Hoofartikel
Februarie 2014
4
D
ie jaar het afgeskop en vir baie het dit bykans dieselde patroon as
2013 aangeneem. Dit is nat in die ooste en droog in die weste. Die
suide se reën het lank aangehou en het graadprobleme vir pro-
dusente veroorsaak. Die ou gesegde van dié wat ons vooruitgegaan het,
vind byklank in bykans elke gesprek: “Ons kan leef met te veel reën, maar
nie met te min nie; ‘n mielie vrek so twee weke ná die boer dood is”.
Met die skryf van hierdie artikel het meeste ou hande in die bedryf aange-
dui dat die weste nog so twee weke het, dan raak dit kritiek. Ek probeer
oor en oor terugdink aan die vorige seisoen toe dit ook laat gereën het en
dit daarna droog was. Vir die produsente in die weste was dit ‘n jaar wat
hulle nie lank sal wil onthou nie, maar tog het die land in totaal genoeg
gelewer sodat ons selfs ander kon help.
Dit bring my by die punt van waarom daar nou so ‘n geween en ‘n gekners
van tande is deur die gulsige kopers wat, toe daar ’n oorvloed was en die
graan goedkoop was, nie wou koop nie. Nou is hulle bykans daagliks by
die staat om hulle uit hulle eie verknorsing te probeer red.
Dit bly steeds Graan SA se missie om surplusproduksie aan te moedig
en dan die mark so spoedig moontlik “skoon te maak” deur uitvoere te
bevorder. As die plaaslike kopers egter sit en slaap, moet hulle nie by die
regering gaan huil nie. Ons het nog nie eers met die vervaardiging van
biobrandstof begin nie. Ons het hulle, as ons beste kliënte, ‘n geruime tyd
gelede al gewaarsku: Dit is nie meer
business as usual
nie!
Graan SA het, en is steeds besig, om ons hoenderboere te help om ‘n
behoorlike tariefstelsel te kry sodat hulle regverdig kan meeding en
werksgeleenthede kan skep. Dit is nogal ‘n teleurstelling dat hulle, noudat
hul alreeds sekere vlakke van beskerming gekry het, skielik omdraai en
ons verkla dat ons, volgens hulle, te veel uitgevoer het.
Ai, manne (en vroue), kan ons nie maar mekaar elkeen ‘n plek onder die
Afrika-son gun nie? Dit is mos so dat dieselfde argumente oor beskerming
van plaaslike produksie en werksgeleenthede, immers vir almal geld?
Anderkant die plaashek gaan die jaar wat voorlê nie sonder opwinding
wees nie. Ons skop af met baie lae graanvoorrade wat moontlik voed-
selprysstygings tydens die verkiesing gaan veroorsaak. Dit kan selfs tot
politieke onstabiliteit lei. Ek kan maar net raai hoe sommige politici die
situasie gaan misbruik om weer beheer in die landbou terug te bring. Die
aanslag op die vrye mark gaan beslis in sy felheid toeneem en dit gaan
baie vernuf neem om ons saak te verdedig.
Ons gaan waarskynlik ook groot spronge moet maak om grondhervor-
ming op ‘n pad te kry waar almal minstens die einddoel en -datum kan sien.
DIT IS NIE MEER
BUSINESS AS USUAL
NIE