39
March 2014
Moutgarskultivars van die
South African Barley Breeding Institute
KULTIVAR
JAAR VAN EKSPERIMENTELE
VRYSTELLING
JAAR VAN FINALE
VRYSTELLING
GESKIEDENIS (SOOS IN 2014)
SSG 522
1992
-
Onttrek voor finale vrystelling
SSG 525
1992
1996
Uitgefaseer in 2003
SSG 532
1993
1998
Uitgefaseer in 2004
SSG 564
1996
2005
Uitgefaseer in 2013
SSG 575
1997
-
Onttrek voor finale vrystelling
SSG 585
1998
-
Onttrek voor finale vrystelling
SSG 506
2000
2006
Uitgefaseer in 2008
S02-11
2002
2006
Uitgefaseer in 2009
S03-09
2003
-
Onttrek voor finale vrystelling
SabbiErica
2004
2009
In produksie
SabbiNemesia
2004
2009
In produksie
S5
2005
2010
In produksie
SabbiDisa (S6)
2006
2014
In produksie
S7
2007
-
Onttrek voor finale vrystelling
S9
2009
Eksperimentele aanplanting
S12
2012
Eksperimentele aanplanting
TABEL 1: LYS VAN KOMMERSIËLE EN EKSPERIMENTELE KULTIVARS UIT DIE SABBI-ONTWIKKELINGSPROGRAM VIR DIE SUID-KAAP.
FRANCOIS POTGIETER, FRANCOIS SMIT
en
NIEKIE DE LANGE,
South African Barley Breeding Institute
FOKUS
Saad
Spesiale
D
ie ontwikkeling en vrystelling van moutgarskultivars vir die
plaaslike bedryf is ‘n lang en deeglike proses. Behalwe vir
die lang tyd wat dit neem om nuwe lyne te ontwikkel vir
eksperimentele evaluasie, is daar ook ‘n deeglike kommer-
siële kwaliteits- en agronomiese evaluering van ten minste vier jaar.
Gedurende hierdie periode word die nuwe, of eksperimentele, kulti-
vars deeglik deur die South African Breweries (SAB), SAB Maltings
(SABM), die produsent en plaaslike landboubesighede geëvalueer
voordat dit die stempel as vrygestelde kultivar kry.
Dit is ‘n tydsame en duur proses, maar dit is absoluut noodsaaklik vir
die plaaslike bedryf dat hierdie moeite gedoen moet word, omdat dit
‘n kwade dag sal wees as die plaaslike bedryf van ingevoerde gars
afhanklik moet wees.
Daar is twee definitiewe verbouingsgebiede van moutgars in Suid-
Afrika. Die eerste is die droëlandgebied in die Suid-Kaap, wat strek
vanaf Botrivier in die weste tot by Heidelberg in die ooste. Die
tweede gebied lê bietjie meer verspreid en sluit die besproeiingsge-
biede langs die Oranje en Vaalriviere rondom Kimberley, Taung en
die Vaalharts-besproeiingskema in.
Die South African Barley Breeding Institute (SABBI) se program vir
die ontwikkeling van nuwe moutgarskultivars vir die Suid-Kaap het
in 1985 begin as een van die gewasontwikkelingsprogramme van die
destydse Sensako.
Uit hierdie program is reeds nege kommersiële kultivars vir die
Suid-Kaap vrygestel, waarvan vier vanjaar steeds in hierdie streek
aangeplant sal word (
Tabel 1
). ‘n Verdere twee sal ook as eksperi-
mentele kultivars aangeplant word en kan ná uitgebreide mout- en
broutoetse moontlik ook binne die volgende jaar of twee deur SAB
as moutgarskultivars aanvaar word.
Die program vir die besproeiingsgebiede het eers in 1997 regtig
begin momentum kry en slegs een van ons plaaslik ontwikkelde
kultivars is saam met ‘n paar introduksies vrygestel (
Tabel 2
). Elke
gebied het sy eie unieke uitdagings ten opsigte van agronomiese
eienskappe.
Suid-Kaap
Die Suid-Kaap bied uiteraard meer uitdagings as die besproeiingsge-
bied omdat die omgewingstoestande so drasties kan verskil van
jaar tot jaar. Benewens die wisselende reënval is swamsiektes en
‘n oormaat reën en wind gedurende oestyd ook ‘n groot probleem.
Agronomiese eienskappe wat hier van belang is, bo en behalwe die
“normale” eienskappe, soos opbrengs, vetkorrelpersentasie en stik-
stof, is weerstand teen die vier belangrikste swamsiektes wat hier
voorkom asook windweerstand, strooilengte en -sterkte.
Die verbetering van hierdie eienskappe in nuwe kultivars het tot nou
toe nog baie aandag gekry en goeie vordering is gemaak. Verbete-
ring ten opsigte hiervan sal steeds belangrik wees in die toekoms.
Vir die evaluering en ontwikkeling van nuwe kultivars, is die produk-
siegebied van die Suid-Kaap breedweg in drie streke verdeel. Dit is
die Wes-Rûens (Caledon-, Greyton-, Riviersonderend- en Rietpoel-
area), Suid-Rûens (Bredasdorp-, Napier-, Klipdale- en Protem-area)
en die Oos-Rûens (Swellendam-, Napky- en Heidelberg-area).