SA Grain March 2014 - page 27

Witbasterpakket vir optimale opbrengste
en goeie risikobestuur.
Konvensionele, stronkboorder-weerstandbiedende,
glifosaat-tolerante en stapelgeenbasters.
® Geregistreerde handelsmerke van PANNAR BPK, © 2014 PANNAR BPK
2014/MAIZE/A/01A
Wêreldklas-
navorsing vir ’n
vooruit-
strewende
boerdery.
GLOBALE TEGNOLOGIE
PLAASLIKE PRESTASIE
Saam boer ons
vir die toekoms
KULTIVAR
2013
PER 50 KG
2014
PER 50 KG
%
VERANDERING
SST 88
305
310
2
SST 047
305
310
2
SST 015
305
310
2
SST 027
305
310
2
SST 056
305
310
2
SST 087
310
Gemiddeld
305
310
2
KULTIVAR
2013
PER 50 KG
2014
PER 50 KG
%
VERANDERING
SST 88
310
310
0
SST 015
310
310
0
SST 027
310
310
0
SST 056
310
310
0
SST 087
310
Gemiddeld
310
310
0
Overberg Agri
SSK
Wes-Kaap
Saadkwaliteit is uiters belangrik
Goeie kwaliteit saad verbeter die kans op die suksesvolle vestiging van
die gewas en ‘n goeie oes. Koringsaad kan in drie kategorieë volgens
kwaliteit ingedeel word, naamlik:
Gesertifiseerde saad
Hoëkwaliteitsaad waarvan belangrike eienskappe, soos kiemkrag-
tigheid en suiwerheid, teen relatief streng norme deur saadmaatskappye
gewaarborg word. Indien produsente probleme met gesertifiseerde
saad ondervind, kan ‘n saak uitgemaak word oor wanneer ‘n eis ter
sprake kom. Dié tipe saad word deur erkende saad- en landboumaat-
skappye verskaf.
Kommersiële saad
Hierdie is saad van aanvaarbare tot goeie kwaliteit wat aan sekere
vereistes van die Plantverbeteringswet voldoen. Die kwaliteitsvereistes
is egter nie so streng soos vir gesertifiseerde saad nie. In die geval
van ‘n saadprobleem, sal ‘n produsent hom tot die Registrateur van die
Plantverbeteringswet kan wend. Dié tipe saad word ook deur erkende
saadmaatskappye en landboubesighede verskaf.
Teruggehoude saad
Teruggehoude saad is graan wat deur produsente uit die vorige oes
teruggehou is om as saad in die volgende seisoen te dien. Dit is
wettig, solank die graan nie as saad verkoop word nie. Produsente
loop produksie- en opbergingsrisiko’s indien teruggehoude saad
gebruik word. Slegs enkele van die probleme wat ondervind kan
word, is byvoorbeeld die muf van saad indien dit té klam gestoor
word, kalanderskade indien dit nie berook word nie en swak
ontkiemingsvermoë indien dit in té warm toestande opgeberg is.
‘n Produsent het geen eis of regsgronde ten opsigte van saadkwaliteit
(en die algemene prestasie van die kultivar) indien teruggehoude saad
geplant word nie. Graan SA beveel dié praktyke nie aan nie. Indien
saad opgeberg word, behoort die saad volgens opbergingsvoorskrifte
skoongemaak, skoon en suiwer gehou, gedroog asook koel en droog
opgeberg te word.
Beroking om kalanders en ander graaninsekte te beheer moet ge-
doen word en dit moet veilig teen rotte en muise geberg word.
Ontkiemings- en suiwerheidstoetse is ‘n vereiste voor aanplanting
en die saad moet teen saadgedraagde siektes met geregistreerde
plaagdoders behandel word.
25
1...,17,18,19,20,21,22,23,24,25,26 28,29,30,31,32,33,34,35,36,37,...124
Powered by FlippingBook