SA Grain March 2014 - page 39

FOKUS
Saad
Spesiale
Die
fondasie
van jou
sukses
37
March 2014
Produk-inligting
PEET VAN DER WALT,
advertensiebestuurder, Pannar Saad
N
uwe witbasters
Die uitsonderlike prestasie van
Pannar se mieliebasters in die LNR-nasio-
nale proewe oor die afgelope vyf jaar, is ‘n
bewys van Pannar se uitstekende kiemplas-
ma en puik toetsprogram.
Vinnige pakket
PAN 4A-111, PAN 4R-511R en
PAN 4B-311B (NUUT)
Dié pakket word aanbeveel vir die Noord-
oos-Vrystaat en al die oostelike produk-
siegebiede. Uitstekende prestasie in die
misbeltgedeeltes. Die basters beskik oor
goeie staanvermoë, graankwaliteit en
skepelmassa. Die pakket vind baat by ‘n
swamdoderspuitprogram.
PAN 5R-693R en
PAN 5R-993BR (NUUT)
Hierdie twee basters is veelsydig en doen
goed in al die produksiestreke. ‘n Baie goeie
keuse in die droër produksiestreke. Hulle
is sterk meerkoppig met goeie agronomie-
se balans.
Medium pakket
PAN 6Q-245, PAN 6Q-345CB,
PAN 6R-665R en
PAN 6R-845CBGT (NUUT)
Dié basters is soortgelyk aan PAN 6Q-445B,
wat die toppresteerder vir vyf jaar in die
nasionale proewe was. Hulle beskik oor ‘n
baie goeie stabiliteit en kompensasiever-
moë onder verskillende produksietoe-
stande. Die basters droog relatief vinnig
af en beskik oor goeie staanvermoë en
is sterk meerkoppig. Hulle word as deel
van die hoofaanplanting in al die produk-
siestreke aanbeveel. Hierdie basters
beskik oor goeie Diplodia kopvrot- en
grysblaarvlek-toleransie. Die Bt- (stronk-
boorder) en GT- (glifosaat-toleransie) gene
kom uit die Agrisure® Corn Traits-stal
van Syngenta.
Nuwe geelbasters
Die geelmieliepakket van ultravinnige, vin-
nige en medium basters vorm ‘n gedugte
pakket vir goeie langtermyn-risikoversprei-
ding.
Vinnige pakket
PAN 4B-312CB en
PAN 4B-304CB (NUUT)
Beide basters word vir die Noordoos-
Vrystaat asook vir die matige en koel oos-
telike produksiestreke aanbeveel. Die
Yieldboost™-swamdoderspuitprogram
word aanbeveel vir optimale produksie. Die
basters spruit gewoonlik baie min en beskik
oor goeie staanvermoë. Hulle basters word
teen ‘n hoër plantestand as die medium
basters aanbeveel. Die Bt (stronkboorder)
kom uit die Agrisure Corn Traits-stal
van Syngenta.
PAN 4R-576R en
PAN 4R-776BR (NUUT)
Beide basters word vir al die Noordoos-
Vrystaat en oostelike produksiestreke aan-
beveel.
Medium pakket
Die medium reeks basters presteer almal
goed. Dit is belangrik om hierdie reeks me-
dium basters teen die aanbevole plante-
stand vir die betrokke produksiestreek aan
te plant.
PAN 6R-680R (NUUT)
Hierdie baster met glifosaat-onkruiddoder-
toleransie lewer uitstekende, stabiele pre-
stasie oor al die onderskeie produksiestreke.
‘n Goeie keuse waar hoë onkruiddruk
ondervind word asook as toevlugsoord vir
PAN 6R-880CBGT.
PAN 6R-880CBGT (NUUT)
Hierdie stapelgeenbaster bied die voor-
deel van stronkboorderbeskerming en tole-
ransie teen glifosaat-onkruiddoder. Dit is
soortgelyk aan die PAN 6R-680R en
PAN 6Q-408CB. Dit is goed aangepas vir al
die produksiestreke. Die Bt (stronkboorder)
en GT (glifosaat-toleransie) gene kom uit
die Agrisure Corn Traits-stal van Syngenta.
Vyfpuntplan
Deur die integrasie van topprodukte en innoverende ge-
wasvoorsorg en -nasorg, bied Pannar ‘n volledige risikobe-
stuurspakket aan gewasprodusente. Ons doelwit is om die
doeltreffendheid en winsgewendheid van boerdery te ver-
hoog. Ons vyfpuntplan som dit kortliks soos volg op:
1. Ultramoderne navorsing en ontwikkelingstegnologie
Toegang tot groter navorsingskapasiteit: Met ‘n ultramo-
derne wêreldklas tegnologiesentrum tot ons beskikking,
is ons op die voorpunt van innovasie in saadnavorsing
en teling. Ons teelprogramme kombineer gevorderde
teeltegnologie en bioïnformatika. Dit verseker hoë-op-
brengsvariëteite met beter siekte-, droogte- en insekver-
draagsaamheid.
2. Uitsonderlike produkte en gewaspakkette
Pannar produkte word gekenmerk deur uitsonderlike pre-
stasie, stabiliteit en gebiedsaanpasbaarheid. Diversifika-
sie is ‘n goeie strategie vir risikobestuur. Dit word bewerk-
stellig deur ‘n kultivarpakket uit verskillende groeiklasse
en agronomiese eienskappe saam te stel. Dit is een van
die boustene waarmee produsente die opbrengs op hul
belegging en ‘n vooruitstrewende boerdery kan verseker.
3. Gewasvoorsorg
Die hoogste kwaliteitstandaarde word deur ons ten volle
gesertifiseerde en geakkrediteerde laboratoriums ge-
handhaaf. Topgehalte chemiese produkte en polimere
word deur die Panacea™ omvattende saad- en plantbe-
skermingsinisiatiewe vir ons saadbehandelingspro-
gramme geïdentifiseer. Dit verseker goeie plantbaarheid
en groeikragtigheid. Sodoende word saad en saailinge
teen vroeëseisoen insek- en saad- of grondgedraagde
siektes beskerm vir ‘n goeie wegspring.
4. Presisieplant
Die Panagri™ praktiese boerderynavorsing verskaf rigly-
ne om verbouingspraktyke en die plantpopulasie vir elke
spesifieke gebied te optimaliseer. Akkurate saadspasië-
ring, diepte en saad-met-grond-kontak bevorder gelyke/
eenvormige opkoms en is die grondslag vir die beste
moontlike opbrengspotensiaal.
5. Gewasbeskermingsbestuurspraktyke
Eersteklas en kundige saadadvies verseker ‘n sukses-
volle oes. Deur die integrasie van topprodukte, praktiese
boerderyoplossings en innoverende gewasnasorg, bied
Pannar aan produsente ‘n volledige koste-effektiewe risiko-
bestuurspakket om die winspotensiaal van hul boerdery te
verbeter.
1...,29,30,31,32,33,34,35,36,37,38 40,41,42,43,44,45,46,47,48,49,...124
Powered by FlippingBook