SA Grain March 2014 - page 26

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
24
Koringsaadpryse
vir die nuwe seisoen
D
ie koringbedryf in Suid-Afrika is onder druk.
Hektare onder koring, veral in die noorde van
die land, is besig om te kwyn en veral nuwe
hoë-opbrengskultivars is nodig om die bedryf ‘n
hupstoot te gee.
Dit is noodsaaklik om die regte koringkultivar te kies om
produksierisiko in koringproduksie tot ‘n minimum te
beperk. In dié artikel word die jongste saadpryse wat in
die mark beskikbaar is met produsente gedeel sowel as
wenke om seker te maak die beste word uit die saad geput.
Dit is egter opvallend hoe min nuwe kultivars in totaal die
mark betree het.
Saadpryse
Graan SA het ‘n verskeidenheid van saad- en landbou-
maatskappye genader om hul koringsaadpryslyste vir
die 2014-seisoen in die
SA Graan/Grain
te publiseer
(
Tabel 1
). Daar is egter een of twee saadmaatskappye wat
ten tye van die publikasie van hierdie artikel nog nie hul
koringsaadpryse kon bekend maak nie.
Saadpryse (dié wat beskikbaar is) het sedert verlede
jaar met gemiddeld 0,6% gestyg. Vir die noordelike pro-
duksiegebiede het saadpryse met gemiddeld 0,5% gestyg,
terwyl pryse in die Wes-Kaap met 0,9% toegeneem het.
Die inligting in Tabel 1 neem nie kortings vir vroeë
bestellings en grootmaataankope in aanmerking nie. Dit is
belangrik om navrae by die saadmaatskappye self te doen
om te verseker dat die beste moontlike prys beding word.
Kultivarkeuse
Belangrike riglyne wat gevolg behoort te word wanneer
kultivarkeuses uitgeoefen word, is die volgende:
Plant ‘n pakket van kultivars om risiko’s ten opsigte van
agronomiese eienskappe, plaag- en siekteweerstand,
valgetal en gradering te versprei.
Moenie ‘n staatmakerkultivar summier met ‘n nuwe
en onbekende kultivar vervang nie. Plant die nuwe/
onbekende kultivar eers op ‘n kleiner skaal aan en
maak seker dat dit aan persoonlike vereistes voldoen.
Raadpleeg die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-KGI) se
handleidings vir koringverbouing en verseker dat die
kultivar onafhanklik geëvalueer en volgens eienskappe
wat op die plaas belangrik is, presteer.
Sien ook die
invoegsel in dié uitgawe van
SA Graan/Grain
waarin
die resultate van die Nasionale Kultivarevaluerings-
program deur die LNR-KGI gepubliseer is.
Raadpleeg die betrokke kundiges indien inligting
ontbreek of onsekerheid bestaan. Waak daarteen om
‘n ongetoetsde kultivar aan te plant.
CORNÉ LOUW,
ekonoom: Bedryfsdienste, Graan SA
KULTIVAR
2013
PER 25 KG
2014
PER 25 KG
%
VERANDERING
PAN 3118
390
390
0,0
PAN 3120
390
390
0,0
PAN 3368
380
380
0,0
PAN 3379
390
390
0,0
PAN 3471 (Galmano)
345
365
5,8
PAN 3478 (Galmano)
340
360
5,9
PAN 3161
390
390
0,0
PAN 3195
390
PAN 3400
365
PAN 3497
365
Gemiddeld
375
379
2
Pannar
Noordelike produksiegebiede
TABEL 1: KORINGSAADPRYSE VIR 2014.
VKB
KULTIVAR
2013
PER 25 KG
2014
PER 25 KG
%
VERANDERING
Besproeiing
SST 835
265
265
0
SST 843
265
265
0
SST 806
265
265
0
SST 877
265
265
0
SST 884 (lisensie)
290
290
0
SST 875 (lisensie)
290
290
0
SST 895 (lisensie)
290
290
0
SST 866 (lisensie)
290
290
0
SST 867 (lisensie)
290
290
0
Gemiddeld
279
279
0
Droëland
SST 356
265
265
0
Elands
265
265
0
SST 347
265
265
0
SST 374 (lisensie)
290
290
0
SST 387 (lisensie)
290
290
0
SST 316 (lisensie)
290
290
0
SST 317 (lisensie)
290
290
0
Gemiddeld
279
279
0
1...,16,17,18,19,20,21,22,23,24,25 27,28,29,30,31,32,33,34,35,36,...124
Powered by FlippingBook