SA Grain March 2014 - page 46

Grafiek 7: Langtermyn relatiewe agronomiese prestasie van Cristalia in
vergelyking met Cocktail in die verskillende besproeiingsgebiede (Noord
= Taung, Hartswater, Jan Kempdorp; Suid = Rietrivier, Douglas).
‘n Nuwe moutery is in aanbou wat die produksie van mout hier sal
verdriedubbel. Die belangrikste agronomiese eienskappe onder be-
sproeiing, is opbrengs en staanvermoë. Geen swamsiektes kom hier
voor nie.
Die kultivars wat vir hierdie seisoen in die besproeiingsgebiede aan-
beveel word, is:
Cocktail
Dit is ‘n kultivar met ‘n hoë-opbrengspotensiaal, lae vetkorrel-
persentasie en lae stikstof.
Aanbevole gebiede: Hele besproeiingsgebied.
Groeiwyse: Cocktail het aanvanklik ‘n redelike regop groeiwyse
met baie goeie stoelvermoë.
Strooi: Medium strooilengte met goeie strooisterkte.
Marthé
Dit is ‘n kultivar met ‘n medium opbrengspotensiaal, medium vet-
korrelpersentasie en medium-lae stikstof.
Aanbevole gebiede: Hele besproeiingsgebied, meer spesifiek vir
sanderige gronde.
Groeiwyse: Marthé het aanvanklik ‘n redelike regop groeiwyse met
goeie stoelvermoë. Laer plantdigthede word aanbeveel.
Strooi: Medium strooilengte met swakker strooisterkte.
Cristalia
Dit is ‘n kultivar met ‘n medium opbrengspotensiaal, medium vet-
korrelpersentasie en medium-lae stikstof.
Aanbevole gebiede: Hele besproeiingsgebied.
Groeiwyse: Cristalia het aanvanklik ‘n redelike regop groeiwyse
met goeie stoelvermoë.
Strooi: Medium strooilengte met goeie strooisterkte.
Kwaliteit
Moutkwaliteit is ‘n baie komplekse begrip en word uiteindelik bepaal
deur die wisselwerking tussen baie verskillende eienskappe in die gars-
korrel. Die belangrikste komponente waarna gekyk en waarvoor gese-
lekteer word, is:
Ekstrak (deel van gemaalde mout wat oplos in water; hoeveelheid
potensiële bestanddele vir gisting).
Diastatiese aktiwiteit (DP; hoeveelheid ensieme wat stysel kan af-
breek na bruikbare stukkies sodat gis dit kan opneem).
Viskositeit (aanduiding van vloeibaarheid van ekstrak van mout).
AAL (maksimum hoeveelheid ekstrak wat gebruik kan word deur
gis).
FAN (Vry amino stikstof, dien as voedsel vir gis).
Beta-glukaan (hoeveelheid selwandmateriaal wat nie afgebreek is
in die vermoutingsproses nie).
Vir elke bierhandelsmerk word ‘n eie unieke kombinasie van kwaliteits-
eienskappe benodig en daarom ook ‘n eie samestelling van kultivars
gebruik. Kultivars word breedweg in twee kategorieë ingedeel ten op-
sigte van kwaliteit, naamlik die hoë FAN mout (HFM) en die medium
FAN mout (MFM) kultivars. Dit gee ‘n aanduiding van die graad van fer-
menteerbaarheid van ‘n kultivar en in Suid-Afrika het ons op die oom-
blik ‘n tekort aan hoë fermenteerbare, of HFM, kultivars.
Gars of mout met dié kwaliteit moet ingevoer word. Met die bou van die
nuwe moutery, die gepaardgaande uitbreiding in plaaslike produksie
en met plaaslike kultivars met dié gesogte kwaliteitseienskappe, kan
SABM uiteindelik ten minste 95% van hul moutgarsbehoefte plaaslik
aankoop.
Die eerste kultivar wat plaaslik verbou word en as ‘n HFM geklassifiseer
is, is Marthé. Van ons ander kultivars het reeds baie naby aan die ver-
eiste kwaliteit gekom, maar kon nog nie as HFM geklassifiseer word nie.
FOKUS
Saad
Spesiale
Die hoofdoelwit ten opsigte van kwaliteit in die program, is om ‘n
HFM-kultivar te ontwikkel, sodat ons by die doelwit van 95% kan
uitkom. Dit sal ook verseker dat die produksie in die Suid-Kaap
hoër kan wees as die huidige. Op die oomblik is SAB besig om S9
te evalueer vir moontlike klassifikasie as ‘n HFM-kultivar.
Merkerseleksie
Een van die grootste probleme met kwaliteitsmeting van nuwe
lyne, is dat dit nie in die veld in vroeë generasies gedoen kan word
nie. Die enigste maatstaf vir meting van moutkwaliteit is met mi-
krovermouting, wat eers vanaf die F6-generasie gedoen kan word;
met ander woorde ná vier jaar van seleksie. Die evaluering van
weerstand teen verskillende swamsiektes kan ook problematies
wees aangesien alle swamsiektes nie elke jaar voorkom nie, daar
verdwerging van een siekte deur ‘n ander kan wees of ontsnap-
ping kan voorkom.
SABBI is dus voortdurend op soek na meer objektiewe metodes
van evaluering vir hierdie eienskappe en is daarom saam met
dr Renée Prins en haar span by Cengen, besig met twee projekte.
Die een is die evaluering van ons lyne vir kwaliteitseienskappe en
meer spesifiek eienskappe wat bydra tot hoë fermenteerbaarheid
(HFM). Die projek is reeds vier jaar aan die gang en heelwat lyne
met die gewenste allele is reeds geïdentifiseer en word verder in
die program geëvalueer. Ons is ook voortdurend op soek na nuwe
merkers wat vir dié doel gebruik kan word.
Die tweede projek word deur die Wintergraantrust gefinansier
en hier is die klem op die ontwikkeling van ‘n geïntegreerde siek-
tebestuurstrategie vir Suid-Afrika. Die projek is ‘n gekoördineerde
poging van ‘n projekspan onder leiding van dr Renée Prins (Cen-
gen en die Universiteit van die Vrystaat) en dr Anke Martin (Uni-
versity of Southern Queensland, Australië); met projeklede:
Prof Zakkie Pretorius (Universiteit van die Vrystaat), Greg Platz
(Queensland Department of Primary Industries and Fisheries, Her-
mitage Research Station, Australië) en SABBI.
Daar is in 2011 met die projek begin wat sterk daarop fokus om
siekteweerstandbiedende garskultivars te teel wat hulle goeie
moutkwaliteiteienskappe behou en met merkers geïdentifiseer
kan word.
Siekteweerstand teen vyf verskillende siektes word aanvanklik
geteiken, naamlik:
Net-tipe netvlek –
Pyrenophora teres f. teres
;
Kol-tipe netvlek –
Pyrenophora teres f. maculate
;
Blaarvlek –
Rhynchosporium secalis
;
Kolvlek –
Bipolaris sorokiniana
; en
Stamroes –
Puccinia graminis
.
Maart 2014
44
Moutgarskultivars
1...,36,37,38,39,40,41,42,43,44,45 47,48,49,50,51,52,53,54,55,56,...124
Powered by FlippingBook