SA Grain October 2013 - page 54

Tegnologie
Insette/Produksie
Produk-inligting
Oktober 2013
52
Sukses met GM-mielies in SA
– ná 15 jaar meer wins; geen nadelige gevolge
HANS LOMBARD, NAMENS MONSANTO
Ná 15 jaar se aanplantings van GM-mielies
in Suid-Afrika, is produsente steeds tevrede
met die resultate van die toepassing van dié
tegnologie in hul besighede.
Bt-mielies (YieldGard®) vir die beheer van
stronkboorders is in 1998 in Suid-Afrika ge-
kommersialiseer, die stapelgeen met Roundup
Ready® vir onkruid- en stronkboorderbeheer
in 2007 en YieldGard ll (MON 89034) met die
dubbelgeen om stronkboorders doeltreffender
te beheer gedurende die 2012/2013-seisoen.
Vier vooraanstaande produsente wat vir 15 jaar
onafgebroke GM-mielies plant, afkomstig van
Mpumalanga in die ooste tot in die Noordwes
Provinsie, en wat saam bykans 13 000 ha plant,
sê dié tegnologie gee aan hulle:
Gemoedsrus;
Volhoubare verhoogde opbrengste van
gemiddeld 10% en beter winsmarges ;
Beter graankwaliteit; en
Uitstekende onkruid- en stronkboorderbe-
heer.
Ontmoet hulle
Mnr Hans van Rensburg van Hans van
Rensburg Boerdery, van die plaas Witklip
op Bronkhorstspruit, Mpumalanga. Hy was
een van die eerste produsente wat hierdie
tegnologie aangewend het en plant die
afgelope 15 jaar GM-mielies. Sedert 2007
plant hy die stapelgeenbasters wat beide die
tegnologieë bevat.
In 1999 was hy NAMPO se Mielieman van die
Jaar en in 2000, die Landbouskrywers van
Suid-Afrika se noordelike Boer van die Jaar.
Hy plant 1 700 ha GM-mielies droëland met
‘n plantestand van 33 000/ha. Sy gemiddelde
opbrengs oor die afgelope tien jaar is 5 ton/ha,
‘n halwe ton per hektaar meer as met nie-GM
mielies. Bereken teen R2 000/ton, is dit ‘n ekstra
R1 000/ha. Minus die GM-tegnologiefooi van
sowat R240/ha beteken dit ‘n ekstra wins van
R760/ha. Hy boer saammet sy twee skoonseuns.
Onder besproeiing plant hy 350 ha GM-mielies
met ‘n plantestand van 46 000/ha. Hier is die
opbrengsgemiddeld 10 ton/ha. Met nie-GM
mielies was die opbrengs 9 ton/ha. Dit is
R2 000/ha meer.
“Die hoofrede waarom ek besluit het om oor
te skakel na GM-mielies, is die beskerming wat
dit my teen stronkboorders bied. My mielies
val nie meer om nie. Die arbeid om mielies
wat weens wurminfestasie omval per hand op
te tel tydens stroop, is veeleisend, met ekstra
koste. Daardie verliese en ekstra arbeid is
nou uitgeskakel. Ek hoef nie meer so gereeld
mottellings te doen nie en ek het baie afgeskaal
daarop om deur lande te loop om te monitor vir
wurminfestasie,” sê Van Rensburg.
“Spuitkoste vir wurms met trekkers en vliegtuie
is uitgeskakel. Dit is ‘n geweldige las wat van
my skouers af is. Dit gee my ongelooflike
gemoedsrus om meer aandag aan ander
bestuurspraktyke op die plaas te gee. As jy
Bt plant, is jy beskerm. Ek het nog nooit in die
15 jaar weerstand van stronkboorders
ondervind nie en al my mielies is eerstegraad.
Die verskil van R60/ton minder vir tweede-
graad maak ‘n groot verskil in winsgewend-
heid. Ek plant my toevlugsareas streng
volgens voorskrif. Ek sal nooit weer teruggaan
na nie-GM mielies nie.”
Een van die grootste hoofbrekens wat hy voor
Bt-mielies ondervind het, verduidelik Van
Rensburg, was met mielies wat laat geplant
is. Wanneer ‘n tweede of derde vlaag motte
te voorskyn kom, kan dit tot 30% skade lei.
Lugbespuiting is dan soms dringend nodig en
‘n vliegtuig is dikwels nie op daardie oomblik
beskikbaar nie.
Spuitkoste kan van jaar tot jaar verskil. Een jaar
kan dit nodig wees om al die lande te spuit,
ander jare weer net die helfte. Spuitkoste is so
bereken: Trekkerspuit R95/ha, vliegtuigkoste
R140/ha, wurmdoder R80/ha. Dié koste wat nou
uitgeskakel is, beteken groter winsgewendheid
per hektaar.
Met die stapelgeen waar ons Roundup
PowerMAX® (bevat glifosaat) onkruiddoder
bo-oor die mielies kan spuit sonder om die
gewas te beskadig, beheer Van Rensburg
suksesvol van die hardnekkigste onkruide op
die Hoëveld, soos wilde sorghum, uintjies,
Johnsons- en tarentaalgras.
“Ek het nog nooit weerstand van onkruide
ondervind nie en my arbeiders wat met die
Roundup Ready onkruiddoder werk het nog
geen nagevolge ontwikkel nie,” beklemtoon
Van Rensburg.
Mnr Willie de Klerk van W.A. de Klerk Boerdery,
van die plaas Driefontein op Hendrina,
Mpumalanga, wat saam met sy seun, W.A.,
boer, plant ook sedert 1998 Bt-mielies. Sedert
2007 plant hy YieldGard met Roundup Ready
stapelgeenbasters. Hy plant 3 500 ha GM-
mielies droëland met ‘n plantestand van
50 000 plante/ha. Sy gemiddelde opbrengs,
afhangende van die reënval, is 7 ton/ha. Vanjaar
was dit op sekere lande meer as 10 ton/ha.
Met nie-GM mielies was sy gemiddelde
opbrengs 6 ton/ha. Bereken teen R2 000/
ton beloop dit R12 000. Met 7 ton/ha is dit
R14 000, ‘n ekstra R2 000/ha meer. Min die
GM-tegnologiefooi van ongeveer R400/ha
beteken dit ‘n ekstra wins van R1 600/ha.
1: Hans van Rensburg (links), van Bronkhorst-
spruit, in sy land waar hy die DKC 80-40BR GEN-
kultivar aangeplant het. By hom is Gert van der
Linde, Monsanto-verteenwoordiger.
2: Willie de Klerk (van Hendrina) glimlag breed oor
sy mooi mielies, DKC 78-45BR GEN.
Vervolg op bladsy 54
1
2
1...,44,45,46,47,48,49,50,51,52,53 55,56,57,58,59,60,61,62,63,64,...116
Powered by FlippingBook