SA Grain March 2014 - page 31

FOKUS
Saad
Spesiale
29
Sabie is ‘n
besproeiings-
koringkultivar
in eie reg
S
abie is die nuutste koringkultivar in die besproeiingspak-
ket van die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI). Die kul-
tivar is vinnig besig om een van die leierkultivars in die
besproeiingsgebied te word.
In die 2013-seisoen het Sabie opbrengste van tussen
8,5 ton/ha en 10 ton/ha in die warmer besproeiingsgebied gele-
wer. In die meeste gevalle is Sabie net deur die kultivar Krokodil
geklop en was die opbrengs net so goed soos dié van Duzi. In die
koeler besproeiingsgebied het Sabie se opbrengs gewissel tussen
8 ton/ha en 10,5 ton/ha.
Wat hektolitermassa betref, het Sabie uitstekend gevaar waar daar
nie koueskade voorgekom het nie en tot 82,5 kg/hl is gerapporteer
in LNR-KGI se elite besproeiingsproewe.
Wat Sabie uniek maak, is dat dié kultivar ‘n hoër opbrengspoten-
siaal het as Kariega, maar met al die risiko-beperkende eienskappe
van Kariega.
Sabie het ‘n goeie toleransie vir vooroesuitloop, is Fusarium
tolerant en het weerstand teen streeproes. Hierdie drie is die
belangrikste risiko’s in die besproeiingsproduksiegebied.
Benewens al die goeie eienskappe hierbo genoem, beskik die kul-
tivar verder ook oor baie goeie broodbakkwaliteit en is die kultivar
redelik bestand teen omval.
In die afgelope produksieseisoen het Sabie gewys waartoe die ge-
netika in die kultivar in staat is en sal goeie opbrengste gerealiseer
kan word as die kultivar reg bestuur word deur produksiepraktyke
aan te pas vir kultivars soos die voorgangers Duzi en Krokodil.
Die bemarkingsregte is aan All-gro Saad toegeken
en die maatskappy is alreeds twee jaar besig met die
kommersialisering van die kultivars.
Die navorsing is moontlik gemaak deur die finansiële
ondersteuning van die Wintergraantrust.
ANDRÉ MALAN
(Bethlehem),
WIMPIE DU TOIT
(Vaalharts) en
KIM COETZEE
(Stellenbosch), LNR-Kleingraaninstituut, ‘n Instituut van
die LNR-Veldgewasdivisie
Eersteklas
kundigheid
verseker
groei in jou
besigheid.
Besproeiingsbasters vir die top resultate.
PANNAR se praktiese boerderyoplossings is ’n
koste-effektiewe bestuursinset. Die YIELDBOOST
swam- en insekdoderspuitprogramme gee
gemoedsrus en goeie risikobestuur op ’n
uitgesoekte groep topmieliebasters.
2014/MAIZE/A/05A
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK
GLOBALE TEGNOLOGIE
PLAASLIKE PRESTASIE
Saam boer ons
vir die toekoms
Produk-inligting
SA Graan/
Sasol Nitro fotokompetisie
1...,21,22,23,24,25,26,27,28,29,30 32,33,34,35,36,37,38,39,40,41,...124
Powered by FlippingBook