SA Grain March 2014 - page 30

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
28
‘n Kort opsomming van die jaarlikse evaluasie-opmerkings van
Kouga was soos volg:
2009: Lae farinograaf-ontwikkelingstyd met gepaardgaande hoë
alveograaf- en P/L-waardes. Beter broodvolume as Elands wat as
die kwaliteitstandaard deur SAGL gebruik word.
2010: Lae alveograaf- en P/L-waardes en alhoewel die meelop-
brengs effe laag is, is Kouga se kwaliteit oor die algemeen steeds
binne die vereistes van die bedryf. Broodvolume is goed.
2011: Lae alveograaf met hoë P/L-waardes. Ontwikkelingstyd is
wisselvallig en die bak- en maalbedryf versoek dat ‘n vierdejaar-
evaluasie ingedien word voor finale goedkeuring.
2012: Ontwikkelingstyd is goed en geen van die beperkings wat
gedurende 2011 voorgekom het, herhaal in 2012 nie. Die lyn
word goedgekeur vir registrasie as ‘n kultivar.
Slim en oordeelkundige aanwending van kultivars bied aan ko-
ringprodusente verskeie opsies om huidige klimaat- en produksie-
uitdagings te trotseer. Kouga is sodanig ontwikkel om by te dra tot
volhoubare voedselproduksie in Suid-Afrika en om die winsgewend-
heid van koring as landbougewas te verseker.
Kouga word in 2015 gekommersialiseer en saad behoort in 2016 by
die bemarkers beskikbaar te wees.
Vir enige addisionele inligting of om te verneem waar die naaste
LNR-KGI proewe in jou streek geplant word, kan pro-
dusente die LNR-KGI kontak by 058 307 3400 of vir
Robbie Lindeque (
)
by 058
307 3432 of 082 563 1553.
Kouga: ‘n Nuwe droëlandkoringkultivar
van die LNR-KGI
1: Swak toleransie teen uitloop; telling van 6. Die toleransie van Kouga
teen uitloop in die aar is uitstekend, met ‘n telling van 2,8.
2: Kenmerkende rooi strepe van RKL-vatbaarheid. Kouga het saailing- en
volwasse plantweerstand teen RWASA2.
3: ‘n Vatbare kultivar met geelroes in aarstadium. Kouga beskik oor saai-
lingweerstand teen ras 6E22A+ en 30MR-weerstand in volwasse plante
in veldproewe.
4: Saailingvestiging is goed met ontkieming van 92% en koleoptiellengte
van 64 mm.
Grafiek 1a: Graanopbrengs van Kouga in 2012.
Grafiek 1b: Hektolitermassa van Kouga in 2012.
1
2
3
4
1a
1b
Die navorsing is moontlik gemaak deur die finansiële ondersteuning
van die Wintergraantrust.
1...,20,21,22,23,24,25,26,27,28,29 31,32,33,34,35,36,37,38,39,40,...124
Powered by FlippingBook