SA Grain March 2014 - page 28

FOKUS
Saad
Spesiale
Maart 2014
26
Kouga: ‘n Nuwe droëlandkoringkultivar
van die LNR-KGI
K
oringkultivars wat deur die LNR-Kleingraaninstituut (LNR-
KGI) geteel is, word sedert die tagtigerjare vernoem na Suid-
Afrikaanse riviere. Staatmakerkultivars, soos Betta, Tugela,
Elands, Gariep en Matlabas is sinoniem met hoë prestasie
in die koringbedryf, terwyl hulle ook soos die riviere waarna hul ver-
noem is, die ryke diversiteit van die produksiestreek versinnebeeld.
Die nuutste toevoeging tot hierdie roemryke lys van koringkultivars,
is Kouga: Uitgespreek as “koo-gha”, wat in 2015 gekommersialiseer
sal word. Dié riviernaam het sy oorsprong vanuit “
khoekhoen
”, wat
“grondwater” beteken en word veral verbind met die reuse nuwe
hawe-ontwikkeling digby Port Elizabeth.
Graanopbrengs en -kwaliteitsaanpassing
Kouga het in eliteproewe in die Oos-Vrystaat in die finale jaar voor
vrystelling (2012) goed vergelyk met bestaande kommersiële koring-
kultivars. By ‘n vroeë planttyd (begin tot middel-Junie) was graanop-
brengs van Kouga betekenisvol hoër as een van die kontrolekultivars
en nie-betekenisvol verskillend van die oorblywende twee kultivars
(
Grafiek 1a
). Die hektolitermassa van Kouga in dieselfde proewe
was uitstekend en betekenisvol hoër as al drie kontrolekultivars wat
gebruik is (
Grafiek 1b
).
Voorlopige resultate dui daarop dat Kouga ‘n wintertipe koring is wat
‘n medium tot lang kouebehoefte benodig en aangepas is om goed
onder hoë-opbrengspotensiaaltoestande te presteer.
Gasheerweerstand teen peste en plae
Vogstremming en die voorkoms van insekte en siektes tydens kri-
tieke groeistadiums kan opbrengskomponente van koring sodanig
benadeel dat die genetiese opbrengspotensiaal daarvan moeilik
bereik word.
Koringkultivars wat aanbeveel word vir produksie in die Oos-
Vrystaat, met gasheerweerstand teen Russiese koringluis en
geelroes, het ‘n aansienlike voorsprong om hoër opbrengste te
realiseer.
Kouga beskik oor unieke eienskappe en weerstand om algemene
strestoestande, peste en plae wat in die Oos-Vrystaat voorkom, te
kan trotseer. Genetiese weerstand teen Russiese koringluis (
Diura-
phis noxia
) en geelroes (
Puccinia striiformis
) is oorgedra vanaf ver-
skeie weerstandsbronne en druk effektief in Kouga uit.
Fisiologiese eienskappe
Saailingvestiging word aansienlik bevorder deur ‘n hoë ontkiemings-
persentasie met ‘n goeie koleoptiellengte. Die kultivar beskik ook oor
uitstekende vooroesuitloopweerstand.
Korreleienskappe
Korreleienskappe is deel van die vele eienskappe wat uniekheid aan
‘n kultivar verleen en deur kundiges gebruik word om kultivars van
mekaar te onderskei. Korreleienskappe, suiwerheid en uitkenbaar-
heid word deur ‘n onafhanklike saadspesialis, dr Sierk Ybema, be-
paal en sy bevindinge ten opsigte van Kouga word in
Tabel 1
gegee.
Maal- en bakkwaliteit
Kouga is in 2012 vir finale goedkeuring aan die Suid-Afrikaanse
Graanlaboratorium (SAGL) voorgelê. Evaluering van die maal-
en bakkwaliteit van Kouga het egter reeds in 2009 begin en
is noodsaaklik ten einde aanvaarbare graan aan die meule-
naars en bakkers te verskaf. Die hoofdoelwit bly immers steeds
om ‘n goeie eindproduk op die rakke te plaas wat terselfder-
tyd ook ‘n bydrae kan maak tot volhoubare koringproduksie
in Suid-Afrika.
TABEL 1: BEVINDINGE VAN KORRELEIENSKAPPE, SUIWERHEID EN UITKENBAARHEIDSTOETSE.
EIENSKAP
KENMERKE
Saadkleur
Rooi, bruin
Saadgrootte
Halfklein, middelslag lank en halfbreed
Saadvorm
Reghoekig
Skouer
Middelslag wyd en middelslag diep
Rug
Rond tot dakvormig
Basis
Plat (reguit)
Kiem
Rond, halfklein en kiemligging plat
Kwas
Halfbreed, kwashare halfkort
Wange
Meestal hoekig
Groef
Vlak en middelslag in wydte
Saadhuid
Glad tot fyn geriffeld op die rug
Uitkenbaarheid
Redelik uitkenbaar
Suiwerheid en
homogeniteit
Daar is ‘n klein variasie in korrelvorm en eienskappe. Suiwerheid is uitstekend en 0,0%
afwykende korrels kom voor.
ROBBIE LINDEQUE,
LNR-Kleingraaninstituut
Produk-inligting
1...,18,19,20,21,22,23,24,25,26,27 29,30,31,32,33,34,35,36,37,38,...124
Powered by FlippingBook