FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
32
Wil jy ook weet
hoeveel koring
in ‘n
kilogram
koringsaad
is?
D
ie vraag hierbo het nie slegs ‘n
enkele korrekte antwoord nie.
As die vraag gevra word oor tien
kultivars, sal daar tien verskillende
antwoorde wees.
Hoe word plantestand
tans bepaal?
In die mieliebedryf is dit lank reeds die
gebruik om die beplande plantestand in
plante per hektaar uit te druk om voorsiening
te maak vir die verskille in pitgewig.
Die pitgewig van mieliesaad kan wissel van
0,2 gram tot 0,4 gram; teen ‘n plantestand
van byvoorbeeld 30 000 plante per hektaar,
is die gewig van die saad enigiets tussen
6 kg/ha en 12 kg/ha. Dit is ‘n groot verskil
en daarom word daar nie in die mieliebedryf
gepraat van saaidigthede in kilogram per
hektaar nie.
In die koringbedryf word baie berekeninge
rondom plantdigtheid steeds gedoen in
kilogram per hektaar. Dieselfde beginsel
wat vir mieliesaad geld, is egter ook waar
vir koring. Die probleem is dat koringsaad
baie lig is – tussen 0,03 gram en 0,05 gram
per pit. Die plantestand per hektaar is ook
geweldig hoog en kan onder besproeiing
tot meer as 3 000 000 plante per hektaar
wees. Die orde van die syfers het waarskynlik
daartoe gelei dat plantdigtheid in kilogram
per hektaar as ‘n “maklike” uitweg beskou is
en tans so gebruik word.
Groot foute kan
gemaak word
Die gevare van die gebruik van plantdigthede
in kilogram per hektaar is tweeledig van
aard. Eerstens kan dit daartoe lei dat die
opbrengs wat behaal word nie optimaal is
nie omdat die plantestand te hoog of te laag
is. Tweedens het dit natuurlik ‘n finansiële
effek omdat te veel saad geplant kan word.
Navorsingsresultate
In navorsingsprogramme word die dui-
sendkorrelmassa (DKM) van kultivars ge-
bruik om plantdigtheid te bepaal sodat
navorsers seker kan wees dat appels met
appels vergelyk word.
‘n Goeie voorbeeld hiervan is die Nasionale
Kultivarevalueringsprogram. Alle kultivars
in die verskillende produksiegebiede word
in die veldproewe geplant teen ‘n spesi-
fieke plantestand per vierkante meter. In
die proses word die DKM van elke kultivar
bepaal en die berekeninge word daarop
gebaseer.
‘n Werklike voorbeeld van
verskille tussen kultivars
Kom ons gebruik as ‘n voorbeeld die
kultivarproewe in die Wes-Kaap in die
2013-seisoen. In
Tabel 1
word die werklike
DKM-waardes van al die kultivars wat in
die gebied aanbeveel word en wat in die
proewe aangeplant is, weergegee.
Die kultivars in die Swartland word almal
aanbeveel teen ‘n plantdigtheid van tus-
sen 100 kg/ha en 120 kg/ha. Indien ‘n mens
die DKM van elke kultivar gebruik om die
werklike plantdigtheid in plante per vierkante
meter te bereken
(Tabel 2
), kan gesien word
dat daar groot verskille tussen kultivars is.
Kultivar 1 se saadtoediening per vierkante
meter is byna 50% meer as wat die geval is
met Kultivar 11. Die aanbevole uiteindelike
plantestand in die Swartland is tussen 175
en 200 plante per vierkante meter. Indien ‘n
opkomspersentasie van 85% gebruik word,
behoort die saadtoediening dus êrens
tussen 205 en 235 plante per vierkante
meter te wees. Alle kultivars met DKM-
waardes van 45 gram en laer sou dus eintlik
teen 110 kg/ha, teen té hoë plantdigthede
geplant gewees het.
Die berekenings
In praktyk moet die DKM-waarde om-
gereken word na die kilogram saad van
die spesifieke kultivar wat benodig word
per hektaar om planterkalibrasies moontlik
te maak. Die inligting wat benodig word,
is die uiteindelike hoeveelheid plante
per vierkante meter, die DKM en die
WILLEM KILIAN,
LNR-Kleingraaninstituut, Bethlehem
KULTIVAR
DKM
1
36,3
2
40,0
3
40,3
4
42,5
5
43,0
6
45,0
7
45,8
8
46,5
9
46,8
10
51,5
11
53,8
TABEL 1: DUISENDKORRELMASSA (GRAM/
1 000 KORRELS) VAN KULTIVARS IN
DIE WES-KAAP GEDURENDE DIE 2013-
SEISOEN.
TABEL 2: WERKLIKE PLANTDIGTHEID (SAAD/M
2
) VAN ELF KULTIVARS IN DIE WES-KAAP
TEEN ‘N PLANTDIGTHEID VAN 110 KG/HA.
KULTIVAR
DKM
PLANTDIGTHEID
(KG/HA)
PLANTDIGTHEID
(SAAD/M
2
)
1
36,3
110
303
2
40,0
110
275
3
40,3
110
273
4
42,5
110
259
5
43,0
110
256
6
45,0
110
244
7
45,8
110
240
8
46,5
110
237
9
46,8
110
235
10
51,5
110
214
11
53,8
110
204