LS 6453 R uitstekende
staanvermoë, baie goeie peulhoogte en is aangepas vir droëland en
besproeiing.
LS 6466 R
‘n Groep 6 groeiklas variëteit met ‘n besonderse opbrengspoten-
siaal. Oesverliese word beperk met ‘n baie goeie peulhoogte en
goeie weerstand teen oopspring. Dit is uiters goed aangepas in die
gematigde en warm produksiegebiede.
LS 6261 R
Dit val in die medium groeiklas en het ‘n korter, regop groeiwyse
met smal blare. Hierdie variëteit toon wye aanpasbaarheid in al die
produksiegebiede. Dit was naasbeste in die 2013-LNR-proewe vir
matige lokaliteite.
Staatmakervariëteite wat tans wyd aange-
plant word
LS 6444 R
Dit is een van die vinnigste sojabone op die mark, met relatief 100
tot 110 aantal dae tot oesrypstadium. Hierdie is een van die mees
populêre soja’s weens sy vinnige groeiklas, uitstekende opbrengs
en stabiliteit in al die produksiegebiede, uitstekende staanvermoë en
wye aanpasbaarheid.
LS 6146 R
Lewer ‘n uitstekende opbrengs en is aangepas in al die klimaatsge-
biede. Dié variëteit het die hoogste gemiddelde oliepersentasie,
staan uitstekend en het ‘n baie goeie peulhoogte. LS 6146 R val in
die vinnige groeiklas en is dus by uitstek geskik vir die koel gebiede
en later aanplantings.
LS 6248 R
Hy is effens stadiger as LS 6146 R en goed aangepas in die koel tot
matige gebiede. Een van die beste presteerders in die koel gebiede
volgens die 2013-LNR-proewe. Behaal uitstekende staanvermoë en
peulhoogte en het baie goeie weerstand teen oopspring.
LS 6150 R
‘n Ou staatmaker in die medium groeiklas en is goed aangepas
vir vroeë sowel as laat aanplantings. Presteer baie goed in die ge-
matigde en warm produksiegebiede. LS 6150 R het ‘n onbepaalde
groeiwyse, staan baie goed en kan van vroeg tot laat in die seisoen
aangeplant word.
LS 6161 R
‘n Medium groeiklas smalblaarvariëteit, goed aangepas vir droëland
en besproeiing. Hierdie aantreklike sojaboon met sy donkergroen
voorkoms is reeds goed bekend aan produsente en was die afgelope
jaar die toppresteerder in die warm gebiede. LS 6161 R staan uit-
stekend met baie goeie peulhoogte.
LS 6164 R
Hierdie variëteit is reeds vir drie jaar ‘n toppresteerder in die warm
produksiegebiede. Dit is werklik ‘n eersteklas sojaboon ten opsigte
van siekteweerstand en alle agronomiese eienskappe en staan uit-
stekend, met die minimum oopspring en ‘n baie goeie peulhoogte.
Die seleksie en evaluering van nuwe variëteite op Link Seed se
navorsingsplaas op Greytown.
1...,23,24,25,26,27,28,29,30,31,32 34,35,36,37,38,39,40,41,42,43,...124
Powered by FlippingBook